BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 428

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Tyd van die einde 6291 In My heilsplan van ewigheid is die tyd vasgestel wanneer die omvormingswerk aan hierdie aarde voltrek sal wees. Want Ek het sedert ewigheid gesien wanneer My wil sal moet ingryp om ’n algehele wegsinking van die geeste in die diepte te verhinder, om hulle weer in die ontwikkelingsproses op te neem, sodat hulle weer opwaarts kan streef. En die tydsperiodes word altyd so vasgestel dat dit wel toereikend sal wees vir 'n totale verlossing van die geeste, maar dat dit ook vir die falende nie te lank sal wees nie. Want hulle sink steeds dieper weg en dan sal die terugkeer na My steeds moeiliker en meer kwellend word, omdat die middele vir die verlossing van hierdie geeste in ooreenstemming moet wees met hul verwydering van My. In ‘n verlossingstydperk sal baie geeste vrykom. Maar die geeste wat deur die skepping gegaan het, het ook dikwels nog soveel weerstand teen My, dat hulle ’n langer tyd nodig het alvorens hulle as mens beliggaam kan word. Om hierdie rede dra die mensdom aan die einde van so 'n verlossingsperiode meestal nog baie van hierdie weerstand saam met hulle. En daarom het juis hierdie mense geen impuls om opwaarts te gaan nie. Hulle sluit eerder meer en meer met die materie aaneen en die begeerte daarna trek ook die siel omlaag. En wanneer so 'n gesindheid by die mense oorheers, dan het die tyd ook aangebreek waarop 'n volledige omvorming van die aarde vereis word om weer die ontwikkelingsproses te begunstig. Dan het die skeiding van die geeste noodsaaklik geword. En daarvan is Ek sedert ewigheid op hoogte. Om nog vóór die hernude kluistering te red wat moontlik is, sal Ek nooit 'n verlossingsperiode voortydig beëindig nie. Want slegs Ek weet wat so 'n hernieude kluistering in die vaste materie beteken vir die gees. Nooit laat Ek 'n wese ten prooi val aan hierdie lot wie nog die geringste vooruitsig het op verandering van sy wil, op 'n redding van hierdie lot nie. Maar Ek sal ook geen dag langer verby laat gaan om die kwellinge van hierdie opnuut gekluisterde wese te vergroot nie, wat egter steeds 'n dieper neerstorting noodsaaklik sou maak. Ek weet wanneer die tyd aangebreek het wat aan die geeste toegestaan was om vry te word en My plan van ewigheid is ook daarop gebaseer. En daarom moet Ek julle mense ook wys op die gebeure wat voor julle lê, omdat ook hierdie verwysings nog mense sal laat wakker skud en die kort tydjie tot aan die einde sal nog redding vir hulle kan bring. Maar die dag van die einde word nie daardeur uitgestel nie. En selfs as julle mense nooit die presiese tydstip mag weet vanweë julle geloofsvryheid nie, sê Ek tog aan julle dat julle baie naby daaraan staan, dat julle nie meer baie tyd oor het nie, dat julle lewe op hierdie aarde baie spoedig ten einde sal loop. Ek sê dit baie nadruklik aan julle en raai julle aan om My te glo en julle lewens so in te rig, asof julle dit sou doen wanneer julle die dag en die uur met sekerheid sou weet. Laat julle ernstig waarsku en aanmaan. Wend julle af van die wêreld, laat alles agter wat verganklik is en dink aan julle siel wat onverganklik is. En berei vir haar 'n geluksalige lot, deurdat julle slegs dit sal nastreef wat haar tot heil sal strek. Bring die verbinding met julle God en Skepper van ewigheid tot stand. Sien in My julle Vader wat na Sy kinders verlang en vertrou julle toe aan My, sodat Ek julle kan lei en begelei gedurende die laaste dae van julle aardse bestaan. Benut die laaste kort tydjie wat vir julle nog oorbly tot aan die einde, sodat julle aan die weinige kan behoort wat nog gered sal word van ondergang, sodat julle kan lewe en nie wegval in die ewige dood nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205