BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 544

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Aanmaning om die verganklike te laat los - Geestelike besit 5200 Julle almal gee Ek ‘n woord van My Liefde en Genade: Maak die boeie los wat julle nog met die aarde verbind, dit wil sê, gee julle siele die vryheid om julleself tot die geesteryk te verhef en laat die aarde agter, deurdat julle julle gedagtes hiervan afwend, dan sal die Gees in julle die siel na haar domein trek en julle sal daardeur duisend maal meer wen as wat julle ooit vir julleself op aarde sou kon verwerf het. Vir julle lyk die aarde, met sy materiële goedere, nog soos iets werkliks en tog is alles verganklik en op die verganklike rig julle julle aandag. Ek waarsku julle daaroor uit suiwer Liefde en Genade en Ek spoor julle aan om slegs aan die werklike te dink, om dit vir die siel moontlik te maak om die geesteryk binne te vlieg, wat kan gebeur so gou as wat julle julle gedagtes van die wêreld afgewend het. As julle eenmaal geestelike besit verkry het, dan sal die aardse goedere julle steeds minder aanlok en dit sal vir julle steeds makliker word om hoër op te vlieg, maar die eerste loslating van die wêreld sal julleself uit eie wil moet volbring, julle sal geweld moet gebruik wat slegs wilskrag vereis, om julle vir ‘n kort tyd van die wêreld terug te trek en in stilte te gaan, dit wil sê, in julleself skerp te luister en die gees in julle daardeur die moontlikheid te gee om homself te uiter. Die wil kan baie doen, omdat die Gees dan helder insien dat die siel in die mens haarself na hom toekeer, dat sy haarself plaas onder hom. Maar nooit sal julle die Gees in julle daartoe kan bring om homself te uiter solank julle gedagtes na die wêreld gewend is nie, solank julle aan alles aandag sal skenk wat aards om julle heen gebeur nie, solank julle nog materieel ingestel is nie. Daarom roep Ek julle woorde van liefde en genade toe: Strewe nie na dit wat verganklik is nie, maar probeer onverganklike goedere vir julleself te verkry, wat alleen die Gees in julle kan uitdeel, omdat hy ‘n deel van My is, van sy Vadergees van ewigheid, omdat dit Ekself is, Wie Homself uiter deur die Gees in julle en Ekself sal julle waarlik net dit gee wat ewig sal bly, wat nie onderworpe is aan die wet van verganklikheid nie en wat slegs as rykdom deur julle beskou kan word, omdat dit onverganklike skatte is, wat nooit meer van julle afgeneem kan word nie. Die geestelike besit sal julle steeds gelukkiger maak en dit sal vir julle tot werklikheid word, sodat julle die aarde met haar goedere die rug sal toekeer, sodat julle graag sal opgee wat deel uitmaak van die wêreld, om die heerlikste daarvoor in te ruil, naamlik die goedere wat van My afkomstig is en wat julle voortdurend aangebied word, sodat julle daarvan kan geniet en julle siele ryp kan word en met hierdie goedere werk, solank julle nog op aarde is, sodat julle julle geestelike rykdom kan vergroot, sodat julle julle medemens gelukkig sal stem en poog om hulle van die wêreld afkerig te maak. Werk onophoudelik met die geestelike skatte en dit sal hulself vermeerder, ofskoon julle voortdurend daarvan sal weggee. En ryk geseënd sal julle ingaan in die geesteryk, waar julle dan eers julle skatte in volle omvang sal kan sien, waar julle tot julle eie vreugde sal kan werk en vir al diegene die hoogste geluksaligheid sal kan berei wat julle met julle geestelike skatte gelukkig sal maak, omdat die liefde julle daartoe gedryf het, die liefde vir My en vir die gees wat nog ly, wat julle hulp nodig het om salig te word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205