BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 455

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Maria hemelvaart: Dogma 4980 Soos wat julle julleself op die waarheid instel, so sal julle geestelike ontwikkeling ook wees. Wie soek, sal vind en sal onvermydelik vooruitgaan. Wie dit verwerp of onverskillig daarteenoor optree, kan geen geestelike resultaat verkry nie, want hulle leef ook nie in die liefde nie, wat nou verbind is met die waarheid. Die houding van die mense teenoor die waarheid stem ook ooreen met hul houding teenoor My, Wie Self die ewige Waarheid en ook die ewige Liefde is. En so sal julle nou kan verstaan dat Ek altyd sal streef om die mense die waarheid te laat toekom, omdat dwaling van My móét wegvoer. Elke dwaling moet reggestel word en valse lering moet aan die kaak gestel word, omdat dit die denke van die mens vergiftig, omdat dit die siel van die mens in die hande plaas van hulle wat die leuen verteenwoordig. Gevolglik kan dit ook nie geduld word dat dwaling die mense in die vorm van 'n geloofsleer aangebied word wat hulle moet aanneem nie. Elke leer wat die aanvaarding daarvan met dwang verlang, het My afkeuring, al is dit volgens die waarheid. Want die geloof aan so 'n leer onder dwang het geen resultaat vir die siel nie. Maar baie erger is dit wanneer 'n foutiewe leer aan die mense opgedring word, wat op sigself geen waarde het vir die ontwikkeling van die siel nie. Nooit sal 'n maatreël, wat die vrye wil van die mens inperk, My goedkeuring kry nie. En elke dogma is 'n aantasting van die vrye wil. Tewens is dit van geen belang vir die navolgende mensdom, op welke wyse die Moeder van Jesus die aarde verlaat het nie, want solank die mense geestelik nie so ver gevorderd is dat hulle die proses van die vergeesteliking van 'n siel kan verstaan nie, lewer die voorstelling van 'n hemelvaart maar net weer duisternis op. Twyfel en ongeloof sal daar wees waar alle insig daarin ontbreek. Die hemelvaart van Christus is wel anders te evalueer, want Hy was tog die goddelike Verlosser, aan Wie elke mag moes gehoorsaam en Wie 'n werk volbring het wat vir alle mense geld, waarvan al die mense ook kennis moet kry en wie se aardse lewe daarom van begin tot einde vir die mense begryplik en verstaanbaar moet wees. Sy hemelvaart was die afsluiting van die goddelike werksaamheid op aarde. Sy hemelvaart was die bekroning, dit was die vervulling van vele voorspellings en die beëindiging van Jesus se lewenswandel op hierdie aarde. Maar ook die geloof daaraan moet nie geëis word nie. Inteendeel, dit moet die mense heeltemal vrystaan om dit te glo, omdat die lewende geloof die gevolg is van 'n lewenswandel in liefde en 'n diep verlange na die waarheid. En daarom is dit nóg van waarde, nóg tot voordeel om die mense 'n nuwe geskilpunt te verskaf, wat die menslike verstand nie kan bewys nie en wat 'n hoër graad van ontwikkeling vra om te verstaan en te glo, maar wat by die mense nie meer aan te tref is nie en daarom die verwarring net maar groter sal laat word, waar daar eerder insig aan die mense gegee moes word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205