BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 304

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Opstanding van die vlees 6000 Die wil om die Waarheid te ken, verseker die ware denke en die korrekte insig. Julle wat in die Waarheid wil wandel, julle sal die suiwerste Waarheid ontvang en geen dwaling hoef te vrees nie – julle sal altyd geseënd wees wanneer julle die Waarheid wil versprei. Wat egter nog vir julle onduidelik is – wat julle nog aanleiding tot twyfel gee – lê dit aan My voor, sodat Ek julle kan onderrig en dit dan kan lig word in julle. Die leer van die “opstanding van die vlees” soos julle mense dit graag wil opneem, is ongegrond indien julle al iets van die geestelike weet, wanneer julle nader aan die Waarheid gekom het en gepoog het om die betekenis van al My Woorde geestelik te verklaar. Want wat Ek vertel het is Waarheid, wat ewig onveranderlik sal bly bestaan. Maar die betekenis wat julle meen om daarin te lees, het Ek waarlik nie in My Woord gelê nie. Vir elke mens wat ernstig na die Waarheid soek, is dit egter moontlik om die geestelike betekenis van My Woorde te begryp. Wie My vir opheldering sal vra, wie dus probeer om tot die Waarheid deur te dring, die sal ook spoedig helder en duidelik die geestelike betekenis van die Woord insien en hy sal nie meer in die letter bly vassteek nie. Die “opstanding van die vlees”. Hierdie woorde beteken vir julle dieselfde as die lewe ná die dood. En vir julle mense beteken “lewe” dieselfde as om liggaamlik rond te loop. So sal julle hierdie woorde uitlê, solank as wat julle Gees nog nie ontwaak het nie en solank julle nog nie weet wat eintlik onder “lewe” te verstaan is nie. Mense wat nie aan ‘n lewe na die dood glo nie, dink dat hul bestaan eindig by hul liggaamlike dood. Vir hulle beteken die verblyf in hul liggaamlike omhulsel “lewe”. Hulle weet dat hulle die omhulsel deur die dood sal verloor, maar hulle glo nie aan die drie dele nl. liggaam, siel en Gees nie. Vir hulle bestaan slegs die liggaam, ‘die vlees’ en met die dood daarvan hou die begrip “lewe” op om vir hulle te bestaan. Die “opstanding van die vlees” beteken vir hulle die opstanding van die liggaam. Hulle verstaan daaronder slegs hul liggaamlike omhulsel. En vir hulle is die leer van die “opstanding van die vlees” moeilik te begryp, terwyl van kerklike kant geëis word om dit te glo. En tog kan hierdie leer ook nog tot ‘n seën wees as die mens daardeur aan ‘n “opstanding”, aan ‘n lewe ná die dood glo. Want deur dit te glo, verander hy miskien ook sy wese en hierdie verandering kan tot sy ontwaking lei, tot ‘n deurstraling met My Gees. Dan sal hy ook die woorde “opstanding van die vlees” snap en dan sal hy ook die geestelike betekenis daarvan verstaan. Opstanding beteken: Om vanuit die dood tot die lewe te ontwaak, om op te staan uit ‘n toestand van slaap, - om uit die donker in die lig te tree. En so sal ook alles aan die lig kom wat voorheen in die donker van die geestelike nag verborge gelê het. Dit sal opstaan en geopenbaar word, dit sal lewend word om te getuig. In ‘n toestand van dood kan nie getuienis afgelê word nie. Maar wat in die lewe gebeur, in die toestand waarin julle op aarde in die vlees leef, sal dit openbaar word en opstaan om vir of teen julle te getuig. Dit is nie die materiële vleeslike liggaam wat weer uit die stof opstaan om julle opnuut te beklee met ‘n nuwe lewe nie. Want die vleeslike liggaam is slegs ‘n verganklike omhulsel vir die siel, wie egter onverganklik is en nie kan sterf nie. Die “geestelike dood” kan julle deel wees, by die skeiding van hierdie aarde, maar julle kan ook in die hiernamaals nog tot die lewe ontwaak. Julle kan dus nog daar “opstaan”, indien julle die weg tot My in Jesus Christus kan vind en Ek julle die lewe gee. In Jesus Christus het Ek ook “vlees” aangeneem toe Ek na die aarde gekom het en die “vlees” moes die aardse dood deurstaan. Maar Ek het uit die dood verrys om aan julle te wys dat julle lewe ook nie met die dood van die liggaam eindig nie, dat julle siele ook kan opstaan en vir ewig lewe. Ek het egter as teken van die Waarheid van My Woorde ook My Liggaam laat opstaan. Nogtans was dit geen opstanding van die vlees nie, - want My Liggaam was vergeestelik. Die Siel het Haarself beklee met die geestelike kleed, Sy het alle geestelike substansies van die aardse liggaam onttrek, omdat Sy deur My lewe en dood reeds heeltemal vergeestelik was. Die stoflike substansies van die liggaam, wat eintlik geestelike substansies is, het hul eindbestemming reeds op aarde bereik en kon hulleself by die Siel aansluit. En omdat Ek dit so wou hê, kon dit sigbaar geskied, tot versterking van die geloof van My dissipels. En omdat dit wat geestelik volmaak is, nie aan die aarde gebonde is nie, kon Ek Myself na geestelike sfere verhef, toe Ek opgevaar het na die Hemel. En so sal julle mense ook na julle afsterwe ‘n liggaam hê, ‘n geestelike kleed, maar dit sal soos julle vlees lyk, want wat julle gesaai het, sal julle maai. Indien julle gesondig het in die vlees, dan sal julle sielekleed dit verraai. Indien julle goeie dade en werke verrig het, dan sal julle “skyn” en so vir elkeen kenbaar wees. Maar nooit sal julle siel haarself weer beklee met die sware aardse kleed wat slegs vir hierdie korte aardse tyd haar blyplek was, om in die materiële wêreld haar opdrag te vervul nie. Wie die betekenis en die doel van die materiële skepping ken - die ontwikkelingsgang van die gevalle geeste deur die skepping, met die doel om die weg omhoog te gaan, na My, die het nie meer opheldering nodig nie. Maar hy moet ook die leer van die “opstanding van die vlees”, - wat deur verkeerde uitleg onsinnig is, kan weerlê. As julle egter beslis van die opstanding van die “vlees” wil praat, neem dan genoeë met hierdie uitleg, naamlik dat My Woord sal opstaan om te getuig, vír of téén julle. Want Ek is die vleesgeworde Woord en Ek benader elke mens in die Woord. En as die laaste dag aangebreek het en julle almal voor die Regter moet verskyn, dan sal My Woord vir julle tot ‘n oordeel word, julle wat My Woord aangeneem het, maar dit volgens julle eie wil gebruik het. Die vlees sal opstaan, want dit word vir julle as voedsel aangebied. Julle moet “My vlees eet en My bloed drink” dit wil sê, julle moet My Woord hongerig aanneem en julle daardeur laat versterk. Want julle sal julleself moet verantwoord voor My hoe julle My Liefdesgawe benut het. Hierdie uitleg is heeltemal volgens die Waarheid. Dit moet julle aanspoor om julle lewe in die vlees op hierdie aarde goed te gebruik, deurdat julle julleself deur My te ete en te drinke sal laat gee, Ek, Wie die Woord van ewigheid is, Wie om julle ontwil “vlees” geword het. Uit beide uitleggings sal ware Wysheid julle tegemoet straal, selfs al het julle nog nie in die geestelike kennis deurgedring nie. En elke uitleg van My sal julle bereidwillig aanneem, indien julle ‘n ontwaakte gees sal hê. Want elkeen sal julle kan bevredig, terwyl die verkeerde uitleg van My Woord ‘n afkeer in julle sal opwek, of sou opwek, omdat hierdie verkeerde uitleg afkomstig is van My teenstander, wie se doel dit is om die gedagtes van die mense te verwar, om hulle van die Waarheid af te bring en hul alle geloof in ‘n lewe na die dood te ontneem. So 'n verkeerde uitleg getuig ook van die geestelike lae vlak van die mense, in die besonder hulle wie My Woord aan die mense bring, maar self nog nie tot die geestelike betekenis van My Woord kon deurdring nie. Die letter maak dood, die Gees maak lewend. En vir hierdie Gees moet julle almal vra. Julle moet bid dat julle denke verlig sal word en julle moet strewe na die suiwer Waarheid en julle gebed sal dan waarlik weerklank by My vind. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205