BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 355

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Lewende skeppings word kinders van God 6114 Dit het My behaag om julle te voorsien van al julle vermoëns, maar die ontwikkeling van hierdie vermoëns word aan julle oorgelaat. Ek het julle geskep met al die begaafdhede om julself te omvorm tot gode. Maar julle moet gebruikmaak van hierdie begaafdheid. Want Ek het an julle die vrye wil gegee, wat nou moet streef na dit wat My plan is: Julle omvorming van lewende skeppings tot kinders. Dit is iets wat Ek nie uit hoofde van My Krag kan doen nie, want dan sal julle vrye wil, die eienskap van goddelikheid en volmaaktheid, uitgesluit wees. Dus is al die voorvereistes om kinders van God te word in plek, net vrye wil moet nou aktief word, dus moet julle jul wil omvorm tot My kinders, julle moet die vergoddeliking van julle natuur self doen. En vir hierdie doel is julle lewe op aarde gegee. Julle is in volmaaktheid geskep en in staat om julle vrye wil van die begin af te gebruik, wat ook aan 'n volmaakte wese behoort het. Julle, wat beliggaam is op die aarde, het julle vrye wil misbruik, julle het dit nie op 'n positiewe, maar op 'n negatiewe manier gebruik, alhoewel, as volmaakte wesens het julle volle bewustheid gehad, wat egter nie toegelaat was om die uitdrukking van jul vrye wil te belemmer nie. Julle het vrywillig 'n ander heer gekies en weggedraai van My af, met ander woorde, julle het vrywillig die volmaaktheid wat julle Goddelike natuur gekenmerk het, verbeur deur nie goddelose gedagtes en drange te weerstaan nie, deur plesier daarin te vind en dus die beginsel van liefde uit te sluit, die toonbeeld van volmaaktheid en julle het julleself daardeur ook gedistansieer van My, die Ewige Liefde. Julle vrye wil het dit reggekry, want die vermoëns wat aan julle gegee was, was genoeg om julle te vergoddelik. Julle kon net so maklik vrywillig toegelaat het dat julle beheer word deur alles van edele, goeie en volmaakte aard, - julle kon julle liefde vir My gegee het en gestreef het na My as 'n Vader met al julle sintuie en julle sou bewys het dat julle volmaakte, goddelike wesens was en wou bly. Dus het julle uit eie vrye wil geval, wat gevolglik die gevolge moes aanvaar, om weer vanuit die afgrond die vorige hoogtepunt te bereik, onder baie moeiliker omstandighede. Vroeër of later sal julle die wilstoets moet slaag, dus het julle 'n oneindige lang weg gehad om te gaan, omdat julle so oneindig laag geval het deur julle eie toedoen. Tog Ek het julle uit die afgrond gehelp, omdat julle nie in jul swakheid in staat was om dit self te doen nie. Maar Ek het julle voorheen vrye wil beperk, om te verhoed dat julle terugval. Julle het die weg gegaan deur die werke van die skepping, met julle gebonde wil, totdat julle die vlak van ’n mens bereik het. Maar nou is julle vrye wil aan julle teruggegee en moet julle bereid wees om weer die wilstoets te ondergaan, dieselfde taak word van vooraf van julle verwag: Om julle vrywillig te vergoddelik en dit is slegs moontlik as julle julself sal omvorm tot liefde, wanneer julle jul inherente selfsugtige liefde verander tot onbaatsugtige naasteliefde, wanneer julle die beginsel van liefde die leidende beginsel maak van julle bedoelings, gedagtes en aksies. Julle het die vermoë om dit te doen, maar julle moet dit self ontwikkel. En met die regte wil, sal julle beslis kan slaag en dan sal julle die doel bereik het, al is dit deur 'n lang ompad, na 'n oneindige lang tyd. Dit is egter moontlik vir julle om te misluk om nie weer die wilstoets te slaag nie en dan sal julle vir 'n oneindige lang tyd moes vertoef het in 'n toestand van onvolmaaktheid en weer vêr weg van My af. Ek sal julle altyd die geleentheid bied om julle doel te bereik, alhoewel julle wil vry is en dit bepaal hoe lank dit julle sal neem om volmaaktheid te bereik. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205