BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 313

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

In die huis van die Vader is vele wonings 6022 In die huis van die Vader is vele wonings. Vir alle siele het Ek wonings gereed, wat ooreenkom met hul rypheid by hul skeiding van die aarde. En daarom is hulle dan ook baie verskillend en is hulle so lank die verblyfplek vir die siele, as wat hulle daarmee genoeë neem, terwyl hulle ook van verblyfplek kan verander, na gelang die siel homself hierop toelê. Soos die gesteldheid van die siel is by haar liggaamlike dood, so is ook die omgewing waarin sy haarself in die geesteryk bevind, stralend, lig, wat die geestelike oog heerlikheid bied in pragtige harmonie, sodat die siel vervul word van ‘n onbeskryflike geluksaligheid, of ook donker en koud, armsalig en beangs, stormagtig, doods en bedruk, sodat die siel haar ongelukkig voel en begeer om uit hierdie omgewing weg te gaan. En tog kan sy slegs dit gebied word wat sy verkry het op aarde, sy kan nie in geluksalige sfere geplaas word wat sy nooit nagestreef het nie en daar kan ook geen lig aan haar geskenk word nie, omdat dit haar in haar onvolmaakte toestand sou verteer. Maar dit staan elke siel vry, of sy haar verblyfplek wil verbeter. En om die verlange in haar aan te wakker, is die werk van ontelbare geestelike wesens, wat hulle in die Lig bevind en afdaal na die liglose wonings, om hul bewoners aan te spoor om hul lot en hul verblyfplek te verbeter. Maar ook dit moet sodanig gebeur, dat dit nie die wil van die siele forseer nie, maar tot ‘n eie verlange lei. En daarom is die Ligwesens nie aan hulle bekend nie, maar voeg hulle hulself by die in dieselfde omhulsel, hulle smeek om opgeneem te word en probeer dan die gedagtes van die siele na ‘n verandering van hul huidige situasie te lei. Die wil van die siele moet aangespoor word om self hul lot te verbeter; en as die wil nou opgewek is, dan bevind die siel haar plotseling te midde van noodlydende siele, wat haar om hulp vra en nou beslis sy of sy aan die hulpvraende gehoor gaan gee, of sy gewillig sal wees en hulle probeer help. Hoe sterker die drang in haar is om hulp aan te bied, des te kragtiger sal sy voel en die duisternis sal wyk vir ‘n swak skemerlig, wat die siel oneindig gelukkig sal maak en haar wil om lief te hê sal laat toeneem. En haar omgewing sal ongemerk verander, omdat die skemerlig deur alles heen skyn, totdat die siel alles duidelik kan sien en haar toestand aansienlik beter lyk. Maar dit word altyd aan die wil van die siel oorgelaat, of sy haarself vêrder helpend besig sal hou, of dat sy met die verbeterde situasie genoeë neem, wat dan weer sal versleg wanneer sy ophou om haar bes te doen. Elke siel sal vind wat sy begeer; en verlang sy na lig, na liefde en saligheid, dan sal sy ook haar doel bereik en in uitermate lieflike streke aankom waar alles met lig deurstraal is en waar sy kan bly solank dit haar geval. Want sy sal ook dieselfde gee as wat sy verlang en die liefde wat sy geskenk word deur die Ligwesens, sal haar wese verander indien sy nie volledig weerspannig is en haar uit die liglose dieptes wil oprig nie, maar as sy haar verset teen alle hulpverlening en elke voorstel verontwaardig verwerp, dan kry sy ook wat sy begeer, naamlik die duisternis, wat steeds meer kwelling daarmee saambring om ook sulke siele tot verandering van hul wil te beweeg. En daarom het Ek die Woorde gespreek: “In die huis van My Vader is vele wonings”. Want daar is rekening gehou met die toestand van elke siel, maar nie een siel word gedwing om daar te bly waar sy heengevoer word na haar liggaamlike dood nie, want sy sal steeds daar opgeneem word waar haar wil haar heenvoer, sy sal self haar woning gestalte kan gee volgens haar wil en so sal sy uit die diepste sfere kan opstyg tot die ligste hoogtes, as sy ag slaan op die wat haar tegemoet kom as boodskappers van Bo, wat nie deur haar herken sal word solank sy nog sonder lig is nie, maar deur haar wil om lief te hê so geroer sal word, dat die liefde ook in haar ontsteek word en die weg na bo dus ook nou oop is. Die Ewige Liefde Self daal af in die diepte, om hulle op te trek wat hulle nie verset nie. Ek verlos ook die siele uit die duisternis en ontelbare Ligwesens neem deel aan hierdie werk. Hulle bou almal saam aan die wonings, om die lot van die siele te verbeter; hulle straal almal lig en liefde uit en lok daarmee ontelbare siele uit die duisternis in hul gebied in, waar lig en krag en saligheid is. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205