BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 127

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Wegneming 5607 Slegs ‘n klein skare sal My aan die einde van die aarde in alle heerlikheid kan aanskou, want hulle sal weggeneem word voor die oë van hul medemens. Die agterblywendes sal dan prysgegee word aan die liggaamlike dood en wat veel erger is, aan die geestelike dood. So gou as wat Myne die aarde verlaat het, sal die vernietiging plaasvind en alles wat in, op en bo die aarde leef, sal deur die vlammende elemente verteer word, wat uit die aarde sal uitbreek en geen skeppingswerk sal oorslaan nie. Maar Myne sal nie deur die vernietigingswerk getref word nie, want Ek sal hulle al vooraf wegneem. Die aanblik van hulle plotselinge wegneming sal die mense met ontsetting slaan, want Myne sal voor hulle oë in die hoogte verdwyn. Slegs Myne sal My egter kan sien wanneer Ek in alle prag en heerlikheid sal kom, vir die ander sal Ek onsigbaar bly, omdat hulle wat in die hande van My teenstander geval het, nooit meer My heerlikheid sal kan aanskou nie. Maar voordat hulle tot besinning sal kom oor die bonatuurlike verskyning van die wegneming, sal hulle einde reeds aangebreek het, want die aarde sal haarself open en almal verslind wat van My afgeval het en sal so bly tot aan die einde. Die gebeurtenis van die wegneming is onbegryplik vir die mense van hierdie aarde, want daar sal iets afspeel wat heeltemal in stryd sal wees met die wetlike orde. Iets onnatuurlik, wat ongelooflik sal wees vir hulle wat nie in My glo nie en nie van My verlossingsplan van ewigheid af wou weet nie. Tog sal dit gebeur soos wat Ek dit vir julle aangekondig het: Die mense wat nog liggaamlik lewend is, sal Ek verplaas na ‘n oord waar daar vrede is en dit sal in één oomblik geskied. Hulle sal hierdie gebeurtenis self bewustelik belewe en vol lof en jubeling vir My wees. Hulle sal die toets van getrouheid deurstaan het en sal nou die loon daarvoor ontvang en vir hulle liefde en hulle geloof in My sal Ek nou die paradys vir hulle open. Dan sal daar weer ‘n nuwe verlossingsperiode begin en Myne sal die stam van die geslag op die nuwe aarde vorm. Maar slegs die geloof kan dit begryp, die verstand verweer homself hierteen en sal twyfel totdat die dag van die einde gekom het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205