BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 441

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Diensbaar wees in vrye wil - Eieliefde 6320 Wie op hoogte is van die ontwikkelingsgang van die gees, wie onderrig is oor die sin en die doel van die skepping, die weet ook dat die mens as volkome skeppingswerk die afsluiting van ‘n eindelose lang ontwikkelingsproses vorm wat homself op hierdie aarde afgespeel het. Vêrder weet hy dat daar na die aardse lewe ‘n onherroeplike verblyf in die ryk hierna volg, waar daar geen materiële skeppings meer sal wees nie, waar hy weliswaar die vêrder gaande ontwikkeling onder ontsettende moeilike omstandighede nog wel kan deurgaan, maar heeltemal anders as in die materiële wêreld. En hy sal weet dat hierdie lot almal sal tref wat hul ontwikkelingsgang op aarde nie sovêr voltooi het dat hulle siele in die ligryk kan ingaan nie. Slegs weinig mense op die aarde het egter hierdie insig, want om dit te kan begryp en te glo is die wil in die eerste plek nodig om dit alles te wil weet, maar die verlange na insig is maar selde by die mense aanwesig. Daarenteen is die menslike wil uitermate sterk daarop gerig om die skepping vir homself soveel as wat moontlik is tot nut te maak, sodat dit die liggaamlike lewe tot voordeel kan strek. Weliswaar help die mense daardeur die nog in die skepping gebonde gees onbewustelik omhoog, omdat dit nou kan dien - al is dit ook onder die wet van “jy moet” - maar welke wins lewer dit vir hul siele op? Teenswoordig word daar baie materie deur die menslike wil opgelos, sielspartikeltjies word daardeur vry en dit word dan volgens Goddelike Wil omvorm tot nuwe skeppings waaraan ‘n dienende funksie toegewys word wat die gees onvermydelik opwaarts laat klim. Die mens bevry dus iets geesteliks uit die materie, maar hy kan self daarby in sy ontwikkeling bly stilstaan, of ook nog agteruit gaan, indien hy nie tegelykertyd sy medemens in vrye wil behulpsaam sal wees nie. En omdat hy immers self nie meer onderworpe is aan die, “jy moet” wet nie, kan en moet hy sy positiewe ontwikkeling self deur vrywillige werke van liefde bespoedig. En sodra hy dit bewustelik doen - steeds met die wil om sy medemens van diens te wees, kan so ‘n aardse aktiwiteit ‘n onvermoede seën vir sy siel oplewer, selfs as hy nie op hoogte is van die ontwikkelingsgang van die gees nie, selfs wanneer hy niks weet van die sin en die doel van die aardse lewe en van die skeppings van hierdie aarde nie. En hy hoef dit ook nie alles per sé te weet as hy maar net vrywillig diensbaar in liefde sal wees nie. Maar meestal word die mens deur liefde gedryf om besig te wees, wat egter nie naasteliefde is nie, maar wat slegs die liefde vir hulself is. Dan kan sy aktiwiteit ook ‘n skadelike uitwerking op sy medemens hê, omdat die eieliefde des te meer bevrediging vind, hoe kariger die medemens daardeur bedink word. Die eieliefde het egter ook ‘n ongunstige uitwerking op die skeppingswerke wat aan die mens as arbeidsterrein toegewys is, deurdat die ontwikkeling van die gees in sulke skeppingswerke dikwels vroegtydig afgebreek word en dit terwille van eie voordeel, omdat die eieliefde indruis teen die Goddelike orde en die handelwyse van die mens daarom ook heeltemal teen die Goddelike ordening gerig sal wees. Selfs indien sulke mense, by wie die eieliefde nog hoog staan, op hoogte sal wees van die sin en doel van die skepping en die aardse lewe, sal hulle tog nie hul verkeerde manier van lewe en handel teen die Goddelike ordening opgee nie, omdat die eieliefde hulle heeltemal beheers en hulle vir ander denkbeelde ontoeganklik is. En hierdie mense kom in ‘n toestand in die geesteryk aan wat heeltemal ontsettend is, want hulle kan hul eieliefde nou nie meer bevredig soos op aarde nie en die weg na die ware liefde, na die liefde vir die naaste sal vir hulle oneindig lank wees en kan dikwels glad nie gevind word nie. Die mens wat slegs van homself hou, neem dus ook die liefde vir die materie met hom saam na die hiernamaals. En die kwytraak van hierdie verkeerde liefde is daar vir hom uitermate moeilik, want steeds sal daar goed voor sy oë verskyn wat hy met al sy sinne op aarde begeer het. En hierdie skynbeelde prikkel hom tot die uiterste, waarna dit dadelik vergaan wanneer hy sy begeertes wil bevredig. Daardeur word die begeerte des te heftiger en het sy ontsettende kwellinge wat die siel nou nie kan uitstaan nie en dit vir so lank, - totdat sy die begeerte in haarself bestry, wat dan ook steeds swakker wordende versoekinge tot gevolg sal hê. Maar die mense weet nie welke voordele hulle vir hulself kan verskaf vir die ryk hierna nie, wanneer hulle al die materie op aarde oorwin het, wanneer hulle self sal heers oor die materie en nie ‘n slaaf daarvan word nie. Die mens kan op aarde alles diensbaar aan hulle maak, want die doel van die hele skepping is dat dit die mens en elke skepsel sal dien, omdat dien vir die daarin gebonde gees verlossing beteken. En so dra die mens dus self baie daartoe by, wanneer hy die materie die moontlikheid bied om te dien, wanneer hy self dinge maak waarvan die doel is om diensbaar te wees en waarvan hy ook wel mag geniet as ‘n geskenk van God. Maar hy moet steeds aan die geestelike bestemming van materiële dinge dink en homself nie met al sy sinne daaraan vasketting en slegs trag om materiële goedere te wen om vir homself daarmee ‘n behaaglike lewetjie te verskaf nie. Want as gevolg daarvan sal hy weer ‘n prooi word van wat vêr onder hom staan in ontwikkeling, wat vir homself geestelike agteruitgang beteken. Steeds moet die ontwikkeling ‘n opwaartse een wees. Die doel van die mens tydens die aardse lewe is om heeltemal vry te word vanuit die materiële vorm, om dit te oorwin. Dan kan die siel vry en onbesorg die aardse liggaam verlaat en haarself tot stralende hoogtes verhef. Dan sal sy nie meer deur die materie weerhou en gedwing word om haarself nog langer in aardse sfere op te hou nie, - ofskoon sy nie meer op die aarde leef nie. Hoe oneindig dankbaar die siel is wat haarself kan bevry uit hierdie sfere, weet julle mense op aarde nog nie. Maar laat dit vir julle gesê wees, dat dit wat julle op aarde met al julle sinne nastreef, julle grootste vyand is. Want julle geluksaligheid lê in die vryheid, - onvry is julle egter solank as wat die materie julle nog in sy greep het. En die materie sal julle vasbind solank as wat julle nog deur die eieliefde beheers word, as julle julleself nie deur dienende liefde daarvan losmaak nie. Slegs wat diensbaar is, sal vry word. En die bestaan as mens gee aan julle steeds geleentheid om in liefde te dien. Maar as mens het julle weer ‘n vrye wil en julle word nie, soos gedurende die voorstadium van julle ontwikkeling, gedwing om te dien nie. Die liefde moet julle nou aanspoor om diensbaar te wees. Maar slegs die mens wat die eieliefde oorwin het, sal die dienende liefde beoefen, wie nie sal wil besit nie, maar wie sal wil weggee. Hy leer egter ook om die materie nie te kwantifiseer nie, hy maak homself daarvan los en word daardeur heeltemal vry. Sy ontwikkelingsgang op aarde is dan net die resultaat van ‘n totale vergeesteliking van sy siel, wat nou weer in die geesteryk in lig en volheid van krag werksaam kan wees. En sy sal haarself ook weer daar oor die siele ontferm in dienende liefde, wie nog in onvryheid en troosteloosheid smag en hulp benodig om hulleself ook eindelik uit hul gekluisterde toestand te kan bevry. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205