BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 154

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Moeilike lewensomstandighede na die katastrofe – God se leiding en hulp 4058 Die geheel nuwe lewensomstandighede ná die komende natuurkatastrofe, sal ook vir ‘n heeltemal ander lewenswyse verg. Die mense sal voor take te staan kom wat onuitvoerbaar sal lyk, maar wat tog gedoen sal moet word vanweë die noodsaaklikheid om te bly lewe. Dan kan Myne die krag van hulle geloof bewys deurdat hulle vol vertroue My hulp kan verwag en wat hulle dan ook sal kry. Dit is die tyd waarin mense met ‘n diepe geloof die ongelowiges sal kan bewys wat ‘n waarlik gelowige mens kan vermag, indien hy vertrou op die hulp van God. As hy homself in diepe geloof oorgee aan My en in die groot nood tot My bid, sal hy gehelp word en die lewe sal vir hom draagliker wees, al bly dit ook baie moeilik. Vir hulle gee Ek egter ook die belofte wat Ek nou weer in herinnering bring; naamlik dat Ek die dae sal verkort terwille van Myne. En so kom die uur steeds nader waarin Ek op die wolke sal kom en My neerdaling sal vir Myne ‘n ware verlossing beteken, want hulle sal hulself in moeilike verdrukking bevind en sal My hulp waarlik benodig. Solank hulle nog op die aarde lewe, sal hulle ook aan lyding blootgestel wees, dus sal hulle nog nie heeltemal ongevoelig wees vir die ergernisse en bedreiginge van die wêreld nie. Sal die krag van hul geloof alles draagliker maak, alhoewel dit hulle dikwels ernstig sal tref. Deur hierdie moeilike lewensomstandighede en die daaruitspruitende brutale menslike gedrag, sal die mense hulle in twee groepe verdeel: In ‘n groep wat nie glo nie en daarom ook geen verbinding sal hê met die verligte geestewêreld nie en in ‘n groep vir wie die verbinding met My alles sal beteken. Hulle sal niks doen sonder om vooraf My seën daarvoor te vra nie en sal daarom ook heel duidelik My leiding erken, omdat hulle deur hul liefde tot My, ook My nabyheid sal bespeur, want My nabyheid gee steeds die krag tot oorwinning, wat sonder die “krag uit My” baie swaarder en moeiliker sou wees. In die tyd sal Myne mekaar ook herken aan hul sterkte van geloof en mekaar troos met My koms. Hulle sal My vol hoop en geduld verwag en in hul liefde verlangend na My uitsien. Hulle sal rotsvas glo dat Ek sal kom en Ek sal hul geloof nie beskaam nie. Ek sal hulle help waar hulp nodig is en sal hulle wegneem wanneer die nood ondraaglik geword het, sodat hulle nie van My sal wegval nie, maar sal volhard tot die einde, want dan sal hulle kan ingaan in die paradys van die nuwe aarde, omdat hulle My trou gebly het in die grootste nood. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205