BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 571

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Gedwonge handelinge is sonder waarde vir die ewigheid 6621 Wat julle gedwonge moet verrig, bring julle nie tot saligheid nie. Wat julle ookal doen, moet uit ‘n mate van liefde ontspring, julle moet dit - vrywillig - uit liefde - doen, indien julle verlang dat dit vir julle geestelike seën sal oplewer om julle tot voltooiing te bring. En daarom kan die vervulling van ’n gebod nooit ‘n positiewe ontwikkeling daarmee saambring nie, tensy die gebod van die liefde nageleef word, wat Ek Self vir julle as die belangrikste en vernaamste gebod gegee het, wat egter nie tot ‘n wetlike gebod gereken kan word nie, omdat die liefde iets vry is, wat geen dwang verdra nie. Julle moet dus in die liefde lewe om salig te kan word. En dit wil Ek deur My gebod bereik. Maar werke wat sonder liefde gedoen word, is nog geen vervulling van My gebooie van die liefde nie. Want Ek het julle nie beveel om werke te verrig nie, maar om liefde te beoefen. En hierdie liefde kan nie onder dwang geëis word nie, die liefde moet uit ‘n vrye wil gebeur en vanuit die hart ontspring. En so neem Ek dus alles as sonder nut vir die ewigheid wat uit dwang gedoen word, selfs wanneer dit goeie werke is, want dit het nie die ware liefde as beweegrede nie, wat aan die siel die hoogste (geestelike) goedere sou kon oplewer. As die verrig van goeie werke sonder liefde egter nutteloos is vir die ewigheid, hoeveel nutteloser sal die nalewe van die gebooie dan wees wat deur mense aan julle gegee word. Slegs dit wat julle vry vanuit julleself doen, word deur My gewaardeer volgens die graad van julle liefde, nooit ag Ek egter dit wat julle moet doen om pligte te vervul wat van julle geëis word nie, - tensy julle daartoe ook nie deur ‘n gebod gedryf word nie, maar deur die liefde tot My. Hierdie onderskeid moet julle steeds maak en ken, dat slegs liefde elke daad en elke gedagte eers waarde gee en dat alles egter waardeloos is, wanneer die liefde ontbreek. Onderwerp dan julle denke en handeling aan ‘n ernstige ondersoek, dan sal julle ook spoedig insien of julle vir julleself geestelike rykdomme versamel het en of julle tot nou toe arm gebly het. En julle sal ook besef dat Ek nie die grondlegger van gebooie kan wees wat pligmatig vervul moet word nie, wat handelinge voorskryf waarop streng gelet word op die nalewing daarvan nie. Julle sal ook insien dat dit voorwaardes is wat Ek nie kon gestel het nie, omdat dit ‘n sekere dwang vir die mense inhou, wat ongegrond is - en dwang nie volgens My Wil is nie. Ek waardeer slegs wat die vrye wil doen, want slegs om die rede het Ek julle die vrye wil in die stadium as mens teruggee, omdat julle die wil moet beproef. Julle moet self oor julle lot in die ewigheid beslis en sodat julle julle wil korrek kan gebruik, moet julle ook korrek onderrig word. Slegs die laasgenoemde is die taak wat Ek vir My dissipels gestel het toe Ek op aarde geleef het en wat Ek steeds aan My volgelinge op aarde stel, naamlik om te onderrig en om My Wil aan die mense te verkondig. Nooit het Ek egter opdrag gegee om wette uit te vaardig en die mense te dwing om hulle aan hierdie wette te hou deur te dreig met tydelike of ewige straf nie. Die mense moet die gevolge van ‘n lewe in liefde, asook van ‘n liefdelose lewe, voorgehou word en dit sou ook voldoende wees. Die mense moet egter geen vrees en angs ingejaag word deur te dreig met ewige straf - en daardeur daartoe gebring word om nougeset alles te doen wat daar van hulle verlang word nie. Sulke handelinge uit dwang sal daartoe bydra dat die liefde eerder verstik sal word as wat dit sal ontvlam. Alle geestelike dwang is dus te veroordeel, want dit verhinder die mense om vrye keuses te maak. Slegs die liefde gee die siel ‘n lewe in geluksaligheid, die liefde duld egter geen dwang nie, omdat sy andersins nie liefde genoem kan word nie. En daarom moet iedereen met homself in die reine kom, met al sy denke en handelinge, - of dit deur die liefde bewerkstellig word, of dit alleen ‘n nalewe van wette is wat sogenaamd deur My uitgevaardig was. Ek vra niks anders van julle nie as slegs liefde vir My en vir die naaste, wat julle My egter in vrye wil moet skenk. Eers dan vervul julle My gebod en kan julle daardeur vir ewig geluksalig word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205