BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 431

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Traagheid van denke 6296 Hoe meer die wêreld die mens bind, des te onverskilliger staan hy teenoor die waarheid, des te minder verlang hy daarna en neem hy daarom alles gedagteloos aan wat aan hom as waarheid voorgehou word, of hy wys alles af, want sy hart verlang nie om van die waarheid te wete te kom nie. En wederom is die wêreld ‘n groot gevaar vir julle siele, want sonder waarheid sal julle doelloos leef, - julle sal in geen enkele opsig iets weet oor die sin en doel van julle lewe op aarde nie, omdat julle geen korrekte opheldering verkry het nie en daarom sal julle ook nie bewustelik leef nie. Veeleer sal julle aardse goedere najaag waarvan julle egter tog weet dat dit verganklik is, dat julle niks daarvan kan saamneem wanneer julle aardse lewe beëindig word nie. Maar julle glo ook nie aan ‘n vêrdere lewe ná die dood nie, omdat julle onverskillig is daaroor, omdat julle niks daaroor wil weet nie en omdat julle deur hierdie onverskilligheid van julle ook nooit tot die innerlike oortuiging sal kan kom dat die lewe nie verby is met julle liggaamlike dood nie. God se dienare op aarde sou veel meer bereidheid gevind het om aanvaar te word, indien die verlange na die waarheid in die medemens aanwesig sou wees, dog interesseer alle ander dinge hulle meer as die vernaamste, naamlik om 'n ware insig te verkry en nou jou aardse lewe volgens hierdie insig te lei. Daarom is alles te veroordeel wat die onverskilligheid in die mense vergroot. Dit is te veroordeel wanneer hulle geleer word dat hulle nie hoef na te dink oor dit wat van hulle gevra word om te glo nie en dat hulle slegs dit mag aanneem wat hulle van ‘n bepaalde kant aangebied word en dat hulle van elke verantwoording onthef is, solank as wat hulle hulself toevertrou aan sogenaamde verteenwoordigers van God en hulle hulself daaraan oorgee. Al sulke leerstellings dra daartoe by om die mense tot traagheid in denke te verlei, naamlik om ander mense vir hulle te laat dink en hulself daarby nie verantwoordelik te voel nie. En wanneer ‘n werksaamheid in liefde die denke van so ‘n mens nie verander nie, sal hy tot aan die einde van sy aardse lewe onwetend bly en sal in dwaling verstrik wees. Maar slegs die waarheid voer na God. Dus sal hy nog heel vêr van God verwyder wees wanneer hy afskeid neem van hierdie aarde. As die verlange na die waarheid meer onder die mense aangetref kon word, dan sou daar waarlik nie so ‘n groot geestelike duisternis onder hulle gewees het nie, want hul denke sou dan korrek gelei kon word, as gevolg van die verlange na die waarheid. En ‘n regdenkende mens sou dan ook volgens die Wil van God lewe en sou daardeur ook steeds nader aan Hom kom. Die mense wil egter slegs hul aardse kennis vermeerder - omdat geestelike kennis geen aardse sukses vir hulle oplewer nie, terwyl hulle hul liggaamlike welsyn deur aardse kennis kan verbeter en daarom sluit hulle hul af vir alles anders, selfs al word dit as ‘n besondere genadegawe vir hulle aangebied. En daarom bly die aarde in duisternis gehul, want die lig breek slegs deur waar daarna verlang word, egter nooit daar waar dit verhinder word om te skyn nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205