BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 490

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Duistere magte se werksaamheid 6443 Daar sal 'n afskrikwekkende werksaamheid wees van die bose magte gedurende die laaste tyd voor die einde. Die vors van die duisternis sal hulle onophoudelik dryf om verwarring te saai. En as gevolg van die duisternis van gees waarin die mense van hierdie tyd lewe, sal hy ook al te goed slaag. Want hy sal ’n gehoor vind en die mense sal hom glo. En selfs al is dit die grofste dwaling en leuens wat aan hulle voorgehou sal word, hulle neem dit as waarheid aan en sal steeds duisterder in hul gees word. Maar elke mens sou dit die duidelikste kon insien vir wat dit is, indien hulle My Self om helderheid sou vra, indien iets vir hulle twyfelagtig voorkom. Die geestelike verwaandheid van die mens is egter al so groot, dat hulle die stel van hierdie vrae nie nodig ag nie. Inteendeel is hulle oortuig van die opregtheid van diegene wat aan hulle die diepste dwaling deurgee. Die gebrek aan insig van die mens neem steeds meer toe, in plaas van dat dit opgehef word. Maar Ek het dit vir julle vooruit gesê dat daar baie valse profete en christusse sal opstaan; dat hulle wonderdade aan julle sal voorhou, wat My teenstander tot stand sal bring. Ek het julle gewaarsku om hulle nie te glo nie. Maar julle mense sal nie elke mens as ’n valse profeet mag afwys nie. Veeleer moet julle hulle ernstig ondersoek in hul egtheid. Julle sal moet glo dat daar ook ware profete sal opstaan wat julle sal wil help, tot heil van julle siele. Julle sal nie elkeen mag aanvaar nie, maar ook nie elkeen verwerp wie gedurende die laaste tyd voor die einde homself as profeet - wat in My diens staan - aan julle bekend maak nie. Maar julle sal bepaalde kenmerke ken van 'n ware profeet, naamlik dat hy onopsigtelik sal rondgaan en My Woord aan julle verkondig, dat hy julle sal wys op die einde, dat hy in volledige onselfsugtigheid vir julle sal gee wat hy regstreeks van My ontvang, soos wat Ek dit Self gedoen het toe Ek op aarde gewandel het. My afgesante vertoon hulle nie in prag en praal nie. My afgesante sal nie anders onder julle mense rondgaan as wat Ek dit Self gedoen het nie. En nooit sal Ek My verberg agter hoë en hoogste posisies nie. Nooit sal Ek My deur sulke mense openbaar wat in die hoogste leiding van wêreldlike organisasies staan nie, want hulle is nie ware navolgers van My, Wie Self volledig sonder hulpbronne en eenvoudig My aangetrokke gevoel het tot diegene wie arm en swak en in nood was. Ek sal My ook wel daar kan openbaar, as die “ware navolging” van My deur die ander daardeur bewys sou word, naamlik dat hulle self alle uiterlike praal sal verwerp, wanneer hulle werksaamheid in stilte sou plaasvind en daar 'n duidelike afstand te sien sou wees van tradisionele gebruike; wanneer hulle gehoor sal skenk aan die stem van hul gees en hulself laat lei om in stilte te sorg vir die armes en swakkes, die noodlydendes, - om 'n liefdevolle vader te wees, nood te verlig en waaragtig die weg van navolging gaan, deurdat hulle hulself vir die suiwer waarheid sou uitsit wat 'n mens - vervul met die Gees - ook duidelik in homself sal kan herken. Maar My teenstander verhinder dit en hy tower hulle daarom dinge voor wat hulle nog dieper in geestelike duisternis sal laat wegsink. My teenstander sal voor die einde groot mag hê, maar hy sal dit nie kan gebruik waar hy teenstand vind nie, naamlik die innigste verbinding met My deur onbaatsugtige werke van liefde. Maar so iets sal haarself op 'n ander wyse uiter, want sy vertoon haarself nie na buite toe nie. Sy tree nie op die voorgrond nie, sy ondersteun geen mag wat op ineenstorting staan nie, want 'n gees wat deur die liefde verlig is, herken ook duidelik die lae geestelike vlak van die mense en die oorsake daarvan. En 'n mens, wie se gees verlig is, kan niks opneem wat onwaarheid is nie, maar sal daarteen te velde trek. Laat julle nie mislei nie en vra My vir opheldering indien julle twyfel. Maar neem nie gedagteloos aan wat My teenstander vir julle opdis om julle gees nog meer te verduister nie. Waar ’n helder lig straal, daar is die waarheid. Daar openbaar Ek My en daar sal My profete opstaan, wie julle sal waarsku en aanmaan en wat die doen en late van My teenstander steeds weer sal brandmerk. Maar in die gewoel van die wêreld is die waarheid - die lig - nie te vinde nie. En die wêrelds is alles wat haar verblindende lig uitstraal, maar wat geen ligkrag besit nie. Maar waar Lig straal, daar openbaar Ek My Self. Daar is die Waarheid, daar is My Gees en helder sal Sy ook die optrede van die satan belig. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205