BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 220

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Aardrotasie - Aanvulling en verduideliking ten opsigte van Boodskap No:4348 4355 Verklaar vir julleself die proses as volg: Hoe vinniger die aarde beweeg, hoe minder tyd neem dit vir een rotasie en hoe sterker word die druk van die lug wat deur haar beweging veroorsaak word. Normaalweg sou hierdie lugdruk op die aardoppervlak bemerk word, wat egter nie die geval is nie. Dus vind daar alreeds 'n wetenskaplik onverklaarbare afwyking van die natuurwette, wat nie wetenskaplik te verklaar is nie, waaruit dus volg dit dat die natuurwette, wat van toepassing is op die aarde, hul geldigheid daarbuite verloor. Nogtans het hierdie vinnige rotasie die aarde se oppervlak tot so ’n mate beïnvloed dat 'n kors gevorm het wat 'n geskikte groeimedium vir plantegroei was, sodat die voortdurende tot lewe brengende bewoning van die aarde se oppervlak slegs moontlik was as gevolg van haar voortdurende rotasie, te danke aan die opwekking van 'n krag wat op die bodem inwerk, wat dus nie na buite versprei en wegstroom nie, maar van buiteaf na die binneste van die aarde toe werk. Hierdie krag is lewewekkend, maar kan nie deur die menslike verstand verklaar word nie, juis omdat dit buite ons natuurwette ontstaan en ook ’n uitwerking het wat buite hierdie wette val. Sou die aarde tot stilstand kom, dan sal alle lewe op haar verstar, maar andersyds kan 'n verhoogde snelheid abnormale groei bevorder, maar ook dieper in die binneste van die aarde binnedring en daar uitbarstings laat ontstaan wat die aarde se kern in gevaar sal stel en haar voortbestaan op losse skroewe sal plaas. Van so verhoogde snelheid kan nou teenwoordig ook melding gemaak word en dit sal ook spoedig in haar uitwerkings laat voel. Sou die laaste uitwerking nou verhinder word, dan moet die oortollige krag 'n arbeidsterrein vind, sy moet plaaslik eksplosief werk, wat dus in die vorm van 'n natuurkatastrofe sal gebeur. Daardeur sal die omwentelingsnelheid (van die aarde) ietwat afneem en die krag wat nou weer voortgebring word, sal nuwe voedingsbodems vind wat sy tot lewe kan bring met plante en diere en binne ’n kort tydjie sal die bestaan van die aarde weer verseker wees, tot dan wanneer daar deur die menslike wil, kragte in werking gestel word wat nog nie heeltemal deur die mense deurgrond is nie en wat 'n alles verwoestende uitwerking sal hê, omdat dit in sekere sin as teenkragte bestempel sal word, d.w.s. wat van binne na buite werk en dat hierdie teenmekaar inwerk van beide kragte, totale verwoesting sal beteken, wat die mense wel vertel, maar wat nie deur hulle verstaan word nie. (27 Junie) Geestelik gevorderde wetenskaplikes sal hierdie proses maklik vir hulself kan verklaar, want hulle staan nie meer so ongelowig nie teenoor 'n werksaamheid van natuurkragte wat buite ons wette val nie, omdat die atmosfeer buite die aarde vir hulle 'n gebied is wat nie met aardse denke van die verstand deurgrond kan word nie, omdat ander wette as die natuurwette wat vir die aarde geld, dit beheers. Elke hemelliggaam is 'n wêreld op sigself en in elke hemelliggaam uiter die Liefdeswil van God Haarself anders uit, omdat ontelbare gedagtes van Hom gerealiseer word deur Sy Mag en Krag en elke gedagte getuig van die diepste Wysheid. Menslik gesproke kan so ’n veelvoudige verskeidenheid van die skeppings van GOD nie bestaan nie, aangesien hul voorstellingsvermoë beperk is. Maar by God is daar geen beperking van Sy denke en geen belemmering van sy krag om te skep nie. Dat die mens nou, as bewoner van een van die ontelbare skeppings van GOD, Sy bestuur en werksaamheid op verstandelike weg heeltemal sou kon deurgrond, is heeltemal uitgesluit, want wat vir hom onmoontlik lyk, maar wat vir GOD steeds moontlik is, wys hy dadelik af. En so kan die aarde wel in haar bewegings, in haar loop en haar gesteldheid, na 'n sekere tydsverloop, bereken en ondersoek word, maar steeds volgens die natuurwette wat vir die aarde geld en wat vir die mense bekend is. Bo dit faal hul kennis en verstand. Daar is egter 'n "daarbo uit", anders sou die aardse wetenskap ook presies sou kon vasstel wanneer, in welke vorm en om watter rede die finale verwoesting van die aarde sal plaasvind. Maar hulle is nie in staat om dit vas te stel nie, waarmee egter geen bewys gelewer is dat die verwoesting van die aarde nie gaan plaasvind nie. Hier word die geloof teenoor die wetenskap gestel. Wie die wetenskap hoër aanslaan, ontken wat die geloof bevestig. GOD kondig die einde van hierdie tydperk van die aarde aan, Hy kondig 'n totale verandering van die aardoppervlak aan met die vergaan van alle lewe daarop, in en bo die aarde. Hierdie proses is vir die wetenskap totaal onbekend, wat dus daarop dui dat daar 'n werksaamheid van God sal plaasvind buite ons natuurwette, weliswaar nie buite ons natuurwette van Hom af nie, egter wel vir die mense vir wie alle kragte nie so bekend is, dat hulle so 'n gebeurtenis sou kon vermeld of bereken het nie. Sulke ondersoeke moet op die fondament van die geloof verrig word, indien hulle resultate volgens die waarheid wil hê. Slegs dan sal ook hierdie gebied toeganklik wees vir die navorsers, wat andersins vir die mense geslote sou gebly het, want dan sal geestelike medewerkers hom tersyde staan en hulle sal opheldering gee, dan kan hulle ook insig verkry in die verlossingsplan van GOD en baie sal vir hulle verstaanbaar en aanneembaar wees, wat die verstand andersins sou verwerp het. AMEN.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205