BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 464

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die oopmaak van die poort na geluksaligheid 6367 Volg My na die ryk wat Ek vir julle geopen het. Gaan dieselfde weg as wat Ek gegaan het en julle sal julle doel bereik, naamlik die vereniging met die ewige Liefde, 'n lewe in ewige geluksaligheid. As mens het Ek op aarde hierdie weg bewustelik gegaan, want die Ewige Liefde het My getrek, waarteen Ek My nie verset het nie, omdat Ek My hemelse Vader met alle liefde toegedaan was. Die Liefde vir Hom was in My en het steeds groter geword, hoe langer Ek op aarde vertoef het. En deur hierdie Liefde wat My vervul het, het Ek ook die onuitspreeklike nood van My medemens gesien by wie die liefde heeltemal ontbreek het en wie daarom kragteloos op die grond gelê het, gekluister deur 'n mag wat totaal sonder enige liefde was. Ek het hierdie kennis deur My Liefde verkry en hierdie kennis het weer My Liefde vermeerder. Want My Liefde het ook gegeld vir die ongelukkige broeders wat eens in die lig gestaan het en onmeetlik diep in die duisternis gestort het. Ek het deur die invloei van Liefde altyd magtiger geword en Ek het daarom sterk genoeg gevoel om te stry teen hom wat My broers gevange gehou het. Want Ek het geweet dat My hemelse Vader nooit die liefdeskrag van My sou onttrek nie, maar slegs sou vermeerder, omdat Ek Sy kinders vir Hom wou terugbring, wie ook aan Sy Liefde behoort het, maar wie Sy teenstander in sy mag gehad het. Maar die stryd teen hom het 'n ongelooflike Liefdesoffer vereis. Ek moes hom oorwin met 'n daad van Liefde, waardeur sy mag gebreek kon word. Ek moes vir alle gevalle broeders iets offer om hulle vry te koop van die een wat hulle gepynig het. Ek moes die losprys betaal, want hy wou die siele wat aan hom behoort het sedert die val in die diepte, nie laat los nie. En so het Ek My lewe aan die kruis geoffer. My oorgrote Liefde het My daartoe aangespoor en Ek het vurig verlang na die Liefde van die Vader. En Hy het Haar aan My geskenk, deurdat Hy My totaal vervul en so het die Vader heeltemal besit van My geneem. En alles wat Ek nou gedoen het, het die Vader volbring in My. En so het Ek die weg na die kruis gegaan, weliswaar as Mens, maar gedrewe deur die Liefde in My, Wie nie anders kon as om redding te bring aan die gevallenes wat in groot nood gesmag het nie. En My kruisweg het regstreeks na die Vader gevoer. Die poort was oop en dit het oopgebly vir elkeen wat dieselfde weg sou gaan as Ek, naamlik die weg van liefde. Om die weg van die liefde te bewandel beteken om voortdurend nader te kom aan die Ewige Liefde en om dus ook binne te gaan in die ryk van lig en geluksaligheid. Want ‘n liefdevolle mens is vervul met die Krag van God en hy sal homself uit die boeie kan bevry wanneer hy My navolg, wanneer hy na My kyk, wanneer hy My in sy hart dra, wanneer hy My liefhet soos wat die Mens Jesus My liefgehad het. Want deur die liefde trek hy My tot homself en ontvang onbeperkte krag om die weg van navolging van Jesus te gaan. Daar is geen ander weg na My toe as die van die Goddelike Verlosser Jesus Christus nie. Hy was My Seun, Wie Ek na die aarde gestuur het, Wie met 'n hart wat met Liefde vervul was, voortdurend na My en My Liefde verlang het en in wie Ek - as die Ewige Liefde - My dan ook kon beliggaam. Hy het die werk van verlossing volbring, omdat Sy Liefde uitgegaan het na julle as Sy gevalle broeders. En terwille van hierdie groot Liefde het Ek die poorte na die paradys geopen, na die ewige geluksaligheid, waardeur julle almal sal kan binnegaan; julle, wat Jesus Christus, die Verlosser van die mensdom sal navolg, wie die weg van die liefde sal gaan wat onherroeplik na My sal lei. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205