BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 106

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die stem van die Vader 5564 Julle moet die Vader se stem herken in elke woord wat van Bo tot julle kom. Dit is My Gees wat tot julle spreek. Dit is My Krag wat julle toestroom. Dit is lig van My Lig Wat julle toestraal. Dit is die Woord waarmee My oneindige Liefde invloed op julle uitoefen, sodat julle My sal verstaan, sodat julle My Wil sal vervul, getroos sal word in tye van nood en onderrig sal word in alle Waarheid. Slegs Een kan julle hierdie Waarheid besorg, naamlik julle God en Vader van ewigheid wat julle onderrig, sodat julle Hom sal herken en leer om Hom lief te hê, want Ek verlang na julle liefde. Daarom praat Ek met julle wat My nie kan sien en gevolglik ook nie strewe na My wanneer julle geen kennis het wat vir julle geloof kan skenk nie. Ek wil egter dat julle in My glo en daarom doen Ek alles moontlik om hierdie geloof aan julle te besorg. Ek maak Myself aan julle bekend. Julle mense sal hierdie geskenk van genade nie in sy volle betekenis kan verstaan nie. Dis die Heer van die oneindigheid, die ewige God en Skepper wat alles laat ontstaan het, wat vir julle oë sigbaar is en oneindige onsigbare werke vir julle geskape het. Hy buig Hom liefdevol na julle oor. Hy spreek die mens afsonderlik toe, soos wat Hy egter ook deur hulle tot alle mense spreek. Hy openbaar Homself aan julle. En slegs weinig mense herken Sy stem. Maar hierdie weiniges het egter ook 'n verligte gees, want wie in staat is om My te hoor, wie My Self herken in die Woord wat Ek na die aarde stuur, is ook deurdring met die krag van My Gees en hy het nou 'n heeltemal ander uitkyk op al die gebeure, op alles wat hom omgeef en wat hy beleef. My Gees verlig sy denke en gee ook aan hom duidelikheid oor alle samehang. Hy kan nie meer twyfel nie, juis omdat hy My Self herken wanneer Ek hom toespreek deur My Woord. Waar My Gees werk, daar is ook kennis en kennis is lig wat die duisternis deurbreek. Waar sal julle mense egter op aarde nog 'n lig vind? Die mense gaan voort in die duisternis. Hulle het 'n verduisterde gees. Hulle dink nie na nie en sou hulle nadink, dan sou hulle geen duursame resultaat behaal nie. Daar is duisternis op aarde, wat slegs deur één Lig van Bo verdring kan word. Ek is egter steeds bereid om 'n lig vir julle aan te steek. Ek is steeds bereid om julle met die krag van My Gees te deurdring, indien julle maar bereid is om die Woorde van My Liefde aan te neem, indien julle maar julle harte wil oopmaak om die vloei van My Liefde binne te laat, indien julle mense maar sou begeer om My te hoor. Ek sou graag wil hê dat julle sal leer om My lief te hê. Daarom sal julle na My moet luister. Julle sal My openbaringe moet aanneem en dit sal lig in julle word, want julle dring dan deur tot die geheime van My ewige Liefde, tot My heilsplan van ewigheid. Julle sal julleself herken, sowel as julle taak op aarde. Julle sal My herken en julle sal My dan jul liefde skenk en julle sal vurig daarna verlang dat My Stem vir ewig in julle sal weerklink. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205