BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 208

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Nuwe aarde - Kluistering van Satan 5769 Die mag van die bose sal vir ‘n lang tyd gebreek word, want Satan sal in kettings gebind word. ‘n Tyd van vrede sal die tyd van stryd in die heelal aflos en geen wese van die duisternis sal die mense op aarde meer kan verdruk nie. Satan self en ook sy aanhang sal vir ‘n lang tyd gekluister wees en die mense op die nuwe aarde sal nie sy kettings ontbind nie, omdat hulle innig met God verbind is en niks meer sal nastreef buiten Hom nie, Wie hulle nou in liefde versorg, geestelik en ook liggaamlik. Die tyd van vrede op die nuwe aarde is ‘n vergoeding wat vir die mense beskore is, wat God trou is en so wil bly, voor die tyd van onbeskryflike leed in die laaste tyd op hierdie aarde. Dit sal vir hulle waarlik ‘n tyd van stryd wees, want hulle sal vervolg word na liggaam en gees. En hulle sal hulself nouliks teen hulle verdrukkers kan verweer, wat selfs hulle lewens sal bedreig indien hulle hulself nie aan die onderdrukkers wil onderwerp nie. Maar vir hierdie mense word daar steeds weer ‘n tyd van vrede beloof deur sieners en profete. ‘n Tyd waarin geen gevaar hulle meer sal bedreig nie en waarin die liggaam en die siel hulself mag verkwik aan die wonderwerke van God se liefde; waarin ‘n salige vrede hulle harte sal vervul deur die teenwoordigheid van Hom, Wie hulle liefhet en vir Wie hulle gely het. Alles sal vredevol wees en skepping en skepsele sal in harmonie wees met mekaar. En die geeste wat ook nog gekluister is, sal moeite doen om vooruit te kom, omdat hulle die nabyheid bespeur van Hom aan Wie hulle hulself weer moet oorgee. En ook omdat die geestelike uitstraling van die mense die gekluisterde in die skepping weldadig beïnvloed. Hierdie mense het reeds die wilsbesluit gemaak en sodoende het hulle op die nuwe aarde geen beproewing van hulle wil meer nodig nie. Hulle behoort met siel en liggaam aan God, van Wie hulle nimmermeer kan skei nie. Al die sataniese sal egter smag in die duisternis en sal opnuut gekluister wees in die hardste vorm. Hulle sal geen invloed meer kan uitoefen op die geeste wat na die “lig” streef nie. Hulle sal hulself volgens die wil van God moet voeg en sal ook van hulle krag gestroop word vir ‘n eindelose lang tyd. En Satan self sal verswak wees, want alles wat hom en sy mag krag gee, sal gekluister wees en aan sy invloed onttrek. Hy is te midde van sy wêreld kragteloos, totdat daar weer vir hom krag gegee sal word deur die verkeerde wil van die mense. Dit sal egter net gebeur na ‘n lang tyd, wanneer die eerste geslagte op aarde, die bewoners van die paradys en hulle kinders en kindskinders, reeds lankal die geesteryk binnegegaan het en wanneer daar dus weer nuwe geslagte sal wees en hulle weer uitmekaar sal gaan, na gelang van die rigting van hulle wil. En dan sal daar ook weer mense wees wat hulself deur die materie gevange sal laat neem en deur die begeerte daarna die kettings verbreek van hom wat meester is van die onverloste wêreld. Dan sal die paradysagtige toestand ook ten einde wees en die tyd van vrede sal weer ‘n tyd van stryd word tussen lig en duisternis. Want nou sal die worsteling weer begin vir die siele van die mense, totdat daar weer ‘n ontwikkelingsperiode uitloop. Maar met die resultaat, dat tallose wesens vergeestelik het en die mag van Satan steeds meer en meer afgeneem het, totdat ook hy homself eenmaal sal oorgee, waarvoor egter nog ondenkbare tye en verlossingsperiodes nodig sal wees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205