BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 228

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Julle plig om deur te gee - Waarskuwing teen vreemde kennis 5808 Niks moet julle daarvan weerhou om vir die Waarheid op te staan wat julle van My Self ontvang nie. En wat julle nie deur My Self gegee word nie, laat dit geen deel van julle sprake wees nie, want wat Ek julle nie gegee het nie, kan julle ook nie oortuigend as Waarheid verdedig nie en slegs dit wat oortuigend gespreek word, sal sukses hê en seën bring. Die (ware) kennis is onuitputlik, maar vir julle lewe op aarde sal julle slegs dit kan ontvang wat julle ook sal kan verwerk. En dié kennis laat Ek julle toekom, steeds in ooreenstemming met julle gedagtes en aangepas by die rypheid van julle siele. Ek wil net dat julle ‘n korrekte, doelmatige lewenswandel lei en daarom stel Ek julle in kennis van julle lewenstaak en verklaar sodoende aan julle wat daar aan hierdie lewenstaak ten grondslag lê. Slegs dit moet julle weet, naamlik dat julle gebonde skepsels is, maar wat julself uit vrye wil van julle boeie kan losmaak. En sodat julle hierdie verlossing sal nastreef en kan bereik, vermeld Ek die riglyne vir julle lewenswandel. Die verantwoordelikheidsbesef in julle moet gewek word, wat dan julle denke en handelinge sal bepaal. En Ek gee julle waarlik omvattende opheldering daaroor, maar dit sal steeds net gedeeltelike kennis wees in vergelyking met die volledige insig van ‘n siel wat in die Ryk ryp geword het tot ligwese. Wat Ek aan julle gee, omvat tog alle gebiede wat vir julle wetenswaardig is, sodat julle in ‘n sekere sin sonder leemtes onderrig word, sodat julle steeds opheldering sal kan gee wanneer julle van menslike kant daarom gevra sou word. En tog sou dit onverstandig van julle wees om alles wat julle van My af weet en in ontvangs geneem het, op ‘n wilde wyse aan julle medemens, wat nog nie daarvoor ryp is en dit daarom nie sal begryp nie, oor te dra. Julle sal steeds net kan uitdeel wat die medemens nodig het, maar dit dan ook in volledige Waarheid, omdat julle julself aangebied het om My te dien en die diens vir My steeds bestaan in die uitdeel van die Waarheid, omdat elke dwaling vêrreikende gevolge het. Die kennis wat Ek julle laat toekom, gee eers vir julle ‘n helder lig, sodat julle goed in staat sal wees om te onderskei of julle medemens in die Waarheid wandel en of hy homself in dwaling bevind. En as julle nou dwaling ontdek, sal julle die Waarheid daarteenoor moet stel, omdat julle die reg daartoe het en wel omdat Ek julle onderrig en daar van My waarlik net Waarheid ontvang kan word. Dit moet steeds weer aan julle gesê word dat die ontvangs van die Waarheid aan julle die verpligting oplê om haar deur te gee. Daarom, gee dit wat julle verstaan onbesorg vêrder, maar swyg oor geestelike sake wat nog nie vir julle duidelik is nie en laat julle nie deur julle medemens onderrig word oor sake wat Ek van julle weerhou het nie. Laat steeds net My Woord geld en sluit julle ore vir ‘n leer wat van buite af tot julle deurdring. Want soos wat Ek julle geen uitsluitsel daaroor gegee het nie, so vind Ek die kennis nie gunstig vir julle nie. Elke vraag wat julle aan My sal stel, sal Ek beantwoord, veral wanneer die kennis deur julle gebruik kan word om weer vir My te werk. Maar julle moet geensins julle eie gedagtes as Waarheid verdedig solank as wat dit nie deur My Gees bevestig word nie. En dit is die geval wanneer julle julleself deur julle medemens laat beïnvloed, om hulle idees en opvattinge aan te neem en daarvoor op te kom. Vir My draers van die Waarheid lê Ek die gevoel vir Waarheid en dwaling in die hart en hulle sal steeds ag slaan op hulle gevoelens. Hulle moet steeds ernstig na die Waarheid verlang en hulle bes doen om slegs die Waarheid te dien, dan sal hulle My ook dien en hulle denke sal vry bly van dwaling en hulle sal bruikbare knegte vir My wees, wat suksesvol vir My en My Ryk sal arbei. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205