BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 439

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Neerdaling in die hel I 6315 Toe die uur van die mensdom se verlossing aangebreek het, het die voorheen gestorwe geeste,- naamlik die siele van die mense voor die geboorte van Christus, - hulleself in ’n tussenryk bevind, nie op die aarde nie en ook nie in die koninkryk van lig en geluksaligheid nie. En daar het hulle die uur van verlossing afgewag. Dit sal slegs vir julle mense verstaanbaar wees as julle weet van die oerskuld en die beweegrede vir die verlossingswerk, of wanneer julle op hoogte sal wees van die oneindige wye kloof tussen die eens gevalle geeste en God. Die mense se aardse bestaan was nie in staat om hierdie kloof te oorbrug nie, selfs al was dit binne die Goddelike wil afgelê, want die oerskuld, wat die mens nooit in staat sou wees om gedurende een lewe op aarde af te los nie, was nog nie gedoen nie .Maar die verlossing deur Jesus Christus het dit vir alle geeste gedoen. Die verlossingsdaad was volbring vir alle mense van die teenswoordige tyd, die verlede en die toekoms. Jesus se kruisdood het die poort oopgemaak na die ligryk, sodat die siele in die tussenryk ook toegang kon kry, sodra hulle die Goddelike Verlosser Jesus Christus erken het. Vanaf die begin van die terugbring van die geeste na God was die verlossingsplan van Jesus Christus vasgelê. En vanaf die tyd van die stamvaders af was daar gewys op die geboorte van 'n Verlosser. En deur sieners en profete was Sy koms steeds weer aangekondig. En die mense wat hulle uitgespreek het vir God, wat hul bes gedoen het om volgens Sy wil te lewe, het almal van die Messias gehoor wat vir die mense die verlossing sou bring. Maar nie almal het Hom meegemaak nie, want baie geslagte vóór Hom was weggeroep vanaf die aarde en hulle siele moes nou op hul Redder wag. Daarom het Jesus na Sy dood aan die kruis ook in die hel neergedaal. Hy wou ook bevryding uit die kettings van die satan bring aan hulle wat hy nog gebonde gehou het, omdat hul sondeskuld nog nie volkome uitgewis was nie. Want nooit sou die teenstander van God hierdie siele vrygelaat het nie, op wie hy reg gehad het, omdat hulle hom vrywillig in die diepte in gevolg het. Maar ook in die hel was baie verstokte siele wat die goddelike Verlosser nou, soos almal, ook maar net as ’n mens gesien het, net soos hulle self, en wat nie geglo het aan die verlossing deur Hom van sonde en dood nie. Ook by hulle moes die vrye wil om te besluit gehandhaaf bly. En daarom het Jesus nie stralend in die ryk van die geeste aangekom nie, maar as die mens Jesus, wat aan die kruis gesterf het. Maar baie het geweet dat Hy die Messias was wat steeds weer aangekondig was. En hierdie geloof in Hom sou alle siele kon vind, omdat hulle deur God se ligbodes voortdurend kennis verkry het van dit wat homself op aarde afgespeel het en omdat God ook nie nagelaat het om die getroue vaders in daardie ryk die koms van die Goddelike Verlosser in die vooruitsig te stel nie. Want Hy het dit in opdrag van die Heer gedoen, sodat Sy neerdaling in die hel verwag is en Hy nou ook aan tallose siele redding kon bring en vir hulle ook die poort kon oopmaak na die geluksaligheid. Met die neerdaling in die hel het God die eerste eens gevalle geeste teruggebring, vir wie die mens Jesus ook die losprys betaal het deur die kruisdood. En eers van daar het die eintlike terugvoering begin. Die eerstes wat deur Lucifer geboei is, het hul besliste vryheid gekry, ofskoon hierdie geeste tevore al bereid was, maar tot digby ’n nog geslote hek gekom het. Maar Jesus het dit nou oopgemaak. En die weg na die vaderhuis word nou geopen vir elke siel want saam met Jesus Christus wil gaan. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205