BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 494

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Verandering van wil 6450 Enigiemand wat die skuld van die geeste ken, wat die rede was vir die skepping, die rede vir die aardse vooruitgang en mense se lewens op aarde, sal My nie langer weerstaan nie, want hierdie kennis het die gevolg dat die wil na My gerig word. Hierdie kennis kan sekerlik ook aangebied word aan diegene wie se wil teen My gekant is. Maar hulle sal egter nooit sodanige kennis as waarheid beskou en aanvaar nie, hulle sal dit altyd slegs beskou as ‘n verstandelike konsep wat hulle verwerp as verwek deur mense. In daardie geval sal hulle nooit verlig word deur die lig van insig nie, want dit vereis die genoemde verandering van die wil, wat 'n persoon tot My kind verander, wat teruggekeer het na My. Nóg sy eie verstandelike aktiwiteit, nóg 'n mededeling van sy medemens kan die regte insig skenk aan 'n persoon nie, want dit is soos 'n lig wat Ek aansteek in 'n persoon, maar Ek kan dit slegs doen indien hy vrywillig na My kom. Maar 'n vrywillige draai na My getuig van sy wil om sy vorige toestand van weerstand te los en die weg terug te neem wat eens daartoe gelei het dat hy weggegaan het van sy Vader. Daarom is dit 'n doelbewuste omdraai en ook 'n belydenis van sy verkeerde optrede van die verlede, van sy sonde teen God. Die wil om My te dien, bevestig hierdie onbewuste bekentenis van sy voormalige skuld, toe, deur die verwerping van My Liefde, die wese homself verhef het bo die Een wat Homself maar net wou weggee. Die beroep op krag en genade is netso 'n erkenning van skuld, die besef dat sy sonde van die verlede hom van alles wat sy aandeel in die begin was, ontneem het. 'n Persoon wat nog steeds in sy ou sonde verskans is, sal nie 'n beroep op die Vader doen vir krag en lig en genade nie, omdat hy My nie erken nie, dus is hy nog steeds in sy oorspronklike sonde gedompel, en daarom sal hy nooit die waarheid aanvaar van enige inligting wat sy aandag trek na sy sondige toestand nie. En daarin is ook die groot betekenis van 'n verandering van wil, want dit herroep die vorige toestand van sonde, maar kan nooit deur 'n persoon se eie krag bereik word nie, want die val in die diepte en die sonde was te groot om die heeltemal verswakte wese in staat te stel om homself weer te verander. En daarom moet daar 'n beroep gedoen word op Een wat die swakheid van wil kan herstel, wat gesterf het namens hierdie mense aan die kruis om in staat te wees om hul wil te versterk om die weg terug na My te neem. Enigiemand wat werklik berou voel, het homself reeds aan Jesus Christus oorgegee, hy het gebruik gemaak van die seëninge wat Jesus verwerf het aan die kruis vir die sondige mensdom. Om terug te draai na My, sal ook altyd verbind word met die erkenning van Jesus Christus, omdat die lig in 'n mens slegs in volle sterkte kan skyn, m.a.w. insig gee aan 'n persoon, nadat hy verlos is deur Jesus se bloed, want voor dit kan My Gees nie in die persoon werk om sy denke te verlig en die orde te herstel wat 'n goddelike beginsel is nie. Die erkenning van God en onderdanigheid aan Sy wil lei ook altyd na die erkenning van Jesus as die Seun van God en Verlosser van die wêreld. Want elkeen wat weer met My verenig, stap uit sy toestand van duisternis en besef ook duidelik die missie van Jesus en die betekenis van die Verlossingsdaad. Hy wil terugkeer, en dit beteken ook 'n terugkeer na die lig, dit beteken die ontvangs van krag en genade, dit beteken die ontvangs van My Liefde in oorvloed. Hy erken dan sy skuld en doen 'n beroep om vergifnis. Die wese se gevoel van afstand van My, sy God en Skepper van ewigheid, uiter homself in sy gebed vir genade, krag en lig. Hy het dan sy vorige arrogansie prysgegee en met groot nederigheid na My teruggekom en is nou in staat om seëninge, krag en lig sonder maat te ontvang. Die skuld is in die sand geskryf. Die Goddelike Verlosser Jesus Christus het dit self vergoed. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205