BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 194

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Getuies van die einde op die nuwe aarde vir die nakomelinge 5743 Julle sal My getuies wees op die nuwe aarde en julle sal getuig van My en My majesteit, Van My Mag en My Liefde, want julle sal dit aan die einde van die aarde ervaar. Julle sal My in stralende glans en heerlikheid op die wolke sien kom. En julle sal My Liefde ervaar wanneer Ek julle sal red uit groot nood, wanneer Ek julle sal wegneem voor die oë van julle medemense, wat met ’n ware duiwelse gesindheid teenoor julle al staan. Julle sal die bewys van My Mag ondervind, want ook die laaste vernietigingswerk op die aarde sal homself voor julle oë afspeel. Derhalwe sal julle met ‘n belewenis wat in julle herinnering sal bly, die ryk van vrede ingaan, om van My vir julle nageslag te getuig, vir die mense wat slegs deur oorlewering kennis gaan verkry van die gebeurtenisse op die ou aarde, sodat hulle dit ook kan deurgee, sodat die kennis vir ‘n lang tyd bewaar sal bly. Julle sal moet getuig van My en van My heerlikheid. ‘n Gelowige en aan My trou toegewyde geslag sal die nuwe aarde bewoon, wat nie aan My Krag en Mag en aan My Liefde en Volmaaktheid sal twyfel nie. En solank Ek Self onder hulle kan vertoef, omdat hulle liefde en geloof dit sal toelaat, solank sal daar ook geen getuienis nodig wees van wat julle beleef het nie. Maar sodra nuwe geslagte uit julle sal voortkom, moet die kennis ook weer aan hulle gegee word. En die einde van die ou aarde moet vir hulle in die besonder voorgehou word, sodat hulle ook as lewende mense hulself innig met My kan verbind, om My kinders te wees en te bly. Die lewendige getuienis sal ‘n besondere invloed op hulle harte hê en hulle sal in die komende tye verkondig wat deur julle aan hulle gegee was. En dan sal die geloof en die liefde vir My vir ‘n lang tyd behoue bly. Vir ‘n lang tyd sal die mensegeslag in vrede en eendrag lewe en in harmonie met die oneindige en in voortdurende verbinding met My. My Gees sal hulle harte kan binnestroom en hulle sal My Woord kan hoor en salig wees. Maar tog sal hierdie toestand ook weer verander en die invloed van die teenkragte sal eers maar swak, maar daarna steeds sterker word en herkenbaar wees. Want die gees wat in die skepping gekluister is, sal weer as mens tot beliggaming kom en sal dan weer so verskillend uitgeryp wees, dat hulle weer in die stadium van mens met aanlegte en neigings te voorskyn sal kom wat altyd nog ‘n swak weerstand teen My verraai en sal ‘n groot verandering vereis. En daarom sal daar weer mense op aarde lewe wat besonder doeltreffende opvoedingsmiddele sal benodig. En dan sal dit nodig wees om vir hulle kennis te gee oor die uitwerking van ‘n lewenswandel wat nie volgens My Wil is nie. En dan sal daar weer ‘n stryd tussen lig en duisternis ontstaan, want die verlange na die materiële sal weer sterker word in die harte van die mense en My Woord sal nie meer direk verneem kan word nie. Daar sal in opdrag van My weer verkondigers van My Woord wees wat tot hulle sal spreek en sodat dit lewendig mag geskied, sal daar ook getuig moet word van die einde van die ou en die begin van die nuwe aarde. En daarom het die mense van hierdie aarde wat die einde sal belewe en wie My trou sal bly tot aan die einde, ook op die nuwe aarde ‘n opdrag, naamlik om daarvoor te sorg dat hierdie kennis behoue sal bly, sodat die nageslag ook eenmaal die gebeurtenisse vir hulself voor die gees kan haal om daardeur aangespoor te word om binne My Wil te bly, My lewend in hulle harte toe te laat en hulle strewe altyd weer op My te rig. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205