BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 181

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Geloofstryd - Antichris - Teengestelde arbeid 5719 Kragtige teen-aksies sal uitgevoer moet word wanneer die Antichris begin met sy laaste werk, naamlik om ’n einde te maak aan alle geestelike strewes, wanneer hy openlik teen God sal ingaan, deur te probeer om alle geloof uit te roei en sy gesindheid, wat duidelik teen Christus gerig sal wees, herkenbaar word. Dan moet alle magte van hemel en aarde aktief word, want dit sal die begin wees van die swaarste stryd wat die volgelinge van Jesus nog ooit beleef het. Dan sal die laaste geloofstryd begin, wat die begin van die einde sal inlui en wat met die grootste meedoënloosheid en brutaliteit gevoer sal word, omdat Satan self teen God sal opstaan om Hom tot ‘n val te bring en sal homself tot God se troon verhef. Maar dan sal alle diensknegte van God op aarde ook groter ondersteuning ervaar van die kant van die ligwêreld, want dan sal ywerig gearbei moet word ten einde alle aanvalle van die vyand te weerlê, ten einde Jesus Christus openlik te verkondig en Hom voor die wêreld te bely. Dan sal geen verborge spel meer gespeel word nie en dan sal dit duidelik word wie in God glo en Hom liefhet, wie sterk genoeg sal wees om Jesus Christus as sy enigste Heer te erken en die opdragte van die opponerende magte nie sal vrees nie. Dan sal elke verkondiger van die Goddelike liefdesleer, die Woord van God, dubbel geseënd wees en dan sal sy werk dubbeld geseënd wees, want dan sal hy noodsaaklike arbeid verrig en hy sal God met oortuiging verkondig, Wie die mense wil verloën. Hy sal namens Hom stry en sal hulle nie vrees wie hom met die dood sal dreig nie. Maar sulke werk kan slegs uitgevoer word deur iemand wat ware insig verwerf het, wat van alles weet, ingesluit die tekens van die einde en wie dus nie daarvoor kan help om op te kom vir Jesus Christus en Sy daad van Verlossing nie, omdat hy vasgegryp is deur Jesus se liefde en genade en Sy werke gewaarword. Dit gee hom die krag om hom tot alles in staat te stel, insluitend ’n openlike belydenis van sy geloof, wat egter vir hom die bitterste aardse lot tot gevolg sal hê. Maar hy sal die swaar lot nie vrees nie, omdat hy tot insig gekom het en vir niks meer bang sal wees op hierdie wêreld nie. Hy het die regte Heer herken en sal vir Hom, as dit nodig mag wees, met vreugde sy aardse lewe gee. Die teengestelde arbeid wat van God se stryders verlang word, is om ophelderend te werk waar twyfel bestaan, om siele te probeer wen sodat hulle hulself aan Jesus Christus sal wil toevertrou, aan Hom, Wie hulle aller Redder en Heiland is en Wie hulle ook uit aardse nood en verdrukking sal bevry wanneer die einde aanbreek. En hulle arbeid bestaan daarin om die ingesiene waarheid te versprei en moedig op te tree teen kwaadsprekers en lasteraars, teen aanhangers van dwaalleringe en teen almal wat die liefdesleer van Christus vyandiggesind is. Hulle opdrag is om "Lig" te versprei, omdat die donker nag van die gees die mense omring. Daar sal dan ook nog mense wees wat besluiteloos is en waarheen hulle hulself sal wend; en sal GOD so aan hul voorstel soos wat HY inderwaarheid is en dit sal ook behoort tot die arbeid vir die ryk van God. Die suiwer Waarheid kan en sal Haar uitwerking nie mis op 'n hart wat na die waarheid verlang nie, want dit gaan oor die weinige weifelaars wat besonder liefdevol behandel sal moet word - sodat hulle by julle kamp kan aansluit en vriende van julle word, in plaas van vyande. Die Antichris sal in die laaste geloofstryd wapens gebruik wat alle liefde sal mis, - julle moet egter met ywer veg met die wapens van die liefde. Julle moet probeer om aan hul te gee wat julle reeds besit, wat julle van God ontvang het, naamlik Sy Woord, wat op 'n ieder sal inwerk volgens Sy wil. Wie ernstig na Lig verlang, sal Haar ook verkry, en wie Lig besit, weet ook hoe sy houding moet wees gedurende die dae wanneer God se teenstander woed en al die siele vir homself probeer wen. Hierdie stryd sal weliswaar ongelyk wees, want julle sal maar 'n klein groepie wees, - julle teenstanders egter talloos. Maar julle sal meer krag besit, want julle sal dit direk van God ontvang en julle sal die sterkste vyande kan oorwin, en julle kan deur 'n sterk geloof teenoor julle teenstanders getuies wees oor Hom en Sy Mag. En daardeur kan julle ook die weldeurdagte planne van God se teenstanders verydel, want die krag van die geloof lê duidelik getuienis af van GOD. Die krag van die geloof kan ook nog vóór die einde julle vyande oorwin en hulle kan hulself ook vrywillig aan julle oorgee, - hulle kan maar net na julle kant toe oorloop en dan sal hulle vir ewig gered wees. AMEN.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205