BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 195

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Tot godloënaars 5744 Ek wil nou tot hulle spreek wie nog nie die regte besluit kan neem nie, wat wel nie onwillig is om te glo nie, maar wie My ook nog nie met oortuiging kan aanvaar nie. Tot hulle, wat hul verstandelike kennis nog teenoor die kennis stel waarmee My aanhangers op aarde hulle in aanraking mag bring. Tot hulle, wat eers alles bewys wil hê en met diep nadenke glo om alles te kan deurgrond of te weerlê. Maar hul kennis dood die gees, want dit wat as hoër Waarheid aangedui word, is dit wat aards nie bewys kan word nie, omdat daar geen geloofsdwang uitgeoefen mag word in die aardse lewe nie. Dit is wat wetenskaplik nie deurgrond kan word nie en daarom is die skerpste verstand van die mens geen waarborg vir regte denke op geestelike gebied nie. Ek wil aan julle mense hierdie vraag voorlê: In welke kategorie van die skepping deel julle julself in? Besef julle nie dat dit slegs julle wesens is wat kan dink en besluite neem, terwyl alle ander skeppingswerke nie ’n denkvermoë besit nie? Reeds daardeur kan julle al besef dat julle deur ‘n Mag geskape is Wie ook kan dink en bowendien in onbeperkte mate Magtig is. Want julle kan in weerwil van julle denkvermoë, geen skepsels laat ontstaan met dieselfde denkvermoë nie. En julle kan julle nakomelinge nie as bewys aanvoer nie, want julle het hulle nie geskape nie, maar het julleself maar net by die bestaande natuurwette aangepas wat weer aan julle ‘n Wetgewer bewys. Bedink vêrder: Is ‘n natuurkrag in staat om te dink? Kan sy wesens laat ontstaan wat kan dink en wie se organisme getuig van die hoogste Wysheid? Moet hierdie natuurkrag dan nie self as ‘n Wese gesien word en aanvaar word dat sy in die hoogste Wysheid kan dink en Wil, dus ook doelmatige vorme kan skep en tot lewe bring nie. Is die skepping dan nie so gesien genoeg bewys, selfs vir die denker met die skerpste verstand nie? Of kan julle die “nie bestaan” van so ‘n Almagtige Wese bewys? Of kan julle slegs by benadering iets ter vergelyking aanvoer as bewys dat ‘n “krag”, geordende skeppings kan voortbring, indien die krag nie haar meester vind in die wil van ‘n mens nie? Laat ‘n krag nou eers onbeteueld werksaam word en julle sal dan iets vreeslik belewe, maar sy sal geen skeppings verkry wat julle oor hul doelmatigheid en harmonie sal kan bewonder nie! Reeds op grond van julle verstand kan julle dus ‘n hoogste Wese aanvaar, Wie julle as die Skepper van ewigheid moet aansien. Dit strek julle waarlik nie tot eer wanneer julle hierdie Wese verloën, wanneer julle Sy werksaamheid, wat vir julle sigbaar word in Sy skepping, slegs as ’n uitwerking van ‘n nie-geleide krag uitlê, wanneer julle dus iets onbewus en blindelings werkend aan die ontstaan van die skepping ten grondslag lê. So ’n verklaring is waarlik geen bewys van die korrekte gebruik van julle verstand nie, dit is veel eerder ‘n eiesinnige uitweg wat julle soek, omdat julle geen God wil aanvaar nie. Want waar daar maar net ‘n bietjie wil daartoe aanwesig is, sal beide moontlikhede eers oorweeg word en dan sal die mens meestal eerder voorkeur gee aan ‘n wesenlike Krag wat hom in die skepping bekend maak, as aan ‘n verwerping daarvan. As julle mense kon weet wat se vêrstrekkende gevolge die verwerping en verloëning van ‘n wesenlike Godheid vir julle siele het, dan sou julle ook begryp het waarom Ek julle graag opheldering wil gee, sodat julle vanself julle verkeerde gedagtes ‘n goeie rigting kan gee, sodat julle kan glo wat vir julle onaanneembaar lyk, solank as wat julle slegs eensydig oordeel, solank as wat julle glo om die Waarheid verstandelik te kan deurgrond. Die geloof aan ‘n God en Skepper is egter nodig om julle met Hom te verbind - en die verbinding met Hom is die eintlike sin en doel van julle aardse lewe, anders sou julle julself waarlik nie mag beliggaam het op hierdie aarde nie, wat alleen vir die doel geskape was dat die mens die verbinding met God sal herstel wat hy eens vrywillig opgegee het. Verloën julle egter ‘n God, dan beteken dit dat julle nog baie vêr van My verwyderd is. Dit beteken ‘n hernieude weerstand vanuit vrye wil, wat aan julle ‘n vreeslike lot sal besorg in die hiernamaals, of selfs die hernieude kluistering in die materie, wanneer die einde van hierdie aarde sal kom. Daarom wil Ek julle aanspreek en tot nadenke bring voordat dit te laat is. En al is julle aardse kennis ook hoe groot, julle is gewaarborg dat julle tot ‘n baie dieper kennis kan deurdring, indien julle julself sal toevertrou aan Hom, Wie julle geskape het en Wie as julle God en Skepper van ewigheid herken wil word, om julle dan helpend te kan bystaan. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205