BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 493

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Oortuigde erkenning van Jesus Christus 6449 Niemand kan homself bevry uit die kettings van satan sonder Jesus Christus nie. Maar dit help niks as die mens homself slegs in naam ’n Christen noem nie en hy Jesus nie bewustelik afwys nie. Vooraf moet die mens homself opreg aan Hom oorgegee het. Hy moet bewus wees van sy skuld. Hy moet sy eie onvolmaaktheid insien en glo dat Jesus Christus hom van sy skuld en swakheid kan verlos en vir Jesus Christus bewustelik daarom vra. Dus moet hy onder sy kruis plaasneem. Dit moet vir elke mens duidelik word dat die verlossing deur Jesus Christus geen formele, algemene daad is wat volgens 'n vaste patroon aan almal voltrek word nie. Dit moet vir hom duidelik wees dat hy self iets daarvoor moet doen om te deel in die verlossing deur Jesus Christus. Jesus het wel alle mense verlos. Dit wil sê: Niemand is uitgesluit van Sy werk van barmhartigheid nie. Maar teen die wil van die mens in, kan hy nie verlos word nie. Die mens moet vooraf sy wil te kenne gee om deur Hom verlos te wil word. En daarom is dit 'n heeltemal bewustelike aangeleentheid, wat in die eerste plek vereis dat ’n mens hom deur middel van gedagtes met die probleem van die menswording van God en die kruisdood van Jesus Christus besighou, dat mens Jesus Christus bewustelik bely en dan ook volgens Sy wil op aarde leef. Die oortuigde erkenning van Jesus Christus sal ook die mens na Hom om hulp laat roep, wat hom ter wille van die verlossingswerk ook beslis ten deel sal val. Om verlos te wees beteken om bevry te word uit die mag van hom wat die mens na benede trek. Om verlos te wees beteken om onbesorg opwaarts te kan streef, wat vóór die kruisdood van Jesus nie moontlik was nie, want die teenstander van God het geen siel vrygelaat nie. Maar hoeveel mense is daar nie op aarde nie, wat meen om “Christen” te wees, dus reg te hê op die verlossing deur Hom, maar wat Jesus Christus slegs met die mond bely. Hulle glo om daardeur die vermeende lot vry te spring van diegene wat in hul oë heidene is. Hulle glo dat hulle “geloof” in Jesus Christus en Sy verlossingswerk voldoende is, wat egter tog net 'n “vormgeloof” is, solank die innerlike verandering na 'n Christen wat lewend glo, nog nie by hom plaasgevind het nie. Maar daarom sal die vormchristene ook geen weerstand kan bied, wanneer hulle gedwing word om 'n finale besluit te neem nie. Hulle sal dan die geloof lighartig opgee, omdat dit nog nie lewendig in hulle is nie. En hulle sal getuienis daarvoor aflê, dat hulle ware heidene is en was, wat hulle net 'n valse naam gegee het. Maar daar is geen verlossing sonder Jesus Christus nie. En daarom beteken hierdie laaste besluit 'n versterkte band, waarmee die teenstander van God hul bind. En om van hierdie band vry te word, sal ’n ondenkbare lang tyd duur, alvorens Jesus Christus hulle weereens die hand sal reik, Wie hulle in die lewe nie wou sien nie en daarom ook nie vasgegryp het nie. Hoe maklik sou alle mense nog aan hierdie groot gevaar kan ontsnap, omdat Jesus Christus oral in die wêreld verkondig word, en sy Naam oral met oortuigingskrag bely word, sodat elke mens onder die indruk daarvan sou kon kom en eens ernstig sou kon nadink oor die betekenis van Sy verlossingswerk. Sodra die wil daartoe aanwesig is, sal Jesus Christus help en Homself by die mens in herinnering bring. Hy sal deur middel van gedagtes Self tot hom spreek en dit vir hom waarlik maklik maak om die weg na Hom te gaan, wanneer slegs die wil teenwoordig sou wees om lig te verkry oor die vraag, wat waarlik die vernaamste is vir julle mense. Maar die vormgelowige is niks beter as die ongelowige nie, want hy is net so vêr verwyder van Jesus Christus as die ander. En daarom is daar groot nood onder die mense en slegs weinig mense sal aan hierdie nood ontsnap. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205