BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 189

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Jesus Christus - Leidsman op die goeie weg 5733 Julle word waarlik die goeie weg gewys, indien julle maar bereid sal wees om hierdie weg te gaan. Dan hoef julle julself slegs aan My leiding toe te vertrou en julle sal in die rigting van die goeie weg gehelp word, omdat Ek maar net daarop wag dat julle julself sal besin en dat julle sal wil doen wat jul eintlike opdrag is op aarde, dat julle sal wil hê dat julle wandel op aarde juis en regmatig moet wees. Dan sal Ek die leiding oor julle neem, want julle huidige wil gee My die reg. As die mens Jesus het Ek julle hierdie weg voorgegaan, as die mens Jesus het Ek julle die doel getoon, wat julle ook moet nastreef. As die mens Jesus het Ek julle die bewys gelewer van wat 'n mens kan volbring indien hy die weg gaan. En daarom bring Ek julle steeds weer Sy weg oor die aarde onder oë, Ek wys julle op Hom wat Ek vir julle na benede gestuur het, dat Hy julle kan help om dieselfde weg te gaan, omdat slegs hierdie weg na My lei, na julle God en Vader van ewigheid. Hy het die doel op aarde bereik, Hy het as volmaakte wese - as omhulling van Myself - opgevaar na die hemel en Ek het My dissipels op aarde hierdie gebeurtenis laat deurmaak sodat hulle 'n bewys kom hê van wat 'n mens op aarde kan bereik, sodat hulle My in Jesus Christus kon sien, wat Hom vir ewig met Sy Hemelse Vader aaneengesluit het en dus verenig was met My vir alle ewigheid. En Ek wil dat julle almal met My verenig, dat julle almal terugkeer na My as My kinders, dat julle almal die weg sal gaan wat slegs tot in die Vaderhuis lei, waarvan julle eens uitgegaan het. Maar julle dwaal rond en ken nie hierdie weg nie. Julle sal dit nie vind nie, omdat julle dit nie soek nie. Julle leef op aarde en julle is nie bewus van jul bestemming nie. Julle gaan oor 'n breë straat wat nooit na die doel voer nie, omdat dit nie die weg is wat Jesus gegaan het nie. En daarom moet Ek steeds weer boodskappers aan julle stuur wat julle die regte pad moet aantoon en wat julle wil lei op die goeie weg. Ek moet julle mense vertroud maak met die Woord van Jesus Christus wat Hy in My opdrag op aarde onderrig het, die Woord wat Ek Self deur Hom gespreek het tot die mense wat daarna geluister het, omdat hulle geglo het in My, Wie deur Hom gespreek het. Hierdie Woord van Hom sal julle weer op die goeie weg wys en na hierdie Woord van Hom moet julle luister, omdat dit getuienis gee van My, Wie Self die Weg is, die Waarheid en die Lewe. En as julle na hierdie Woord luister, sal julle die weg gewys word wat na die doel lei en niemand, - wat homself heeltemal aan My toevertrou het, wat My wil bereik, - sal kan sê dat hulle sonder leiding gebly het op aarde en nie die wil gehad het om nie ’n nuttelose lewe te lei nie, maar het die doel bereik wat vir hom gestel is gedurende sy lewe op aarde. Julle word voortdurend aanwysings gestuur, omdat Ek geen mens aan sy lot oorlaat nie. Inteendeel, Ek is bekommerd oor almal, dat hulle die goeie weg sal vind, maar Ek kan My nie ontferm oor wie sonder besef van verantwoordelikheid verder leef nie, want vir My om hom te kan lei, moet hy hom in vrye wil aan My toevertrou. Waar hierdie wil ontbreek, bly Ek op die agtergrond. Maar steeds word dit vir hom maklik gemaak om die goeie weg te betree, maar nooit word daar dwang uitgeoefen nie. Ek verlang steeds sy eie wil, om dan sy hand te kan vasgryp en hom na bo te lei, want Ek kan julle wel raad gee en help, maar Ek sal julle nie dwing nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205