BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 308

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Verskillende gawes van die Gees. 6013a Die Gees van God uiter Haarself op verskillende maniere, want volgens begaafdheid, volgens die geestelike rypheid, kan Sy in die mens werksaam wees. Die aard van die mens is ook bepalend, welke gawe van die Gees hom ten deel val. Die ontvang van ‘n geestesgawe het altyd die omvorming tot liefde as voorwaarde, dus ‘n vrywillige verandering van sy wese. Die Gees van God kan slegs instroom in ‘n houer wat geskik is om Haar op te neem. ‘n Houer wat dus deur werke van onbaatsugtige liefde voorberei is om die Goddelike straal van Liefde te ontvang. Daar kan nie op ‘n gawe van die Gees gereken word deur ’n mens wat nog nie die omvorming tot liefde volbring het nie. Derhalwe is die gawes van die Gees altyd slegs die gevolg van ‘n lewenswandel in liefde, maar nooit ‘n willekeurig verleende gawe nie. Dit moet dus nagestreef word, wat elkeen wel kan doen, maar wat maar selde gedoen word. Op watter wyse die Gees van God nou werksaam word, hang af van die taak wat aan ‘n mens in die aardse lewe gegee word, wat deur die Gees van God oorskadu is, wat deur God se Wysheid wel gesien word as seënend vir die mensdom, maar nietemin die mens se vrye wil as voorwaarde het. God weet waarlik wie Hom wil dien en hoe hy homself vorm. En Hy plaas daarom die mens waar hy die effektiefste kan werk. Die mense gedurende die eindtyd moet wakker geskud word, omdat hul denke totaal oppervlakkig geword het en daarom buitengewoon beïndruk moet word, om uit hul rus gehaal te word. Maar buitengewone verskynsels het ook ‘n heel natuurlike verklaring, - wat egter vir een persoon natuurlik voorkom, is vir ‘n ander onbegryplik, omdat hy geestelik blind is. Dus word daar teenoor hierdie blindes van gees ’n “siende” geplaas, wat hom van sy gebondenheid aan die aarde kan losmaak en as’t ware weggeneem word na die geestelike ryk en wat dan uit die geestelike ryk terugkeer met ’n gawe, wat nie op ’n aardse manier verkrygbaar is nie. Hy sal met kragte werk wat die skynbaar onmoontlike, moontlik maak. Hy sal deur middel van die Woord siekes kan genees, of in staat wees om die toekoms duidelik te sien. Hy sal diepgaande wysheid besit en dit dus ook aan sy medemens kan oordra, of dit sal vir hom duidelik wees wat andersins vir ander mense verborge is. Hy sal vreemde tale kan praat, die werking van die Goddelike Gees sal sigbaar aan die lig kom, maar slegs wanneer dit gaan om siele van mense vir die geesteryk te wen. Want die Gees van God werk slegs geestelik in die mense, maar nooit om aardse belange te bevorder nie. Daarom sal die besitter van ‘n gawe van die gees altyd ‘n arbeider in die wingerd van die Heer wees. Hy sal deur hierdie gawe ‘n verteenwoordiger van God op aarde wees, wat Sy koninkryk wil opbou en vergroot en dit vir hom tot lewenstaak gestel het. Die Gees van God sal Haarself, slegs vir die medemense duidelik sigbaar, deur hierdie bereidwillige dienaars uiter, hoewel alle mense met Sy Gees vervul kan wees en Hom dus ook helder en duidelik kan herken en bekwaam wees om sy kennis aan die medemense oor te dra. Hulle kan egter altyd slegs kennis ontvang ooreenkomstig hulle wil. En ‘n voorwaarde vir die ontvangs van ‘n kennelike gawe van die Gees, is om te wil werk vir God en Sy Ryk. Want God wil Hom deur mense aan die mensdom openbaar. God wil deur Sy werke erken word. En daarom moet daar ‘n mens as tussenpersoon te vinde wees, solank God nie Self die mense kan tegemoettree nie, solank ongeloof en geestelike blindheid dit volkome onmoontlik maak. En so vloei hieruit voort dat God Homself deur Sy Gees openbaar, Wie Hom deur ‘n mens uiter wanneer dit daaroor gaan om mense gelowig te maak, hulle lig te gee, om hulle die lig te laat sien wat van Bo op hulle skyn, wanneer dit daarom gaan om mense die sin van hul aardse lewens bekend te maak en die weg te verlig na hul doel. Alle gawes van die Gees het slegs een doel, naamlik om op die siele van die mense in te werk in ’n Goddelike sin. Dan word daar kragte in ‘n mens in werking gestel wat duidelik van ‘n Goddelike instroming getuig, naamlik die instroming van krag wat uit God voortkom, die krag van die Goddelike Gees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205