BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 488

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Reïnkarnasie – ja of nee? 5062 Waar dit nog donker is in julle, sal julle lig van bo gegee word, want My dienaars het ‘n opdrag om die lig beskikbaar te stel aan almal wat daarna verlang. Wat tot verligting van die gees bydra, word aan hulle verskaf, omdat hulle die waarheid van dwaling duidelik kan onderskei en Hom steeds voor oë hou, Wie die Ewige Waarheid Self is. Julle, My aardse kinders, is bestem vir die hoogste saligheid wat Ek vir julle kan berei. Maar julle mate van saligheid sal steeds volgens julle eie wil wees, want julle wil bepaal Ek nie. Die hoogste saligheid veronderstel egter ook die hoogste eise aan julle wil. Want om die kindskap van God te bereik, wat julle sal verseker van die erfdeel van die Vader, moet julle volmaak wees, soos wat ook julle Vader in die Hemel volmaak is. Ek vra oneindig baie van julle sterflinge, maar Ek gee nog oneindig baie meer. Wat Ek van julle vra is om julleself geheel volgens My wil te voeg en julleself te omvorm tot ‘n hoë graad van liefde. Die graad van saligheid in die ewige lewe kan oneindig verskillend wees, maar steeds volgens die graad van liefde wat julle in julle laat opvlam en tot werksaamheid ontplooi. Die werke in liefde bepaal dus die graad van rypheid en tewens ook van saligheid, waaruit volg dat die kindskap van God ‘n volledige lewe in liefde op die aarde vereis, naamlik dat die wese van die mens tydens die aardse lewe omvorm word tot liefde, tot My ewebeeld, tot My ware kind, vir wie Ek al die salige vreugde berei het soos wat Ek dit beloof het. In ‘n eenmalige lewe op die aarde moet die siel die kindskap van God bereik, omdat hierdie hoë graad van volmaaktheid in die ryk hierna nie meer bereik kan word nie, ofskoon ‘n wese ook daar nog tot ‘n ondenkbare volheid van lig kan kom. Wel kan ‘n Ligwese die kindskap van God verwerf, as hy ten behoewe van ‘n leiersfunksie homself nogmaals op die aarde in die vlees beliggaam, wat egter ‘n besondere swaar lewe vol leed met hom saambring, tesame met ‘n verlossende taak op aarde, wat die aanleiding was van sy hernieude beliggaming. Slegs wesens wat al ‘n hoë graad van lig bereik het, strewe ‘n herbeliggaming op aarde na, maar slegs uit liefde tot die dwalende mense, om hulp aan hulle te verleen in tye van die grootste geestelike nood. Daarenteen is elke lig-ontvangende siel in die geesteryk in ‘n sekere mate ook salig te noem. En hierdie saligheid is voldoende om die wil tot hulp in haar op te wek vir die wesens wat nog in duisternis smag en waarvan sy die toestand ken en wil verbeter. Daar is geen ligsiel wat nie hierdie wil tot hulp in haarself het nie, want die ontvangs van lig vereis eerstens liefde en liefde wil haarself steeds weer uiter. Elke buitengewone werk van liefde in die geesteryk verhoog die saligheid van die wese en so 'n wese sal nooit meer na die aarde terugverlang nie. Sy sien immers ‘n groot arbeidsveld vir haar liefdeskrag en ondervind ook die steeds toenemende volheid van lig en saligheid. Teen haar wil in sal geen wese weer op die aarde geplaas word nie, omdat dit teen My goddelike ordening sou wees. Bowendien word hierdie wil nie by wesens met ‘n geringe mate van lig aangetref nie. Slegs buitengewoon hoë geesteswesens daal na die aarde neer om hierdie bogenoemde taak uit te voer. Sodra die siel maar ‘n geringe graad van insig haar eie gemaak het, ken sy ook die moontlikheid om haarself vêrder te ontwikkel in die geesteryk. Want dan het die liefde in haar ontvlam, anders sou sy nog in totale duisternis verkeer het. As ‘n siel egter nog geestelik blind is, dan kan die verlange na die aarde in haar opduik. Maar nooit met die doel om tot geestelike voltooiing te kom nie. Dit is slegs die verlange na die materie wat haar na die aarde dryf en die verlange word nie van My kant af vervul nie. Want dit is makliker om daardie verlange op die aarde te oorwin as in die hiernamaals en sonder die oorwinning oor die verlange is daar geen lig, geen geestelike vooruitgang nie. Wie op die aarde versuim het om self ‘n sprankie insig te verwerf, is ook in die hiernamaals in diepe duisternis en ‘n hernude plasing van hom op die aarde sou geen daad van erbarming wees nie, maar wel ‘n handeling teen My ewige ordening, wat ‘n geleidelike vooruitgang nastreef en alle agteruitgang deur My wil uitsluit. ‘n Herbeliggaming van die siel sou in dié geval ‘n onregverdige vereffening vir die faal op die aarde wees. Dit sou geen liefde en barmhartigheid van My kant af wees nie, maar ‘n ontsaglike las vir die siel, as sy vir die tweede keer die verantwoordelikheid op haarself moet neem, sonder die sekerheid dat sy haar doel sal bereik en sy sal haar doel ook nie bereik nie, omdat die herhaalde beliggaming begryplikerwys baie hoër eise aan haar sou stel, om die buitengewone voorreg te vereffen terwyl haar wil daarom vry bly. Sy sou dan twee maal ‘n wilsproef moes aflê, wat net soveel sou beteken as sou Ek die lewenstyd van ‘n mens op aarde verdubbel en sodoende ‘n bestaande natuurwet omseil. Bowendien sou ‘n siel wat eenmaal op die aarde gefaal het, opnuut deur My teenstander gebind word en hy sal haar wil verswak, want die weg na My, die goddelike Verlosser, sou vir haar deur die wêreld van Satan versper word, want haar verlange geld vir die wêreld asook die materie. Slegs die wil van die wese is altyd beslissend, maar hierdie wil, sal nie dink aan ‘n hernieude plasing op aarde, indien die siel maar ‘n sweempie van insig besit het nie. Die hernieude plasing word egter nie aan ‘n nog geheel in die donker dwalende siel toegestaan nie, omdat My Wysheid die gevaar en die meestal vergeefse van ‘n tweede gang oor die aarde ken. En My Liefde bevorder geen agteruitgang nie, maar slegs ‘n vooruitgang. My wet van ewigheid is opbou en vooruitgang. Van My kant af word slegs moontlikhede tot opwaartse ontwikkeling begunstig, wat wel ook sonder sukses kan bly, maar dan wel vanweë die vrye wil van die wese. ‘n Agteruitgang word dus slegs veroorsaak deur haar wil, maar nooit deur My wil nie. Enkele gevalle van ‘n weer terugkeer na die aarde het hul rede, hoewel mense daarom nie mag aanneem dat elke siel willekeurig weer tot die aarde kan terugkom, as sy eenmaal hierdie weg sonder of met min sukses afgelê het nie. Maar dat die siel altyd weer beliggaam word, staan vas, omdat sy haar opwaartse ontwikkeling in die ryk hierna moet voortsit en daarom word steeds aangewese werksaamheid van haar vereis wat sy nou sal uitvoer in ‘n nuwe beliggaming op een van die ontelbare skeppings, wat vir die gees dien as plek om volmaak te word. Maar die werksaamheid en die opdragte is anders van aard as op die aarde en kan vir julle mense ook nie begryplik gemaak word nie. Steeds bly die dienende liefde die prinsiep van verlossing en voltooiing. Ontelbare moontlikhede staan My tot beskikking om gunstig op die siele wat nog onvolmaak van die aarde heengegaan het, in te werk. Die lewe op hierdie aarde was ‘n buitengewone moontlikheid wat sukses beloof het; maar om dit nie te benut nie, kan egter nooit meer as sodanig goedgemaak word dat die wese dit later kan ewenaar deur weer ‘n willekeurige aantal kere op die aarde beliggaam te word nie, om welke rede die leer van ‘n herbeliggaming dus misleidend is. Daarom kan julle nie uit enkele geregverdigde besondere gevalle tot ‘n herbeliggaming van siele op hierdie aarde tot ’n slotsom kom nie, wat baie eerder nadelig as voordelig sou wees vir die siel. Die vrye wilsbesluit van ‘n siel moet op aarde in ‘n eenmalige lewe geneem word, met die hulp van die goddelike Verlosser Jesus Christus. Wie Hom afwys, het vir homself ‘n buitengewone genadegawe verspeel en hy sal in die hiernamaals moet worstel totdat hy tot insig gekom het en daar nog aanspraak maak op Sy hulp. Want die kruisdood van Jesus is van so ‘n geweldige betekenis vir die verlossing van al die gees, dat alreeds net die wil van die mens om verlos te word, voldoende is. Dat ‘n wil wat faal, egter die gevolge sal moet dra, naamlik ‘n ontsaglike moeilike ontwikkeling omhoog in die geesteryk of ‘n wegsinking in die diepste diepte, wat weer ‘n gang deur die materiële skepping tot gevolg het. Dus is ‘n reïnkarnasie, wat ‘n baie moeilike saak is, ‘n eindelose, voortgaande, smartlike toestand van kwelling, totdat die stadium as mens hom weer die vrye wil bring en hom daarmee weer opnuut die moontlikheid gee om ‘n wilsbesluit te neem. Geen wese sal vir ewig verlore gaan nie, maar wanneer sy salig sal word, bepaal die wil van die mens self. Maar die wet van die ewige ordening bly bestaan, want My Wysheid en Liefde, wat ewig en onveranderlik is, lê ten grondslag daaraan. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205