BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 559

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Verklaring vir die buitengewone genadegawe 6592 Dit is ‘n onverdiende genade wanneer Ek mense direk aanspreek, want selde verkry ‘n mens op aarde al ‘n graad van rypheid wat hom so naby aan My bring, dat ‘n regstreekse uitstraling van My Liefde na hom toe kan plaasvind. Daarom spreek Ek in die laaste tyd voor die einde tot alle mense op ‘n manier, sodat hulle My kan verneem, al geskied dit nie op ‘n direkte wyse nie. Daarvoor het Ek iemand nodig wat My direkte werksaamheid in haarself sal toelaat, (Bertha Dudde) en daarom gewillig sal wees om haarself heeltemal aan My oor te gee. Hierdie wil tot oorgawe sal Ek op ‘n besondere wyse gebruik, want dit is dringend nodig dat nog hulp aan die mense verleen word. Dit is egter slegs moontlik om iemand as My “werktuig” te maak wat reeds ‘n bepaalde rypheid van siel bereik het. Maar selfs hierdie rypheid sou onvoldoende gewees het om My “lig” te kan opneem, omdat slegs ‘n waaragtige “kind” van God My openbaringe kan ontvang; iemand wat reeds vergeestelik die aarde verlaat het om deur My as kind ontvang te word en sodoende met My kan omgaan, soos wat ‘n kind met sy Vader omgaan. Julle moet weet dat so ‘n graad van rypheid nodig is voordat My Liefdeskrag-uitstraling in ‘n wese kan binnestroom, sodat die krag dan vêrder gelei kan word daarheen waar “lig” verlang word. Ek noem dit ‘n onverdiende genade wanneer Ek ook by ‘n mindere graad van volmaaktheid ‘n menslike wese benut om hierdie liefdeskrag-uitstraling na die mense toe te bring. Met die oog op die naderende einde moet die stroom van genade vergroot word om die mense te help, want slegs ‘n buitengewone toevoer van geestelike krag kan nog bereik wat andersins nie moontlik sou wees nie. Daarom neem Ek al genoeë met die ernstige wil om My te dien, want dit is waarlik die geringste voorwaarde wat ‘n mens moet vervul om die werking van My Gees in homself moontlik te maak. My belofte lui: “Ek sal vir julle die Trooster stuur, die Gees van die Waarheid; hy sal julle binnelei in die waarheid en julle alles in herinnering bring wat Ek aan julle gesê het!” My Gees werk derhalwe in elke mens wat homself deur die liefde tot ‘n opnamehouer gemaak het. My Gees lei hom tot die ware kennis, verlig sy denke en gee hom innerlike opheldering waardeur die mens homself nou ook in die waarheid kan beweeg. Dit sal dus helder word in hom en hy sal sy kennis ook aan sy medemens kan oordra. Hy sal met My Gees vervul wees en daarom ook met reg kan spreek van My teenwoordigheid in homself. Maar vir hierdie werking van My Gees in die mens word ‘n sekere graad van liefde vereis, wat julle mense met ‘n goeie wil reeds op aarde kan bereik. Hierdie graad van liefde kan voortdurend vergroot word en kan tot so ‘n innige verbondenheid met My gevoer word, dat Ek My kind met die gloed van My Liefde kan omhels. Daardeur sal hy met ‘n onbeskryflike gevoel van geluksaligheid My Stem in homself verneem en sodanig met die Krag van My Liefde vervul wees, dat hy homself geroepe sal voel om My Woord vêrder uit te dra. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205