BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 185

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Dra My Evangelie in die wêreld 5725 Dra My Evangelie in die wêreld in. Julle besef nie hoe nodig dit is dat mense geleer word nie, dat hulle My Woord hoor en daardeur My wil ontdek. Alhoewel hulle alles weet wat julle vir hulle toeganklik maak as My Woord, beskou hulle dit nie meer as My Woord nie, dit is eenvoudig leë frases wat hulle nie ernstig opneem nie, gevolglik doen hulle niks om die rypheid van hul siele te verbeter nie, hulle leef vir die oomblik sonder om te dink oor die doel van hul lewe op aarde. En nou sal julle My Woord opnuut vir hulle aanbied, hulle sal dit beslis herken as dieselfde Woord, maar dit sal vir hulle meer lewend voorkom, omdat julle hulle 'n geskenk bring wat julle van My ontvang het en wat nie meer vir hulle dood sal lyk nie, maar in plaas daarvan sal dit vir hulle aanloklik lyk sodra julle My Woord met liefde aanbied. Dra My Evangelie uit in die wêreld. Dit is die enigste moontlike manier om mense te vergewis van hul God en Skepper, van hul Vader van ewigheid, Wie hulle moet leer ken ten einde self kontak met Hom tot stand te bring. Julle moet hulle inlig oor My, van My Liefde vir My lewende skeppings, van My ewige plan vir redding en van die naderende einde wat hulle nie onvoorbereid hoef te tref nie. Julle moet aan hulle die Waarheid bring, die kennis wat julle van My ontvang het wat bedoel is om mense te help om saligheid te bereik. Probeer om hul gedagtes na geestelike sfere te rig en, bowe alles, om hul aandag op die Goddelike Verlosser Jesus Christus te vestig. Julle moet poog om hulle aan te moedig om in hul binneste te kyk, om te werk aan die verbetering van hulle siele, om te streef na ’n geestelike lewe, vir die wedergeboorte van hulle siele. Probeer hulle oortuig van die voortsetting van lewe van die siel en die verantwoordelikheid wat hulle as mense het teenoor hul siele. Beeld die lot van die siel na die dood vir hulle uit en vestig hul aandag op die feit dat 'n Helper bestaan, dat hulle 'n beroep op Jesus Christus moet doen om hulle wil te versterk indien dit te swak is en, bo alles, moedig hulle aan om liefdevol aktief te raak. Dra alles oor wat Ek julle geleer het en wees dus ware verspreiders van My leer van liefde en werk vir My en My Koninkryk, want mense het verduidelikings nodig, hulle het My Woord nodig en dit moet duidelik vir hulle aangebied word, anders sal hulle dit verwerp en dan sal hulle nie geseën kan word sonder My Woord nie. Onthou dat die tyd uitloop, dat julle werk nie enige vertraging toelaat nie, dat julle ywerig moet werk, omdat die mensdom ly aan ’n groot geestelike nood. Onthou dat daar nie veel tyd oor is voor die einde nie en dat julle dus nie halfhartig of traag moet wees nie, maar dat julle ook seker kan wees van My seën, van My ondersteuning en konstante onderrig, wat Ek altyd en ewig sal gee sodat dat julle dit weer kan aangee aan diegene wat ‘n geestelike behoefte het en afhanklik is van julle hulp. Wees daarom flukse arbeiders in My wingerd, dien My as getroue dienaars en lei mense uit die donkerte van die nag na die lig van die dag. Verkondig My evangelie van liefde aan alle mense, sodat hulle die lewe bereik en geluksalig kan word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205