BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 583

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Wat is die Siel? 6647 Volledige onwetendheid heers nog oor sulke probleme waar die menslike verstand nie toereikend is om dit op te los nie, waar die Gees van God aan die werk moet wees, Wie se werke egter selde erken word. Want slegs Hy het mag om ‘n duidelike antwoord te gee, wanneer vrae gestel word rakende onopgeloste probleme. Maar ook die resultate van sulke aktiwiteite van die Gees, wat tog slegs sal beantwoord aan die waarheid, word betwyfel en van watter aard ‘n vraag nou ookal mag wees, sal die antwoord altyd alleen korrek wees wat God Self aan die mens deur Sy Gees ingee. Gees mag mens egter nie verwar met verstand nie, want die verstand kan ook net so goed die verkeerde rigting ingaan. En daar word geen waarborg gegee dat verstandelike resultate met die waarheid ooreenstem nie, anders sou soveel menings nie veld probeer wen het nie, - wat almal aanspraak maak op die waarheid - en wat slegs deur die verstand verkry is. Die Gees is egter die straal wat van die Ewige Waarheid Self uitgaan en opheldering gee, dit wil sê, insig in dit wat die verstand slegs aanneem, maar waarvan geen bewyse gegee kan word nie. God se Gees gee egter die volste innerlike oortuiging en ‘n ongetwyfelde opheldering, ook sonder gebruikmaking van die verstand. Vir geen mens sal die begrip “siel” begryplik gemaak kan word wat nie vir homself alreeds ‘n klein sprankie geestelike kennis verwerf het nie, want die siel is iets geestelik. Sy is nie aards of stoflik nie en kan daarom ook maar slegs geestelik verklaar word. Die siel is die fluïdum (uitwaseming – uitstroming) wat aan die liggaam, naamlik die omhullende vorm, eers die lewe gee. Die siel is dus die “eintlike ek” van die mens en kan nie gesien word nie, maar is altyd aanwesig, solank die een of ander krag homself uitdruk in hierdie uiterlike vorm. Die mens was geen ek-bewuste wese toe die siel nie in hom aanwesig was nie. Die siel is die eertydse van God uitgestraalde krag wat Hy as iets wesenlik buite Homself gestel het en wat Hy ‘n selfstandige lewe gegee het. Daardeur was die wese toegerus met ‘n vrye wil en was tot denke bekwaam. Dit en waarom nou in die aardse die wesenlike, naamlik die siel, in die menslike liggaam gehuisves is, is ‘n kennis op sy eie. Maar eerstens moet julle daarop gewys word dat die siel die oorsaak is dat die mens kan dink, voel en wil. Vêrder moet dit uiteengesit word dat die siel die stimulans is van alle organe, dat elke handeling van die liggaam, elke wilsimpuls en alle gevoelens die uiting van die siel is wat haarself in die liggaam bevind. Dat sy op sigself iets geestelik is wat nie met die menslike oog aanskou kan word nie, wat egter wanneer sy gesien sou kon word, heeltemal gelyk sal wees aan die menslik liggaamlike omhulsel. Sy is dit wat na die dood van die liggaam bly voortbestaan en dan ook aanskou kan word deur siele met ‘n bepaalde graad van rypheid, wat geestelike aanskouing moontlik maak. Sy kan ook nie verklaar word as die een of ander stoflike substansie wat aan die liggaam behoort nie. Sy is en bly geestelike substansie, dus ‘n geestelike uitstraling van God wat op aarde haar doel moet vervul. Sy is ook onkwetsbaar en onverganklik, kan haarself egter van ander siele onderskei deur die straling van haar “lig” en die bedoeling van die aardse lewe is om haar graad van lig te verhoog wat sy eens vrywillig verduister het. Dit is vir geen mens moontlik om die wese van die siel te verklaar wat haar suiwer wetenskaplik wil ondersoek nie, omdat die siel nie met die menslike verstand begryp of deurgrond kan word nie. Sy is en bly Krag uit God, Wie se Wese ook eweneens ondeurgrondelik is en sal bly, maar wat nie deur menslike denke ontken kan word nie. Dus is die siel die “eintlike ek” van die mens wat nie gedefinieer kan word nie, sy bestaan en kan nie bewys word nie, wat aan die liggaamlike organe die funksies aanwys, wat egter ook kan bestaan sonder liggaam. Terwyl aan die ander kant, die liggaam sonder siel heeltemal lewelose materie is, ofskoon alle organe nog onveranderd is. Want die lewe ontbreek so gou as wat die siel die uiterlike liggaam verlaat, omdat die liggaam dit kortkom wat hom tot werksaamheid aanspoor, wat die organe aandryf tot die nakoming van hulle funksies, wat in vrye wil rigtinggewend inwerk op die denkorgane en wat elke gevoelsopwelling in die mens teweegbring. En hierdie denkende, willende en ook voelende iets, die siel, beweeg haarself na die dood na ander sfere, maar is steeds dieselfde wese wat die liggaam voorheen bewoon het. En sy kan daarom in die ryk hierna ook herken word, waarvoor daar egter ‘n bepaalde graad van geestelike volmaaktheid vereis word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205