BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Kosmiese strominge 5321 Die gees in julle moet werksaam word, indien julle oor alle dinge duidelikheid wil hê, wanneer julle korrek wil dink en in die Goddelike Waarheid wil verkeer. Die korrekte begrip kan nie aan julle mense gegee word nie, julle sal veel eerder eers die voorwaardes wat julle ‘n volledige begrip waarborg, moet nakom en hierdie voorwaarde is nou eenmaal dat julle die gees in julle moet laat ontwaak, omdat hy julle onderrig, julle denke korrek lei en julle die begrip gee vir hoër Wysheid, wat julle as mens, sonder hulp en met slegs julle verstandelike denke, nie sal kan begryp nie. Dit is totaal onmoontlik om die Goddelike skeppingsgeheime te wil deurdring sonder die hulp van die Gees, wat as deel van God, alles weet en ook julle mense van kennis kan voorsien. Sonder die werksaamheid van die Gees sal julle dus nooit insig verkry in die Goddelike skeppings- en heilsplan, of, indien die kennis daaroor van buite af vir julle gebring word, dit kan begryp nie. Wat julle egter daaroor deur die Gees van God verskaf word, is die volle Waarheid en sal julle insig vergroot, want Sy het van God uitgegaan, Sy is ‘n regstreekse oordrag van die Waarheid wat Haar oorsprong in God het. Die hele skepping, aards en geestelik, is tot stand gebring deur die Wil van God, in Sy Liefde gegrondves en Sy Wysheid bepaal die doel daarvan. Dus is elke skeppingswerk se ontstaan en doelmatigheid met Wysheid deurdag en in die hele skepping ingepas, soos wat God dit van ewigheid af, as in hoë mate heilsaam, ingesien het vir die gees wat homself positief moes ontwikkel. Elke skeppingswerk is die voltooiing van ‘n ander en die hele geestelike en aardse skepping is ‘n onbegryplike, geestelik saamgestelde geheel wat wag op sy ontbinding. Die mens is slegs in staat om die kleinste stukkie in sy gees op te neem en dus moet hy homself ook tevrede stel met verklarings wat slegs ‘n swak denkbeeld aan hom gee, wat die sin en doel van dit wat uit God se skeppende Hand voortgekom het, slegs in growwe trekke begryplik maak. Dit pas nie die mens om die diepste geheime te wil deurgrond, terwyl hy nog in aardse materiële omhulsel op aarde is nie, omdat sy geestelike horison begrens is, omdat hy nie die voorstellingsvermoë het om skeppings wat buite die aarde bestaan, te kan begryp nie. Vir sy liggaamlike oë is tallose sterre egter sigbaar, wat dus ook as skeppings van God in die oneindige heelal rondtrek en hulself op oneindige afstand van die mens in bane beweeg wat volgens wetlike orde bepaal is. Hierdie sterre is wel vir hom sigbaar, maar kan nie met die verstand ondersoek word nie. Dit is wêrelde waar óf ‘n soort vooropleiding, óf die vêrdere ontwikkeling van menslike siele plaasvind, omdat daar ontelbare sfere is wat dié siele, wat tallose verskillende grade van volwassenheid besit, as verblyfplek dien. Beskou alle sterre wat julle met die oë kan sien as verblyfplekke vir vêrdere ontwikkeling van die gees, dan is die sin en doel van die sterre al op sy duidelikste vir julle verklaar. Die hele skepping, dus alle hemelliggame van aards materiële of geestelike aard, word deur ‘n Wil gelei en alle skeppingswerke is onderworpe aan die wet van die ewige ordening, waarvan die grondlegger die Goddelike Skepper Self is. Daar kan in die totale heelal niks gebeur wat buite die wetlike orde is nie, alles moet binne die orde van die wet plaasvind, aangesien God die skepping andersins sou laat verval het, indien Hy teen Sy wetlike orde sou optree. Die mens moet eers dié insig hê om te kan begryp dat daar geen willekeurige gebeurtenisse op aarde, of in die kosmos kan plaasvind nie, omdat elke gebeurtenis in die ewige basiswet ingereken is en geopenbaar word soos wat God dit sedert ewigheid as sinvol vir die geestelike ontwikkeling ingesien het. In tye wanneer mense die punt bereik om dié dinge verstandelik te ondersoek, dink hulle vir hulself reëls uit wat vir waarheid sal instaan en ook sal geld vir toekomstige gebeurtenisse. Weliswaar is daar dan ‘n mate van ooreenkoms met die Wet en kan die mens homself dus aan hierdie wet onderwerp, deur hom by die wet aan te pas, nie bedoelend om die wet te beheer nie, maar dat hy wil weet wat, volgens die natuurwet, vir hom verborge moet bly, deurdat hy die lot, die lewensverloop van ’n mens wil bepaal d.m.v. die hemelliggame wat volgens ’n Goddelike Wet rondsirkel. Julle sal jul afvra of dit wel goed sou wees om tydens julle lewe alle gebeurtenisse en besonderhede vooruit te weet en julle sal nie in die minste wonder hoe julle vrye wil dan verdedig kan word nie, julle sal wonder of julle dan wel van ‘n lewenstaak sou kon praat, van ‘n positiewe geestelike ontwikkeling in vrye wil. Dit alles sou wegval indien dit moontlik sou wees om volgens die beweging van die sterre berekeninge te maak wat die verloop van julle lewens sou moes bepaal. Daar is wel Goddelike wette waarvolgens die lewens verloop, of die lot van die mens, homself ontwikkel, maar die mense kan nooit insig verkry in hierdie wet nie, kennis daaroor is nie vir hulle toeganklik nie, omdat God andersins nie die toekoms vir die mens verborge sou hou nie, wat juis ook ’n wet is wat in Sy Wysheid en Liefde gegrondves is. Maar in die hele skepping bestaan daar tussen die afsonderlike skeppingswerke ‘n onloënbare samehang en ook straal elke hemelliggaam bepaalde kragte uit wat deur ander hemelliggame opgevang word, wat nie sonder invloed bly nie. Dit is kosmiese strominge, juis as gevolg van goddelike wette, veroorsaak deur die natuur. Hierdie strominge werk so nou en dan ook op die mens in om hom min of meer aan te spoor, maar soms ook verlammend, om welke rede ‘n suiwer natuurlike invloed van die hemelliggame op die mens nie ontken kan word nie, wat die geestelike ontwikkeling egter op geen enkele manier beïnvloed nie, maar slegs liggaamlik ervaar kan word. En hierdie kosmiese strominge kan ook 'n opbouende of verwoestende uitwerking hê, maar natuurkatastrofes kan nie met volstrekte sekerheid volgens vaste periodes bereken word nie, aangesien sulke voorspellinge, (wat die periodieke terugkeer van die katastrofe vasstel) andersins die grootste verwarring onder die mense sou aanrig en daarom ‘n hindernis beteken vir die geestelike ontwikkeling in vrye wil. Die mens kan ook so nou en dan aan kosmiese invloede blootgestel word, maar hulle word nooit daardeur tot ‘n beslissing gedwing wat bepalend is vir die geestelike ontwikkeling nie. Maar die verlange om dit wat verborge is te onthul, kan nie deur die mens bevredig word nie want wat God verborge hou, sal die mens nie kan blootlê nie, tensy God dit vir hulle laat weet om hulle te help om opwaarts te gaan, indien Hyself toekomstige dinge bekendmaak om die mense teen die gevaar van ‘n val in die diepte te behoed. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205