BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 539

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Weg na die ewige huis 6549 Die weg huis toe kan lank en maklik wees, maar ook kort en moeilik, afhangende van hoe ernstig julle is om julle doel te bereik. Maar julle kan ook baie maklik 'n heeltemal verkeerde pad loop indien julle nie omgee waar julle heengaan nie. 'n Moeilike weg sal nooit na die afgrond lei nie, want die een wat julle wil verlei om na benede te gaan, wys julle op weë wat maklik is om op te loop. Hy sal julle nooit na homself lok met 'n moeilike weg nie. Dit is waarom dit julle altyd rede tot kommer moet gee wanneer julle aardse weg veels te maklik en vol vreugde is, dan moet julle julself altyd afvra of julle op die regte weg is, of dit die weg na die ewige tuiste is. Maar julle is oor die algemeen tevrede so lank as wat julle aardse lewe aan julle gee wat julle begeer, dan sal julle selde oor die lewe van julle siele dink na julle dood. Maar julle moet bekommerd wees. As julle hoër vlakke wil bereik, dan sal julle weg na bo krag vereis, dit sal nooit moontlik wees om dit moeiteloos af te lê nie, tensy julle julleself heeltemal oorhandig het aan My en My julle gids laat wees. In daardie geval sal julle nie die moeite om na bo te gaan so erg voel nie en tog sal julle weg opwaarts lei. Neem daarom kennis van die feit dat 'n gelyk weg nooit na die doel kan lei nie en aanvaar alle teenspoed en probleme nederig, wat julle waarborg dat julle op die weg na bo, na My is, Wie nooit onder gesoek moet word nie, maar altyd bo. En pasop dat julle nie weer wegdraai van hierdie opgaande weë na op die breë en gemaklike weg nie, want julle kan julle doel te eniger tyd verander, die geleentheid sal altyd aan julle gebied word om te verander van die breë weg na die smal weg, wat nie moeiteloos geloop kan word nie, net soos die omgekeerde ook altyd moontlik is, want My teenstander sal nooit ophou om julle te verlei nie en keer op keer sal hy aantreklike plekke vir julle wys om julle voetstappe vinnig te rig waar hy wil hê dat julle moet gaan. 'n Te maklike aardse lewe met alle vorme van aardse vreugdes en plesier is so 'n wye en maklik begaanbare weg, wat beslis nog voor die einde van julle lewe op aarde ingeruil kan word met die steil weg na bo, maar hoewel die bereiking van die doel nog steeds moontlik kan wees, is dit nietemin baie twyfelagtig, want niemand weet wanneer sy aardse lewe verby sal wees nie en of hy nog die geleentheid sal hê om aan die einde te draai na die smal weg na bo nie. Niemand weet of hy ooit die verlore tyd sal kan inhaal en of hy in staat sal wees om die rigting van sy doel in sy aardse lewe te verander nie. Dit is waarom julle nie jaloers moet wees op enige medemens wat 'n sorgelose aardse lewe het en wat voortdurend vol vreugde lyk nie. Hy is nog nie op die regte weg nie, hy word nog te goed versorg deur die een wat hom in die afgrond wil lok. En tog, gelei deur My hand, kan julle ook julle aardse lewe geniet, maar julle vreugdes en begeertes sal anders wees as dit wat julle sien by julle medemens. Want die geskenke wat Ek gee, is van 'n ander soort, maar dit kan die persoon baie gelukkiger maak as materiële besittings. En terselfdertyd gee dit julle die nodige krag wat julle nodig het vir die weg na bo. En julle sal waarlik nie 'n slegte keuse maak as julle redelik vroeg besluit om af te draai van die breë weg na die smal weg na bo, wat oënskynlik onbegaanbaar lyk. Want dan sal julle nie meer begeer wat julle agtergelaat het nie. Julle sal opwaarts kyk en die lig volg, en julle sal die doel veilig bereik, na My in julle Vader se huis. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205