BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 125

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Opwekking van die dode deur God se Woord 5605 Julle moet die dooies tot lewe opwek. Uit die diepte sal julle die lewelose omhoog bring en weer lewe inblaas; julle moet hulle met ‘n krag aanraak wat hulle lewend sal maak. Hierdie krag is My Woord wat van Bo na julle toe kom, wat Ek julle laat toekom sodat julle dit as tussenpersoon kan deurgee, omdat My Krag ook hulle beroer van wie die gees nog dood is. Julle besit iets kosbaars, ‘n gawe wat ’n wonderwerking het. Julle besit geestelike krag en kan daarmee die dode tot lewe opwek. Soos julle dit egter van die ewige Liefde ontvang, so moet julle My Woord ook in liefde deurgee. Die wil om te help moet julle aanspoor om dit uit te deel wat ook vir julle tot lewe gewek het, dan sal julle steeds sukses hê en seënryk kan werk op aarde en ook in die geesteryk. Orals is groot duisternis en in hierdie duisternis bly tallose geestelike dooie siele. Lewe beteken egter lig. Slegs die siel wat aangeraak word deur ‘n ligstraal van die warmte wat die liefde uitstraal en wat dus stimulerend kan inwerk op die verstarde siel, kan egter tot lewe ontwaak. ‘n Liefdeslig moet hierdie dooie siele beroer, dan sal hulle verseker tot lewe ontwaak. En hierdie liefde- en ligstraal moet julle hul bring terwyl julle My Woord aan hulle gee, wat vir hulle uitermate weldadig sal wees wanneer dit vir hulle in liefde aangebied word. Dit is ‘n geneeskragtige lewenswater wat julle deur My Liefde en genade onafgebroke toevloei. Julle siele word daarvan gesond en vind die ware lewe en julle sal daarom die dood van die siel nie meer vrees nie. Maar die baie siele wat in hul grafte lê, wat hulle weliswaar volgens hul idee nog op aarde bevind en tog geestelik dood is in ‘n beklemmende duisternis - hierdie siele omring julle en julle moet hulle hulp aanbied. Julle moet hulle ophelp uit die nag van die dood tot die lig van die lewe, want julle het ‘n doeltreffende middel. Julle het die enigste middel wat hulle kan help, My Woord, die krag en liguitstraling van My wat nooit sonder uitwerking bly, as dit die siele maar kan beroer nie. Solank My Woord nie vêrder deurdring as slegs tot die oor van die mense, raak dit die siel nog nie, want slegs die siel is vir die werking van My Woord ontvanklik. Maar slegs die liefde open die deur, sodat Ek met My Liefdeskrag die siel kan aanraak. En julle liefde open vir My die deur as julle jul bes doen om hierdie dooie siele hulp te bied en julle hul My Woord in liefde verkondig. Besef welke mag julle gegee is: Julle kan die dode ten lewe opwek met My Woord en indien slegs die liefde julle daartoe aanspoor om My Woord te verkondig, sal Ek julle poging seën. Dra lig in die duisternis waar dit ookal mag wees. Neem al diegene aan wat geestelik dood is en gedenk julle dooie mense sowel as die dode in die hiernamaals. Wil dat hulle tot lewe ontwaak en bring hulle My Woord in liefde en die krag van My Woord sal wondere verrig. Die siele sal ontwaak tot lewe en die lig sien en hulle sal die lewe nooit meer verloor nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205