BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 56

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Jesus se beloftes - Voorwaardes - Vervulling 3744 Hou vas aan die beloftes van die Heer en julle sal oor elke stryd om te bestaan oorwin. Hy het julle verseker van krag en genade, Hy het julle geestelike en liggaamlike sorg belowe, Hy waarborg dat julle die finale doel op aarde sal bereik, naamlik die ewige lewe. Julle kan Sy Woord onvoorwaardelik glo, dit sal gebeur as julle aan al die voorwaardes voldoen wat met Sy beloftes geassosieer is. Sy beloftes hang af van die feit dat julle probeer om te voldoen aan die Wil van die Een Wie julle lewe gegee het. Die aardse lewe word nie net gegee terwille van die lewe self nie, maar vir die bereiking van ‘n doel, vir die bereiking van die hoogs moontlike volmaaktheid op aarde. Jesus het julle die weg op aarde gewys en vir julle ‘n voorbeeld gestel van die lewe wat julle tot volmaaktheid sal lei deur mense inligting te gee op gebiede waar hulle nog in die duister was. Hy het hulle die regte weg getoon, asook die effek in die hiernamaals, voorwaardes gestel en beloftes aan julle gemaak dat, mits julle waarlik toegewyd is en voldoen aan die voorwaardes om julleself in volmaaktheid te vorm, elke belofte vervul sal word. Julle sal in aardse en geestelike geluk en vrede lewe, asook konstruktief aktief wees. Sy voorwaardes bestaan egter uit die ononderbroke dade van liefde. Die voorvereiste vir elke belofte is liefdesdade, indien dit waar moet word. Wanneer julle aan hierdie voorwaarde voldoen, kan julle in jul aardse lewe in alle opsigte sonder sorge wees, want dan sal die Vader in die hemel liggaamlik en geestelik vir julle sorg. Hy sal nie dat julle siele en liggame ontbering ly nie, maar sal altyd sake vir julle verbeter, in verhouding tot julle wil tot liefde. Sy Woord is waarheid en sal in alle ewigheid so bly. Vaste geloof hierin sal julle van innerlike vrede en sekerheid voorsien met betrekking tot alles wat met julle gaan gebeur, weens God se Wil of Sy toestemming, en aangesien, ooreenkomstig Sy Woord, niks met julle teen Sy wil kan gebeur nie, moet julle probeer om Sy wil te behaag. Bemin julle Vader van ewigheid met julle hele hart, sodat julle Sy liefde ook kan wen en wys julle liefde deur die doen van liefdevolle dade teenoor julle medemense. God verwag nie baie van julle nie, maar Hy sal nie hierdie voorwaarde opgee indien Sy beloftes in julle vervul moet word nie. Elke één van Sy Woorde leer julle om lief te hê, omdat elke één van Sy beloftes liefde vereis, ‘n opregte verhouding met God en julle naaste, wie julle broer is, want julle is almal kinders van één Vader. Julle kan tallose geskenke van genade deur onselfsugtige dade van liefde wen en indien julle die krag daarvoor kortkom, kry dan krag deur opregte gebed. 'Vra en julle sal ontvang'. Vra eers om geestelike waardes en ignoreer wêreldse behoeftes, omdat God hierdie sal toevoeg sodra julle daarna sal streef om Sy wil te vervul en te probeer om julle in liefde te omvorm. Telkens probeer Jesus Christus in Sy onderrig om dit op julle harte te druk om na die koninkryk van God te streef. Hy beloof aan julle die ewige lewe en die sorg van die Vader vir julle aardse lewe, op voorwaarde dat julle na die koninkryk van God sal streef, en elke Woord uit Sy mond is die suiwerste Waarheid, daarom moet dit julle van innerlike vrede en veiligheid voorsien, indien julle net glo. Elke aardse bekommernis is onnodig solank julle poog om volgens Goddelike wil te lewe, solank julle dade van liefde vir julle die liefde van God wen en so Sy Wil na julle laat neig. Daarom, betwyfel nie Sy Woord nie, twyfel nie of Sy beloftes waar sal kom nie, maar leef ooreenkomstig Sy Heilige Woord. Leef in liefde en in konstante verbinding met Hom wie die Liefde self is en laat toe om deur Hom gelei te word. Vertrou op Hom, plaas julle lot vol vertroue in Sy hande en gee julself geheel oor aan Hom, dan sal alle ontbering spoedig van julle weggeneem word, omdat julle dit nie meer nodig sal hê nie, indien julle julleself in vaste geloof en deur dade van liefde suiwer en omvorm om die koninkryk van lig in te gaan nadat julle julle aards liggame afgewerp het. Want Jesus het nie Sy eie Woorde gebruik nie, maar God het deur Hom gespreek en Sy Woord is Waarheid en sal Haarself vervul, op voorwaarde dat die person voldoen aan Sy Woord, op voorwaarde dat hy na die koninkryk van God sal streef vir die ewige lewe. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205