BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 394

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

God se wil: Die beginsel van die liefde 6214 Slegs dit wat die grondbeginsel van die liefde laat sien, stem ooreen met My wil. En so het julle 'n noukeurige kenmerk van My wil: Julle denke, wil en handeling moet gedra word deur die liefde vir My en vir die naaste. Julle sal steeds maar net moet wil help en gelukkig maak en julle sal nooit 'n selfsugtige gedagte mag verbind met julle dade nie. Want eiebelang is eieliefde, 'n verkeerde liefde wat julle slegs in ’n baie geringe mate in julle harte sal mag koester, in 'n graad wat die instandhouding van julle liggaam veilig hou solank dit die taak het om te vervul, naamlik om draer van julle siel te wees. Wat jy nodig het om dus die liggaam tot hierdie taak in staat te stel, is die toelaatbare mate van liefde vir jouself. Maar dit staan jouself vry om die graad van die eieliefde te vergroot of te verklein. En hierdie eersgenoemde sal vir jou siel steeds 'n pluspunt beteken wat jy eers sal besef wanneer jy die vrugte oes van dit wat jy op aarde gesaai het. Want wat die liggaam op aarde vir homself begeer moet julle weggee. Wat jy jouself ontsê om die naaste te help, dit sal die siel weer aan in die ryk hierna aantref as rykdom waarmee sy nou kan werk en waaroor sy gelukkig sal wees. Ek sal julle dus nie in julle aardse bestaan dwing nie. Ek sal julle nie hinder in julle denke, wil of optrede nie. Jy kan na eie goeddunke jou weg oor die aarde aflê, maar "wat jy saai, sal jy ook maai". En altyd sal julle My wil ken, wat steeds net van julle verlang om in liefde werksaam te wees, wat julle egter vrywillig sal moet beoefen wanneer dit jou siel tot voltooiing moet dien. En as die hart bereidwillig is om liefde te gee, dan het die mens die eieliefde na vermoë bestry, dan doen hy vanself dit wat in ooreenstemming is met My wil. Hy doen dit nie meer om net My gebooie na te kom nie, maar hy sal dink en handel volgens My wil vanuit die innerlike drang van sy hart. Dit sal hom innerlik aanspoor om te gee en gelukkig te maak, want hy dra dan al My Gees van Liefde in homself. Hy het sy vroeëre wese wat arm was aan liefde, verander. Sy hart omvat alles wat hom omring met sy liefde. En so straal hy ook liefde na die medemens uit en kan hy hulle ook daartoe bring om hul wese te verander volgens sy voorbeeld. Die liefde is goddelik. Sy is My oerelement en Sy moet daarom alles vergoddelik en tot My ewebeeld laat word wat deur Haar vasgegryp word. 'n Hart wat haarself nou deur My Self laat vasgryp, wat in haarself die liefde laat ontsteek en wat nou met My verbind is, moet onherroeplik weer nader aan die oertoestand kom. Want sy vergoddelik haarself en neem weer al die eienskappe en vermoëns in ontvangs wat sy eens besit het toe dit as uitstraling van liefde deur My buite Myself geplaas was in alle volmaaktheid. Slegs die liefde bring hierdie oertoestand weer tot stand, omdat die liefde die wese vergoddelik en omdat die liefde die aaneensluiting met My teweegbring wat 'n oorvloed van lig en krag tot gevolg het. Daarom kan My wil nooit ofte nimmer iets anders ten doel hê as om julle mense steeds weer aan te spoor tot dade wat die grondbeginsel van die liefde in julle laat herken. Daarom kan My wil steeds net die vervulling van My gebooie wees wat julle die liefde vir My en vir die naaste leer. En daarom sal julle almal op hoogte moet wees met My wil. Daarom word My woord steeds weer nader aan julle mense gebring, sodat julle van My wil in kennis gestel kan word. En slegs die wat My gebooie van die liefde vervul, sal salig wees, want hy kan slegs dan terugkeer na My, wanneer hy weer die liefde geword het wat hy in die allereerste begin was. Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205