BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 104

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

God se Woord - Stille vermaner -Luide Stem - Natuurkatastrofe 3925 Let op die steeds herhalende aanmaninge van Bo en ignoreer dit nie, want elke uur en elke dag is kosbaar, as julle die heil van julle siele in gedagte wil hou en vlytige arbeid wil verrig voordat die einde kom. Laat My nie tevergeefs roep nie. Laat My nie tevergeefs aan julle harte klop nie, maar neem My op en open vrywillig die deure van julle harte wanneer Ek toegang verlang. Nog kom Ek as 'n stille Vermaner tot julle, wanneer Ek julle in die Woord nader. Dit sal egter nie meer lank wees voordat My roep hard en magtig van Bo sal klink en julle sal skrik vir die geweld van My Stem nie. Julle het ’n keuse, of julle My sal wil aanhoor, of My Woorde wil ignoreer. Julle sal My egter wel moet hoor, en My Stem sal julle vreeslik tref. Julle sal dit nie meer as My Liefde herken nie, maar julle sal moet buig voor My toorn, alhoewel dit steeds My Liefde sal wees wat aan die werk is, net nie meer vir julle as Liefde herkenbaar nie. My Woord sal egter steeds vir julle 'n teken van My Liefde wees, want dit sal sag en vermanend klink, soos wat 'n vader spreek tot sy kinders wat hy op die regte pad wil lei. As daar egter geen aandag aan My Woord geskenk sal word nie, sal My Mag tevoorskyn kom en daarvoor sal julle skrik en in doodsangs raak. Vir baie sal die uur van die dood ook dan kom, die uur van die vertrek vanaf hierdie aarde. Salig is hy wie My dan al gevind het, sodat hy die laaste uur nie hoef te vrees nie. Deur My Woord beoog Ek om julle liefde te wen, Ek poog om julle na My trek, steeds met inagneming van julle vrye wil. Ek probeer julle na die geesteryk lei en daarom spoor Ek julle aan om afstand te doen van die aardse materie, van aardse strewe. Ek is net te vinde wanneer julle afstand doen van die wêreld met sy vreugdes en eenwording soek met My. Dan kom Ek julle Self tegemoet en sal Ek julle ewig nie meer van My laat weggaan nie. Gee daarom ag op My Woord en wees nie deel van diegene wie Ek deur My Mag tot insig moet bring nie. Kom uit vrye wil na My toe, omdat julle na My Woord verlang en deur My onderrig wil word. Luister na My en skenk aandag aan wat Ek julle meedeel. Glo in My Woord en verander tot liefde, sodat julle My Wil julle eie sal maak en altyd van My Liefde verseker kan wees, want Ek wil julle deur My Woord help om te omvorm tot liefde, sodat julle kan werk aan julle siele en julle aanpas by My Wese, wat in elke opsig self suiwer Liefde is. Julle sal dan nie hoef te skrik en bang wees wanneer My Stem hard en magtig weerklink nie, want julle sal dan deel van Myne wees, wat Ek onder My hoede sal neem in die ure van die grootste nood en waarvan EK die Redder en Verlosser is, soos wat Ek dit belowe het. Die uur sal onverwags en vinnig kom en julle almal sal aan My Woorde dink, want Ek vermaan julle sonder onderbreking, sodat julle die kort tyd wat oor is, ten volle kan benut. Dink aan julle siele en slaan geen ag op die liggaam nie, want dit vergaan, maar die siel bly bestaan tot in alle ewigheid. Help haar, solank dit nog vir julle moontlik is om te skep en te werk op aarde en die erns van wil sal julle die krag gee. Julle sal volwasse word en baie voordeel trek uit die feit dat julle My tot julle laat spreek, dat julle My Woorde glo en dat julle jul bes sal doen om volgens My Wil te lewe. Julle hoef nie die dag te vrees wat binnekort onherroeplik sal kom nie, wat die waarheid van My Woord, van My Mag en Krag sal bewys, en wat vir die ingewydes ook 'n teken sal wees van My Liefde vir die ongereddenes, wie Ek van ewige ondergang wil red. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205