BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 126

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Antichris se werke voor die einde 5606 Deur die invloed van die Antichris sal die einde ook bespoedig word, want nou styg die nood van Myne die hoogte in en maak My koms noodsaaklik om ‘n einde aan die nood te maak. Die Antichris het maar een doel voor oë, naamlik om My te onttroon en homself op die troon te plaas. Hy wil die mense die geloof ontneem in ‘n God en Skepper van die ewigheid, om self nog hoër in aansien te staan en geëer en gevrees te word net soos ’n god. Hy wil nie die liefde nie, maar die onderworpenheid van die mense hê, hy wil die algehele mag hê en alleenheerser wees. Solank die mense nog gelowig is en ‘n Mag bokant hulle erken aan wie hulle hul eendag sal moet verantwoord, solank sal hulle vir hom, wat van hulle verlang dat hulle teen Jesus ingaan, nie terwille wees nie. Daarom sal die Antichris optree teen hierdie Mag, deurdat hy sal probeer om die geloof in My met brutale middele uit te roei, met middele wat dit vir Myne moeilik sal maak om aan My trou te bly. Maar die krag daartoe sal ryklik van My af op hulle uitstroom, want Ek sal My so duidelik aan hulle openbaar, dat hulle steeds versterk sal word in die geloof, dat hulle elke onregverdigheid sal aanvaar in die besef dat Ek alles kan gee en hulle waarlik sal vergoed vir dit wat hulle aards ontneem is. Die Antichris streef daarna om die Christelike leer uit te roei en ‘n einde te maak aan alle kennis oor Jesus as God se Seun en Verlosser van die wêreld; hy sal openlik oorlog verklaar teen My en dit sal sy einde beteken. My teenstander sal homself beliggaam in ‘n mens wat hom in alles gehoorsaam sal wees, dit wil sê, hy sal sy siel geheel en al in besit neem, maar die mense eers mislei met allerlei voordele wat hom ‘n oorgrote toeloop sal verseker. Sy spraak en handelinge sal ‘n masker wees waaronder hyself die boosste gesindheid sal verberg. Arrogansie, leuens en winsbejag sal hy meesterlik verberg, maar die liefdeloosheid sal hom spoedig ontmasker. Maar slegs vir die oë van Myne sal dit duidelik te siene wees, want vir sy aanhangers laat hy dit voorkom asof hy begrip het vir al die lyding wat hy egter nie probeer om te versag nie, veeleer dra hy slegs daartoe by dat die lyding vermeerder. Die gelowige sal hom herken, want hulle sal erg onder sy heerskappy ly, maar wie hom terwille sal wees en openlik met My breek, hy sal as vriend deur hom behandel, aards geëer en geag word. Sodoende sal daar spoedig twee partye ontstaan, die meerderheid sal hom volg en slegs ‘n klein kudde sal My in hul gesindheid en handeling trou bly. En hulle sal voortdurend in gevaar wees, omdat My teenstander die mense sal aanpor om hulle op alle maniere skade te berokken, want die Antichris sal so ‘n optrede teen Myne beloon om ook nog die laaste gelowiges wat teen hom weerstand bied, tot ‘n val te bring. Daar sal vir Myne ‘n tyd van bittere nood aanbreek. En tog sal dit draaglik wees, omdat dit ‘n buitengewone genadegawe is wat hulle in ontvangs mag neem, want Ek sal Myself laat sien waar die mense swak sal word. Ek ken elkeen se wil en houding teenoor My en Ek sal waarlik nie dat My teenstander die oorwinning oor die siele behaal nie; bowendien is die einde naby en omdat My gelowiges My in hulle hart trou toegedaan is, kan Ek My nou ook buite die wet openbaar om aan hulle krag te skenk. En vele sal My dan te siene kry en dan kan geen mag ter wêreld hulle meer van hulle geloof in My afbring nie. En as Ek dit van hulle sou verlang, sou hulle ook hul lewe met vreugde vir My gee. Maar Ek sal die wrede spel van My teenstander beëindig en wanneer hy glo dat hy gewen het, sal Ek kom in die wolke en die lewende en die dode oordeel. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205