BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 387

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die werk van verlossing - Losprys – Vrye wil 6189 Ek het aan die gevange siele hulp in hul nood gebring, want hulle voel die slawerny en kan hulself nie bevry nie. Hulle was gevange geneem deur 'n gebieder wat sterk en genadeloos is, by wie alle liefde ontbreek en wat sy slawe in harde boeie geslaan het wat hulle nie sonder hulp kan losmaak nie. Hierdie hulp bring Ek nou aan die mense, omdat Ek as Heer en Gebieder ook die mag het om die boeie los te maak. Maar eers moes Ek hom oorwin. Ek moes met hom die stryd aanknoop. Ek moes eers die reg verwerf om sy eiendom te bevry, want julle mense was sy eiendom, omdat julle julself vrywillig aan hom oorgegee het. Julle nood was julle eie skuld, maar Ek het medelye gehad met die mensdom, omdat Ek My skepsele liefgehad het, ten spyte daarvan dat hulle hulself vrywillig van My afgekeer het. En dus het Ek My teenstander tot die stryd gedwing. En Ek het hom oorwin met die wapen van Liefde. Ek het hom 'n hoë losprys aangebied. Ek het My vrywillig aan die kruis laat slaan. Ek het My lewe aan die kruis gegee om aan hom te bewys dat My Liefde vir julle mense tot alles in staat was, om aan julle redding te bring. Ek het sy slawe en beule ongehinderd hulle afskuwelike dade teenoor My laat voltrek. My Liefde vir julle mense was so groot, dat Ek alle lyding en smarte op My geneem het om julle daarvan te bevry. My teenstander en sy aanhang kon met My doen, wat julle deur julle afval van My verdien het en wat hy met julle wou doen, as Ek julle nie gered het uit sy mag nie. Ek het dus die sondeskuld vir julle betaal. Ek het My in sy hande gegee, sodat hy homself op My kon uitwoed, ofskoon Ek nie van hom was nie. En hy moes julle daarvoor vrylaat, omdat Ek namens julle boete gedoen het. Ek het die stryd teen hom opgeneem, maar Ek het net gestry met die wapen van die Liefde. Ek het egter sy mag gebreek, wat hy nou nie meer op julle kon uitoefen nie, omdat julle vry geword het van sy mag deur My verlossingswerk. Hy kan net onbeperk heers waar Ek en My verlossingswerk nie erken word nie. Want hulle bly vrywillig in sy mag en sal ook solank daaraan prysgegee word totdat hulle na My sal roep sodat Ek hulle kan help in hul nood. Die losprys het Ek vir alle siele betaal. Dus kan My teenstander geen siel in die diepte hou, wie na bo verlang nie, wie van voornemens is om haarself deur My te laat verlos, wie My as hul Heer erken en daarom ook aan My wil behoort. Maar Ek kan hulle nie teen hul wil bevry van My teenstander nie, want hy het reg op hierdie siele, omdat hulle hom gekies het. Die wil van die siel is bepalend of My verlossingswerk haar ook ten goede val, of sy deel het aan die genade van die verlossingswerk, wat haar onmeetlik ter beskikking staan, maar wat nie teen haar wil gegee kan word nie. Ek het wel in die diepte neergedaal en het aan die siele in die diepte redding gebring, maar Ek dwing geen siel om My te volg nie. Ek maak ook die sterkste kettings los, indien die siel My daarom vra, indien sy bereid is om My te volg, indien sy die mag van My teenstander wil ontvlug. Ek gee aan almal die vryheid wat hulle begeer, want Ek het aan die kruis gesterf vir alle mense, omdat alle mense My skepsele is wie Ek liefhet vanaf die allereerste begin. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205