BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 335

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Naasteliefde 4706 In die Christelike naasteliefde lê die beweegredes vir vrede en eendrag, beide in die grote sowel as in die kleine. Dit wil dus sê dat volkere en state met mekaar in vrede sal kan lewe, soos wat die mense egter ook onderling eensgesind saam sal kan lewe, indien hul gedrag uitgaan van die beginsel van naasteliefde, as hulle mekaar slegs die goeie ten deel wil laat val en hulle so sal optree dat hulle leed en sorge ver weg van hul medemens sal hou. Dan sal daar op aarde werklik vrede wees. Maar hoe ver is die mense nie daarvan verwyder nie. Hulle krenk mekaar en is heeltemal meedoënloos, ofskoon hulle ook nie mekaar bewustelik skade wil berokken nie. Maar van liefde vir mekaar is daar niks te merk nie. En daarom is die groot geestelike verval ook so duidelik sigbaar. Want sonder liefde kan die mens ook nie geestelik strewe nie. Sonder liefde is daar geen geestelike vooruitgang nie. Die mense bereik nie hul doel nie. Slegs weinig laat nog die wet van die liefde geld, wat egter nagekom moet word, aangesien daar andersins geen vrede kan wees nie. En so moet elkeen homself afsonderlik ernstig afvra, hoe hy homself gedra teenoor hierdie wet. Hy moet homself afvra of hy alles doen wat in sy vermoë is om iemand gelukkig te maak, om leed te verlig en die nood teen te gaan wat vir hom duidelik is en sy hulp benodig. Die mens moet meer aan andere dink as aan homself, dan sal hy ook sien waaraan dit ontbreek en hulp kan verskaf. Die mens moet alles vermy waardeur hy sy medemens krenk, daarenteen alles doen waarmee hy hulle gelukkig maak. Vra julleself ernstig af of julle julself sal kan regverdig as daar so ’n regverdiging van julle gevra sou word. En julle sal baie weglatings ontdek wat 'n sonde is, wanneer jul medemens daardeur leed aangedoen word of gebrek ly, hetsy geestelik of liggaamlik. Help waar julle kan help en behoed julle naaste teen leed waar dit binne julle vermoë lê. Laat die eieliefde nooit oorheers nie. Laat nooit die naaste honger ly as dit met julle goed gaan nie. Dit is letterlik en ook figuurlik te verstaan, want ook 'n vriendelike woord, 'n glimlag en 'n nuttige daad kan jul medemens verkwik en versterk. Laat dit daarom nie daaraan ontbreek nie. Beoefen naasteliefde en julle aardse bestaan sal harmonieus verloop. Daar sal vrede en eendrag in en om julle wees. En as alle mense ooreenkomstig hierdie gebod sou lewe, sou dit waarlik ‘n paradys op aarde gewees het. Maar hoe lyk dit in die wêreld? Alle slegte eienskappe, naamlik gierigheid, haat, nyd, tweedrag, valsheid en eieliefde, beheers die mense. Hulle is nie vriende van mekaar nie, maar vyande. Hulle het geen agting vir mekaar nie, maar poog om hulself op die voorgrond te plaas. Hulle lê geen versagtende hand op wonde nie, maar slaan nuwes. En dus neem die boosheid altyd toe en stort dit die mense in die verderf. Die liefde onder die mense het afgekoel en dit is die einde. Want waar geen liefde meer is nie, word elke substansie hard. Waar die hart geen liefde meer kan voel nie, daar gaan ook alle insig verlore. Dus sal ook alle lewe sterf, want slegs die liefde is lewe. Julle mense sal daarom nog wel liggaamlik kan lewe, maar geestelik is julle dood wanneer julle heeltemal sonder liefde is. Steeds weer word die liefde vir julle gepredik, laat hierdie aansporing nie vir julle ore wegsterf nie. Weet eerder dat dit die laaste vermanings van bo is. Weet dat daar nie baie tyd meer is tot aan die einde nie, maar dat julle geoordeel sal word volgens julle liefde. Sorg dan daarvoor dat julle die oordeel nie hoef te vrees nie. Beoefen julle in naasteliefde en verwerf daardeur die ewige vrede. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205