BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 207

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Groot nood van die siele in die hiernamaals 5767 Die nood van die siele in die hiernamaals by wie lig ontbreek, is baie groot. Om hul toestand aan julle mense op aarde te beskryf, sou waarlik voldoende wees om julle lewe in ‘n ander baan te lei, maar dan sal dit verby wees met julle wilsvryheid. Julle sou dan, gedryf deur vrees vir dieselfde lot, julle op ‘n ander lewenswandel toelê, dus wel dit doen wat van julle gevra word, maar nie uit julleself nie, nie uit vrye wil daartoe aangespoor nie. Tog moet julle die lot van die siele ken, dit moet aan julle verkondig word en dit sal julle dan nog steeds vrystaan om te glo en daaruit julle eie afleidings te maak. Hierdie siele het by die ingaan in die ryk hierna, alles verloor waaraan hulle harte aarde gehang het. Sy besit niks meer nie, want sy kan slegs dit wat sy geestelik verwerf het, met haar saamneem en daaraan het sy die meeste gebrek. Sy word deur totale duisternis omring, sodat sy ‘n lewe sonder God lei en daardeur heeltemal kragteloos is, maar nie gevoelloos nie. Vir haar beteken haar omgewing nou ‘n verskrikking en ellende en hierdie verskrikking en ellende sal die siel ook ondergaan wat alles op aarde vasberade en sonder vrees uitgevoer het en wat haar nou in die duisternis gestort het. Dit is pyne van ’n onbeskryflike aard, wat nou in die siel, óf die verlange opwek om hierdie toestand te ontvlug, óf maar alleen alle slegte neigings te versterk, om ook in daardie ryk bevrediging te soek, - wat beteken om geheel en al aan die kragte van die duisternis ten prooi te val. Maar ook die siele wat nie in sondigheid die aardse lewe verlaat het nie, wie se lewe egter sonder liefde was en onverskillig ten opsigte van al die geestelike, is in buitengewoon benouende omstandighede. Want ook hulle word onuitspreeklik deur die duisternis gekwel, wat wel somtyds vir ‘n skemerige toestand wyk, indien die siel nog nie heeltemal verhard is nie, sodat sy ook na lig verlang, - want slegs die verlange daarna kan haar die lig laat bereik. By al hierdie siele ontbreek die krag egter om die goeie te wil en daar kan aan hulle, volgens die wet van ewigheid, geen hulp gebring word, indien hulle dit nie self begeer nie. Die werk van God se Barmhartigheid kom wel nie ten einde wanneer die siel die aardse liggaam verlaat nie, maar wat sy op aarde nie benut het terwyl sy dit in oorvloed besit het nie, moet sy nou eers in die hiernamaals verwerf - en sy is dikwels te swak daarvoor. Stel julleself altyd maar uiters verswakte en hulpelose wesens voor wat onuitspreeklik ly en wat op hulp aangewese is, om van hul lyding bevry te word. En as julle ‘n blik kon werp op hul nood, dan sou julle met erbarming vervul word. Elkeen het siele aan die anderkant van wie hy nie weet in welke toestand hulle die geesteryk binnegegaan het nie. Julle almal het geliefdes deur die dood verloor, dink tenminste aan die siele met wie julle noue bande gehad het en help hulle. Want selfs die kleinste verlossingswerk wat aan sulke siele volbring word, het ‘n verdere verlossing tot gevolg en dan het julle daartoe bygedra. En julle kan hulle alleen help deur liefdevolle gedagtes en gebed, asook om ten gunste van hierdie siele te bid. Dit sal hulle weliswaar nie uit hul kwellinge bevry nie, maar hulle tog krag laat toekom deur middel waarvan die siel haar wil kan verander en op die lig afstuur. Hulle kan nie teen hul wil uit hulle ellendige staat verlos word nie. Om egter die goeie te kan wil, is julle voorspraak nodig, ‘n gebed wat hulle in liefde geskenk word as hulle so in julle gedagtes dring. Want julle moet weet dat die siel julle om hulp smeek wanneer sy haarself in julle gedagtes opdring en dat die siele wat op julle hulp hoop, julle voortdurend omring en dat julle die gedagtes aan oorledenes nie uit onwil mag terugdwing nie, indien julle hul kwellinge nie wil vererger nie. Om julle en julle vrye wil nie te benadeel nie, bly die lot van hierdie siele aan julle verborge. Dit is twee wêrelde waarin julle en die gestorwe siele hulle bevind. Daar is ‘n grens getrek en ‘n blik in hul wêreld is julle ontsê. Maar tog bestaan dit en julle kan hul vanuit julle wêreld baie liefde verkondig, wat sy uitwerking op ‘n sodanige manier sal hê en wat van so ‘n groot omvang is, dat tallose siele hul toestand kan ontvlug. Dink kragtig aan hierdie arme siele en skenk aandag aan hul nood. Want wat julle vir hulle doen in medelydende liefde, sal julle ryklik beloon word, deurdat julle op aarde reeds geestelike hulp ten deel sal val deur al die siele wat uit die duisternis tot die lig gekom het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205