BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 542

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die wêreld hou groot gevare in 6556 Julle sal nog die wêreld baie bitter ervaar as julle nie leer om haar uit eie beweging te versmaai nie, want so lank as wat julle die wêreld liefhet, is sy ’n groot gevaar vir julle. En as Ek julle van hierdie gevaar wil red, dan sal Ek moet seker maak dat julle julle liefde vir die wêreld verloor. Ek sal julle lyding en pyn moet veroorsaak, deur die wêreld self te gebruik om julle bewus te maak van die feit dat die wêreld julle nie help nie, maar julle beheer, sodat julle haar oorheersing pynlik sal ervaar en julle onttrek van haar. Baie sal nog gebeur wat sal maak dat julle My Woorde sal verstaan, want dit wat julle tans sien as 'n verhoogde genot van die lewe, sal so hand uitruk dat julle graag sou afsien van die plesier om onthef te wees van die groot fisiese risiko's. Julle sal geen sekuriteit meer hê nie, want mense se lus vir die lewe, wat deur My teenstander verslaaf is, sal styg tot 'n vlak dat dit alle besorgdheid vir ander sal ignoreer, dat elkeen slegs na homself sal omsien, ten koste van sy naaste en laasgenoemde gereeld in 'n posisie van gevaar sal plaas wat hy nie langer kan ontduik nie. Dit waarna julle met al julle sintuie streef sal julle ondergang wees. En solank as wat julle die wêreld en haar kommoditeite julle uitsluitlike doel van die lewe maak, sal julle nie julle sterflike lewe wil verloor nie en sal probeer om dit op elke moontlike manier te verleng. Tog sal sy julle so beswaar dat julle sal smag na 'n einde. Maar net hulle wat nie heeltemal aan My teenstander behoort nie, sal die lewe swaar en skrikwekkende vind. En wat Ek vooruit aankondig, sal gebeur ter wille van hulle, sodat hulle lus vir die wêreld sal verminder en hulle sal besin oor hulself, want hierdie laaste paar sal 'n sterk hulpmiddel nodig hê, anders sal hulle ook heeltemal die wêreld ten prooi val, anders sal hulle self die ‘hamer’ word wie tevore die 'aambeeld' was. Mense moet hulself gelukkig ag om skade te ly 'deur middel van die wêreld’, want hulle is die mense wat Ek wil red uit die wêreld. Maar iemand wat reeds ten prooi geval het aan die wêreld, sal genadeloos en roekeloos wees en net homself laat geld. 'n Tydperk word ingelui soos wat nog nooit op hierdie aarde beleef is nie. Menslike lewens sal niks meer werd wees nie. Die wette van die mensdom sal nie meer heilig wees vir iemand wat homself aan die wêreld oorgegee het nie, dus aan My teenstander. Die besittings van die medemens sal nie gerespekteer word nie en gevolglik sal mense gewetenloos eksperimenteer, uitbuit en enigiets geniet wat hulle 'n voordeel sal gee, ongeag of dit skade aan 'n ander persoon se liggaam of besittings sal veroorsaak. En Ek sal toelaat dat dit gebeur, want My besorgdheid is nie oor die liggaam nie, maar oor die mens se siel en as sy hierdeur gered kan word, dan sal sy My eendag daarvoor bedank, selfs as sy oormatig moes ly op aarde. Mense kan nie hierdie lyding in die laaste dae gespaar word nie, want so lank as wat daar nog ’n manier is om die siele uit die teenstander se nette te bevry, sal Ek dit gebruik of toelaat dat dit gebeur, want dit is My teenstander se werk op mense wat reeds aan hom behoort. En as die mense dink dat hulle gevorderd is, dan sal die groot verwoestings wat veroorsaak gaan word, die teenoorgestelde aan hulle bewys. Maar hy wat blind is sien niks en wil ook niks sien nie, maar die uur op die wêreld horlosie sal voor die hand liggend wees vir hom wat kan sien. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205