BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 283

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Die leer van Reïnkarnasie 4559 Wat julle verlang om te weet, sal aan julle bekendgemaak word, sodra julle jul vrae ter beantwoording aan My sal voorlê. Dit is vir alle mense van die grootste belang om hulle ten doel te stel om gedurende die aardse lewe hul siel tot voltooiing te bring, as hulle vas daarin glo dat hulle eendag verantwoording sal moet doen voor ‘n Regverdige God, in hoeverre hulle hul aardse lewe benut het. In ‘n geestelike opsig spoor die geloof die mens aan tot die grootste aktiwiteit. Dit is dus begryplik dat ‘n geloof aan meer moontlikhede van opwaartse ontwikkeling deur herhaalde inkarnasie, die mens onverskillig sal laat word oor arbeid aan sy siel. En hierdie geloof is gevaarlik, omdat dit in ‘n sekere sin die strewe na die hoogste moontlike sielerypheid verminder en bowendien ook My regverdigheid in twyfel trek. Want hoe sou Ek enigiemand tot verantwoording kan roep as Ek nie vir elke mens die herbeliggaming op aarde sou toelaat nie? Op welke manier moes die beloning dan wel plaasvind van hulle wat hulleself volgens My Wil tot liefde omvorm tydens hulle lewe op aarde, wanneer Ek die wat gefaal het, dieselfde geleentheid sou gee om hul een of meermale te beliggaam, met die doel om hulle opwaarts te laat ontwikkel. Dan sou elke mens uiteindelik dieselfde graad van volmaaktheid kon bereik het! Die ligsterkte bepaal in die geesteryk ook die graad van saligheid. Die ligsterkte wat die mens deur vrye wil op die aarde bereik het, sal beslissend wees vir die arbeidsveld wat aan hom in die geesteryk toegewys sal word, waar hy nou meer en meer sal kan toeneem in wysheid en krag, dus ook in saligheid. Sy aktiwiteit is die oordra van lig en krag na die wesens wat lig- en kragteloos is, wie dus hulp nodig het, op aarde, sowel as in die geesteryk. Hierdie werksaamheid is geweldig verblydend, sodat geen werksaamheid op aarde daaraan gelykgestel kan word nie. Daaruit volg dit dat elke wese wat in staat is om lig en krag aan behoeftige siele uit te deel, hierdie werksaamheid ook sal wil verrig, omdat sy haarself daarmee onuitspreeklik gelukkig maak. Want sy neem die krag van My op en is dus in ‘n sekere sin ‘n deurgee-stasie van My Kraguitstraling. Elke wese wil graag hierdie saligmakende proses deurvoer sodra sy maar ‘n sprankie van insig het en dus nie meer in die diepste geestelike duisternis verkeer nie. Dan sal die wese egter nooit meer vrywillig haar verblyf in die geesteryk verruil vir ‘n lewe op die aarde nie, sy sal nooit meer terugverlang na die stoflike omhulsel nie, want die moontlikhede om opwaarts te gaan is in die geesteryk ewegoed aanwesig, wanneer die wil tot liefde eenmaal ontwaak het by hulle wat al ‘n krieseltjie insig het. Om haarself te beliggaam, kan die siel wel doen, indien sy self die wil daartoe sal hê en daar ‘n edel motief aan hierdie beliggaming ten grondslag lê, soos hulpverlening aan die medemens, of die aflos van ‘n groot skuld wat belemmerend teenwerk om ‘n hoër graad van sielsvolwassenheid te bereik. Dan is dit geen terugplaas na die aarde deur My Wil nie, maar die wil van die siel self sal deurslaggewend wees. Omdat elke siel egter nou van haar geheue ontneem word, sal so ‘n beliggaming aan die grootste gevaar blootgestel wees, omdat die siel ewegoed kan wegsink deur haar vrye wil, omdat sy, net soos elke mens, die ontwikkelingsgang moet aflê en haar vleeslike luste sal daar in die besonder na vore kom, indien sy in dieselfde verleiding kom wat haar skuldig laat word het in haar vorige beliggaming. Vergelyk die siel se werksaamheid in die geesteryk, wat haar langsaam, maar seker hierdie graad van rypheid sal besorg, - teenoor die twyfelagtigheid van ‘n geestelike sukses deur ‘n herhaalde beliggaming. Dan sal sy baie eerder die lot in die geesteryk kies. Maar sy bly egter tog met die aarde verbonde, in soverre dat sy haarself oor die siele op aarde bekommer en hulle in hul lot begelei. Sy sal steeds help waar sy self op aarde gefaal het, maar die aanname dat dieselfde siel haar weer op aarde as mens sal beliggaam, is verkeerd. Daarteenoor moet steeds genoem word dat die mens op aarde elke geleentheid gebied word om self opwaarts te ontwikkel, dat die toevoer van genade onbegrens is, dat die wil van die mens deur die Verlossingswerk krag kan ontvang wat alle mislukking onmoontlik maak en dat dit hom dus heeltemal vry staan om hierdie hoë graad van lig te bereik, en dat hierdie voordele nie willekeurig verwerp mag word, om dan weer opnuut daarna te vra nie. Die mens het ‘n vrye wil en sal self eendag vir die gebruik daarvan verantwoording moet doen. Hy sal ook die gevolge moet dra van die uiteenlopende soorte lotsbeskikkings wat in die hiernamaals bestaan en wat hy nie eenvoudig kan omseil deur ‘n hernieude beliggaming nie, want die gevolge hiervan is weer twyfelagtig, omdat sy geheue aan vroeër hom ontneem is. Tog is sy wil beslissend en hy sal dus beliggaam word indien hy wil. Maar hierdie wil is egter ‘n seldsaamheid, waarom daar dus nie van ‘n meermalige inkarnering gepraat kan word nie. Bowendien is hierdie leer ‘n groot gevaar vir die mense, indien hulle hul aardse lewensgang nie ernstig genoeg opneem nie, en altyd rekening te hou met ‘n herhaling, wat egter agterweë sal bly. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205