BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Geregtigheid - Vereffening in die hiernamaals 5323 Daar is geregtigheid en daar is vereffening, indien dit nie op aarde is nie, dan wel in die Ryk hierna, waar die siel sal maai wat sy gesaai het. Julle mense moet besef dat niemand hom iets kan toe-eien wat hom nie toekom nie, dat hy rekenskap moet gee vir elke sent en dat hy moet betaal vir alles wat hy hom onregmatig toegeëien het. Mense, dink daaraan dat Ek julle niks kan kwytskeld nie, omdat Ek ’n regverdige God is en dat julle jul met ‘n groot skuld belas indien julle glo dat julle ongestraf kan sondig. Eenmaal sal die dag van vergelding vir elkeen aanbreek wat sonder gewete leef, omdat hy nie aan My as ’n regverdige God geglo het nie en daarom sonde op sonde gestapel het. Die aardse lewe is spoedig vir julle almal verby en wat oorbly is slegs die geestelike besit. Maar wee diegene wat niks kan wys nie, hulle sal arm en naak daar aankom en in groot ellende en duisternis ronddwaal. Dit is die vereffening van ’n lewe op aarde, wanneer dit nie volgens My wil geleef was nie, met inagneming van die gebod van liefde tot My en die naaste; wanneer die mense slegs aan hulself gedink en so geleef het dat My teenstander plesier daarin gehad het wanneer hulle in wêreldse genot swelg en hul hartstogte en luste die vrye loop laat neem het. Wie op aarde slegs aan hulself gedink het, sal hier verlate ronddwaal en niemand sal aan haar liefde betoon nie, net soos wat sy hulle wat haar hulp op aarde nodig gehad het, gebrek laat ly het. Sy moet dan tot op die sent terugbetaal, omdat niemand die skuld vir haar kan betaal nie, behalwe Jesus Christus, aan Wie die siel wat sonder liefde geleef het, egter nie geglo het nie. Julle mense moet julle lewe op aarde so beskou, dan sal julle ook weet dat julle nie gewetenloos kan lewe nie, dat wanneer die liggaamlike lewe beëindig word, die siel die skuld moet betaal waarmee sy haar belas het. En weet dat alles wat julle die wêreld aan tol betaal het, die siel ontneem sal word en dat armoede in die hiernamaals die gevolg daarvan sal wees. Weet dat daar ‘n vereffening is vir elke uur wat julle My teenstander toejuig en julle die genoeë van die wêreld toegedaan is en My heeltemal vergeet. Die aardse lewe is aan julle gegee tot voltooiing van julle siele. Maar wat doen julle? Julle versorg slegs julle liggaam en vervul al sy wense. Julle word dronk van wêreldse plesier en julle loop al te gewillig in die val wat die vyand vir julle stel. Julle neem van julle siele en gee dit aan julle liggaam en dit moet julle duisendvoudig betaal, want julle nood sal uitermate groot wees wanneer julle die geesteryk ingaan, waar slegs waardeer word wat die siel aan onverganklike goed saambring. Die siel sal groot gebrek ly en niemand sal haar help indien sy haar nie tot Jesus Christus keer nie, van Wie sy egter in haar duistere toestand niks weet nie. Slegs Hy kan haar help, maar ewighede kan verbygaan voordat die siel hierdie insig verkry en so tot Hom keer. Vir ewighede kan sy haar skuld so saamsleep, omdat My Geregtigheid haar nie kan verlos solank sy My nie daarom bid nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205