BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 43

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Geloofsbeproewinge om die geloof te versterk 5377 Julle is aan voortdurende geloofsbeproewinge blootgestel, maar net sodat julle geloof versterk kan word, want dit is nog swak soos die van ‘n kind, gemeet volgens die eise wat nog in die komende tyd aan julle gestel gaan word. Daarom sal julle steeds weer in nood raak, waarin julle julself waar sal moet bewys, deurdat julle jul tot Diegene sal moet wend, Wie julle nood kan verdryf. Die nood sal soos ‘n wolkformasie verdwyn, wanneer julle julself vol vertroue aan die hemelse Vader oorgee en julleself aan Hom en Sy genade toevertrou. Julle het so 'n seker middel om alle nood te oorheers, julle hoef maar net julle nood aan Hom voor te lê en Hom innig om hulp te vra en julle sal gehelp word. Julle moet egter die vaste geloof vooraf volwasse laat word, sodat Hy julle kan help want Hy wil help. So 'n geloof verdryf alle nood. Om dit te bereik moet julle egter van Sy teenwoordigheid bewus wees: Julle sal in so ‘n innige verbinding met Hom moet staan, dat julle nooit sal voel dat julle alleen is nie, inteendeel, julle sal Hom, julle Vader van ewigheid, steeds langs julle moet voel en dan ook heeltemal daarvan oortuig wees dat Hy julle sal help. ‘n Lewe sonder stryd, sonder nood van aardse of geestelike aard, sou julle nie gehelp het om in julle geestelike ontwikkeling te vorder nie, want slegs deur stryd word julle krag gestaal, slegs teenoor weerstand bewys die krag homself en word ten slotte die oorwinnaar. Daarom kan aardse nood nie uitgeskakel word nie, dit is in ‘n sekere sin maar net ‘n beproewing van kragte om dit waardeur julle moet gaan om sterk te word in die geloof, te ontplooi, want julle sal groot geloofskrag nodig hê in die komende tyd, waar slegs die mens wat deur ‘n sterk geloof so vasstaan dat hy homself altyd onder die hoede van die Vader in die hemel voel en daarom meester is oor alles wat kom, kalm en seker sal bly. Daar gebeur niks in julle lewe, of Hy weet dit en niks kan julle oorkom sonder Sy Wil nie. Wat egter oor julle kom is Sy Wil en is steeds die beste vir julle siele. Prent hierdie woorde diep in julle geheue, dan sal julle jul steeds gelei voel deur die liefde van die hemelse Vader en julle sal geen oomblik twyfel aan Sy hulp wanneer julle in nood verkeer nie. Alles is goed wanneer julle gedagtes op Hom gerig is, Wie maar net julle roep verlangend tegemoetkom om julle helpend te kan bystaan. Hy wil dat julle jul na Hom wend, Hy wil julle vaste Begeleier wees, Hy wil om raad gevra word in al julle node, hetsy geestelik of aards, Hy wil julle altyd help, maar kan dit slegs doen wanneer julle deur julle geloof in Hom, julle julleself ook vry uitgespreek het vir Hom. Dan is julle egter onder veilige beskerming, dan sal julle ook die swaarste noodlot kan tegemoet gaan, dit sal vir julle ten beste wees, julle sal aards gehelp word en geestelik sal julle die grootste seën behaal uit alles wat die Vader oor julle stuur om julle vir ewig te wen. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205