BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 344

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Haat en die uitwerking daarvan

2810 Die demoon van haat vergiftig die hele wêreld. En die mense verslaaf hulself aan hom. Maar haat verwoes, terwyl die liefde opbou, maar die werk van verwoesting op aarde sal `n steeds groter omvang aanneem, hoe meer die demoon van haat homself onder die mensdom uitleef. God se werk van vernietiging sal ook geen einde aan hierdie haat maak nie, maar slegs individue hier en daar tot besinning laat kom en hulle sal gevolglik insien deur wie hulle hulleself laat oorheers het.

En terwille van hierdie weinige sal God Homself manifesteer en Sy Mag en Krag toon. Maar die meerderheid sal egter verder in haat leef en hulself handhaaf met middele wat uit haat gebore is en wat steeds meer haat sal laat opvlam. Want haat is verskerpte liefdeloosheid, haat is die mees verskriklikste eienskap, omdat dit `n ontsettende verwoestende uitwerking het, nie net op `n aardse wyse nie, maar ook op `n geestelike wyse. Want dit vernietig alle edele drange of bring dit in groot gevaar.

Die persoon wat in haat leef, word heen en weer deur demone rondgegooi, gevolglik is sy strewe om opwaarts te gaan, voortdurend in gevaar, omdat hy steeds weer teruggegooi word, sodra hy homself deur haat laat meesleep, want hy begeef homself steeds weer in die mag van diegene wat maar net probeer om haat en liefdeloosheid oor te dra op mense. En sy mag oor so `n persoon is groot. En dan des te groter, wanneer die hele menslike ras in haat leef. Dit sal `n geestelike agteruitgang beteken, wat `n angswekkende uitwerking sal hê, insoverre die mense dit gewilliglik sal uitvoer wat nou aan hulle opgedra word deur die haatvervulde mag wat teen God werk, sodat hulle alle besit sal verwoes om aan hul medemens skade toe te bring.

Die teenstander van God is begerig om alle geeste te bevry wat deur God in die skepping verban is. Daarom is sy hele denke en strewe slegs daarop gerig om dit te verwoes wat deur God se Wil ontstaan het. Maar omdat sy wil en mag nie die werke van die skepping kan bemeester nie, poog hy om sy wil op die mense af te forseer. Hy plant haat in hulle en beweeg hulle daartoe om dit uit te voer wat vir hom onmoontlik is, naamlik om die skepping te verwoes. Dus maak hy van die mense wat aan hom gebind is, sy handlangers, hy plaas sataniese gedagtes in hulle, hy wakker die haat in hulle aan en hy steek hulle dus op om die grootste skade aan mekaar te berokken. Die mens voer dit wat die grootste vyand van hulle siele hulle ingee, gewilliglik uit. Hulle dade bring aanhoudend hernude haat voort en die haat produseer steeds weer nuwe dade van vernietiging. So `n vergiftigde mensdom sal progressief sy ondergang tegemoetgaan, want hulle sal kwalik weer die weg terugvind na liefdevolle aktiwiteit. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205