BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 470

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Benutting van die genade van die verlossingswerk 6383 Daar word slegs weinig 'n beroep gedoen op die genade van My verlossingswerk. Vir alle mense het Ek aan die kruis gesterf, almal kan deur My werk van barmhartigheid verlossing van sonde en dood ten deel val. Geen mens is uitgesonder nie, tensy hy self weerstand bied omdat hy My en My verlossingswerk nie erken nie en homself uitsluit van die kring van hulle wat deur My bloed verlos is, dat hy daardeur bewustelik ’n aanhanger is van hom wat die oorsaak is van sonde en dood. Elke mens wat homself onder My kruis plaas, wie sy sondelas na My dra, sal vry word. Vir hom het die ligryk geopen, wat vóór My kruisdood geslote was. Want vir hom het Ek die soenoffer volbring, sodat hy vry kan word van alle skuld. Maar wie My offer nie aanneem nie, kruisig My. Hy staan dus afsydig en My werk van liefde en erbarming sal heeltemal sonder indruk en uitwerking op hom bly, ten spyte daarvan dat die offer ook vir hom geld en hy homself ook kan bevry van alle skuld. Maar teen sy wil in kan hy nie verlos word nie, omdat hy hom vrywillig aan die kant van My teenstander opstel. My verlossingswerk geld vir alle mense, maar slegs baie weinig benut dit. Die geestelike nood op aarde sou nie so 'n omvang kon aangeneem het, indien daar meer aan Hom gedink is, Wie Homself opgeoffer het vir die mensdom, sodat hulle salig kon word nie; indien julle mense aan die oorgrote Liefde van die mens Jesus sou dink, wat na julle almal uitgaan. Die mense van die huidige tyd, die verlede en die toekoms, wil Hy almal van die groot skuld verlos wat hulle van My geskei het. Die mens Jesus was so vervul van Liefde, dat Ek Self in Hom kon vertoef, dat Sy uiterlike vorm My in alle volheid in homself kon dra en dat vanuit die Liefde by Hom, die krag tot volle wasdom gekom het om vir julle mense te ly en te sterf aan die kruis. En aan hierdie oneindige Liefde sal julle steeds moet dink. En julle sal ook deel moet wil hê aan die genade wat die mens Jesus vir julle verwerf het. Dit staan vir julle so ryklik ter beskikking. En julle sal slegs tot Hom hoef te roep, sodat julle gered kan word en julle roepe sal nie tevergeefs wees nie. Want die werk van erbarming was tog vir julle gebring, sodat julle hulp kan ervaar in julle swakheid, in elke geestelike en aardse nood. Want julle moes vry word van julle tronkbewaarder, van hom wat julle al vir ewige tye gevange hou en in wie se boeie julle nog steeds smag en ewig sal smag, as julle My nie as julle Verlosser Jesus Christus sal aanroep, sodat Ek julle kan bevry nie. Waarom gebruik julle nie die genade van die werk van verlossing nie? Waarom vra julle nie vir Jesus om versterking van julle wil nie? Waarom dra julle julle sondelas nie onder Sy kruis in nie? Julle sal julleself nooit kan bevry uit hierdie mag (van die teenstander) nie. Julle sal hulp nodig hê. Julle sal julleself aan die redder Jesus Christus moet oorgee en daardeur van julle wil blyke gee, dat julle julself losgemaak het van My teenstander. En sal julle maklik daarmee kan slaag, omdat die mens Jesus gesterf het, sodat julle versterk kan word om weerstand te bied teen die vyand van julle siel. Maar sonder My sal julle niks bereik nie. Sonder My is julle te swak en sal julle ewig gekluister bly in sy mag. Die besluit moet julle self neem. Maar julle mense moet die Goddelike Verlosser Jesus Christus nie afwys nie. Julle moet julself nie aanmatig om Hom slegs as mens te beskou nie. Julle moet vir opheldering vra indien die geheim van die menswording van God nog nie vir julle verstaanbaar is nie. Julle sal na die waarheid moet verlang en daarvoor vra by God. En die ware begrip daarvan sal aan julle gegee word, omdat Ek julle almal graag wil verlos, omdat Ek vir julle almal aan die kruis gesterf het. En daarom wil Ek dat julle My en My werk sal herken en erken, omdat Ek wil hê dat ook julle vry sal word van sonde en dood en kan ingaan in die ryk van lig, wat Ek vir julle geopen het deur My dood. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205