BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 166

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Die skepping van die wêreld - Moses - Beeldspraak 4097 Laat julle nie wegvoer om te oordeel, solank julle gees nog nie volledig gewek is nie. Daar bestaan so oneindig baie, dat dit julle verstand sou belas, indien julle dit sou moet verwerk, maar dit is tog goddelike Wysheid, dus kennis wat heeltemal ooreenstem met die waarheid. Die mens kan in sy onvolmaaktheid nog geen deeltjie daarvan verstaan nie. Daar kan ook nie, deur watter skerp dinkwerk ookal, 'n lig daaroor opgaan nie. Inteendeel, ’n mens sal eers langs die geestelike weg dienaangaande opheldering moet verlang en dit dan in ontvangs neem. Hy sal God tot hom moet laat spreek, regstreeks of in die vorm van gedagtes wat na innige gebed in hom, sal opkom. Wat vir die een mens ten volle verstaanbaar is, kan vir die ander so ondeursigtig wees as die donkerste nag. En dus sal die laaste verwerp wat die eerste as suiwer waarheid herken en aanneem. Maar 'n debat daaroor kan die ander ook opheldering gee, indien hy so-iets verlang. So kan God ook in die vorm van onderrig deur medemense die waarheid uitdeel, as Hy Homself deur 'n instelling kan uiter of dit kan dikteer wat nodig is om te weet: Daar bestaan verskillende uitlegte oor die Skrifgedeelte van die skepping van die wêreld en elke uitleg kan waar wees, wanneer dir uitgegaan het van Hom wat die ewige Waarheid self is. En gevolglik hang dit van die graad van volwassenheid af van diegene wat onderrig word, welke uitleg hy benodig. Hy kan die skeppingsdae beskou soos wat hy wil. Hy kan 'n suiwer geestelike samehang wil herken en hy sal beantwoordend daaraan onderrig word. Maar hy kan ook homself as middelpunt van welke materiële skepping dan ook beskou en dienooreenkomstig die oorgelewerde uitsprake van Moses uitlê, of hulle as onverstaanbaar voorlopig tersyde lê. Dit wil sê: totdat die rypheid van insig vergroot is deur 'n lewenswandel in ooreenstemming met die goddelike wil. Hy sal op aarde nooit tot 'n volkome begrip kom nie, want die goddelike Wysheid is onuitputlik, ondeurgrondelik, totdat die mens volmaak geword het, ofskoon God die mens kan verlig en aan hom 'n omvangryke kennis kan oordra deur Sy Gees. Die skepping van die wêreld kan nie anders vir die mens duidelik gemaak word as in beelde nie. Die mense, ten tye van Moses, was met die beeldspraak vertroud, sodat hulle nie alleen die aardse - dit wil sê die materiële - ontwikkeling van die aarde daaronder verstaan het nie, maar ook die geestelike samehang kon verstaan, indien hulle begeer het om hierdie kennis te bekom. Die woorde van Moses is nie oppervlakkig gegee nie en hulle kan daarom ook nie volgens woordelike inhoud verstaan word nie. Maar God self het met Moses gespreek en wel vir die hele mensdom van een hele verlossingstydperk wat 'n eindelose lang tydsbestek omvat. En sy toespraak was so gegee, dat dit toegepas kon word op die teenwoordige tyd, die verlede en die toekoms. Hy verlig beide die tyd vanaf die begin tot aan die einde van een verlossingsperiode, asook die oertyd en die nog komende tydperk wat deur 'n geestelik beskouende - soos wat Moses was - duidelik en betroubaar vooruit kon sien, hoewel die mens as sodanig nie van toekomstige sake op hoogte was nie. Maar vir die geestelik beskouende word alles geopenbaar en in ooreenstemming daarmee sal ook sy handeling wees. Moses het dus aan die mensdom 'n lig gegee. Dit het heeltemal ooreengestem met die wil van God en hy kon daarom ook uitspreek wat in homself daartoe gedring het om uitgespreek te word. God wou nou aan die mense die opeenvolging van die aardse skepping bekendmaak, waarby Hy hulle egter bedag wou maak dat dit 'n eindelose lang tyd nodig gehad het. En hierdie tyd het beide op die geestelike, sowel as op die aardse ontwikkeling betrekking. Die geestelike ontwikkeling betref steeds as laaste die wesenlike in die beliggaming as mens. Gevolglik moet die positiewe ontwikkeling as mens ook vergelyk kan word met die stadige ontwikkeling van die aardse skepping. En omdat hierdie eersgenoemde homself voltrek het in die goddelike ordening, moet dit lyk soos die ontwikkelingsgang van die aards materiële wêreld, wat ook in 'n deur God gewilde ordening sy gang gaan. Slegs die geestelik strewende mens sal die samehang verstaan en sal dit kan konstateer. En hulle sal ook die geestelike betekenis van die woorde van Moses verstaan. 'n Verstaanbare verklaring kan egter nie gegee word nie, solank die ooreenkoms nie gesoek word tussen geestelike en materiële positiewe ontwikkeling nie. Om die ontwikkelingsgang van die materiële skepping te verklaar vir die mense, was waarlik nie van belang nie. En die kennis daaroor verryk nie die mens nie. Tog was die begin daarvan in ooreenstemming met die geestelike toestand van die wesens. Alles wat gevolg het, het gespruit uit die voorafgaande. Maar dit kan geensins ontken word dat God die mense voortdurend wys op hul bestemming, op hul lewensdoel, naamlik 'n positiewe ontwikkeling van die siel. Deur Moses het presies dieselfde gebeur, op ‘n wyse waar die mense op die ontstaan van die aardse skepping opmerksaam gemaak was, steeds met die oog op die geestelike doel. En op dieselfde manier het die mens Jesus die woorde van Moses uitgelê, gedryf deur die gees in Hom. En vir Hom was die geestelike ontwikkeling van die mens van groter betekenis, sodat Hy alles met die oog daarop duidelik gemaak het, om die mense daartoe te bring om aan die eintlike skepping van die wêreld minder betekenis te heg as aan die geestelike teëbeeld, naamlik die parallel wat elke aards gebeurtenis kan laat sien. Aan hierdie parallel moet veel meer aandag geskenk word, indien die mens sukses wil boekstaaf vir sy siel. Daar kan nog baie ander verklarings gegee word. En dit is ook die geval wanneer die ontvangers van geestelike bekendmakings verskillende verduidelikings daaroor kry deur die werksaamheid van die gees. Maar dan is daar van tyd tot tyd 'n gedagtewisseling nodig. En waar dieselfde opvattings, dieselfde verduidelikings aangetref word, daar kan ook gepraat word van 'n werksaamheid van die gees. Want elke uitleg moet ooreenstem met die ander en uiteindelik steeds die positiewe ontwikkeling van die geestelike mens betref, al is dit in 'n voorstelling wat makliker of moeiliker te verstane is. Waar die gees van God self werksaam kan wees, daar is ook die begrip gewaarborg. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205