BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 54

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Smal weg 5405 Ek wil in julle woon, Ek wil heers in julle harte, maar met ‘n Liefde wat julle gelukkig wil maak. Ek wil in julle wees. Hierdie teenwoordigheid van My maak julle ook My kinders, dan sal Ek na Myne gekom het en hulle sal My aangeneem het. Al My Liefde behoort aan julle, wat as My skepsels op hierdie aarde lewe, want die Liefde sorg vir julle en Sy lei julle op paaie wat weliswaar dikwels vol klippe is en moeisaam om te stap. Ek lei julle en tog staan Ek by die doel en wag vir julle. Julle het dus My voortdurende hulp en niemand kan sê dat hy nooit My hulp ondervind het nie. Indien hy egter nie My goedhartige aandrang en liefdevolle roep volg nie, sal hy agterbly. En die wie My volg, sal aansienlike vordering maak en hulle sal die doel bereik. Ek neem hulle Self aan My Vaderhand en lei hulle My huis binne, die kind het die weg huis toe gevind na die Vader, van Wie hy ‘n eindelose lang tyd deur eie skuld verwyder was. Hy het die weg teruggevind, omdat hy die enigste weg gegaan het wat na My lei, die kruisweg van die liefde, want hierdie weg is nie maklik om te gaan nie, dit bied geen verlokkinge, geen lus vir die oog, dit is nie gelyk en moeiteloos om te begaan nie, maar dit moet tree vir tree geloop word, omdat dit steil omhoog voer en die vele hindernisse moet eers uit die weg geruim word voordat dit begaanbaar is. Maar dit is begaanbaar, omdat ‘n Leier julle voortdurend bystaan, julle beskut en ondersteun, julle krag gee as julle wil opgee. Hy spreek julle vol Liefde toe, Hy neem die las wat julle dra van julle af, Hy lei julle sorgsaam oor gevaarlike klippe heen, Hy is voortdurend julle Begeleier. Sodoende kan julle die doel bereik, op voorwaarde dat julle die goeie wil daartoe het. Nou is dit vir julle ook moontlik om julle blik op die breë weg te rig en hierdie breë weg kan maklik vir julle begerenswaardig lyk, want dit is omsoom met vreugde en genietinge van velerlei aard. Die lieflikste beelde lok die wandelaar om ‘n sprong te waag van die smal moeilik begaanbare weg na die breë lokkende pad, waar baie hulle te buite gaan aan wêreldse genot. Die versoekinge is baie groot en menigeen kan dit nie weerstaan nie. Hy verlaat die moeitevolle weg en hy word altyd hulp gebied om na die breë weg oor te gaan, want oral staan gestaltes wat vir hom wink, wat hom die hand bied en hulle verheug om die wandelaars nader te kan lok. Die breë weg voer egter nie na dieselfde doel nie, dit voer na omlaag, so seker as wat die smal weg omhoog voer. Die beeld maak julle duidelik dat die laaste doel te bereik is deur selfoorwinning, dat dit ‘n sekere stryd kos met jouself en met die moeilikhede wat hul voordoen. Die laaste doel kan die mens dus slegs bereik as hy alle moeilikhede verontagsaam, as hy sy oog na Bo rig waarheen Ek hom aantrek as die heerlikste doel. Dan dra Ek hom so dat sy voete die hindernisse nie raak nie, dan sien hy dit nie, veeleer rig hy sy blik op My, wat My Hande na hom uitsteek, waaraan hy kan vashou en wat hom lei tot aan die einde van die weg. Hoe verskillend is die lewe egter van hulle wat op verskillende weë gaan, hoeveel vreugde en wêreldse genietinge kan die een laat sien, hoeveel ontberinge, lyding en moeite die ander. Vol afwisseling verloop die dae vir die een, terwyl die ander slegs nood sien by hom en by ander en hy buiten sy eie las, dikwels nog die van die medemens dra, omdat die liefde hom daartoe dring. Maar eenmaal kom die vergelding en dit sal wees soos die mens dit self verlang en hoe hy sy verlange bewys het. Geestelike goedere sal ontvang word deur hulle wat na die geestelike gestreef het, wie My nie by alle moeite vergeet het nie, maar My ywerig tegemoetgegaan het. Hy wat egter die breë weg bewandel, sal skielik sien dat hy in die diepte geëindig het en die diepte sal almal opneem, want hulle het aaneen na benede gegaan, die weg, wat aanvanklik wel met goeie voornemens geplavei was, maar egter vinnig opgegee was, omdat die verleidings alle goeie voornemens laat verdwyn het, want die sonde neem hand oor hand toe, daar waar My teenstander kan inwerk op die siel van die mens. Want die breë weg is deur hom aangelê met die doel om die mense ten gronde te rig en so word julle deur twee magte aangetrek, maar julle kan self besluit – julle kan self kies na wie julle wil gaan. Julle kan My kinders word, maar julle kan egter ook sy kinders bly. Dit is die keuse wat julle op aarde moet neem. Dit is ‘n uitermate verantwoordelike besluit, want dit bepaal julle hele ewigheid en daarom stuur elkeen van die maghebbers sy dienaars uit. Mense wat waarsku en vermaan sal almal wat die breë weg bewandel, tegemoet tree, want hulle staan aan die kant van die weg en hulle ken die Heer, wat alleen heil kan bied en hierdie insig spoor hulle aan om hul medemens hierdie tyding te laat toekom en hulle weg te lok van die uiters gevaarlike breë weg. Selde slaag dit egter om die wandelaars so te beïnvloed dat hulle die breë weg verlaat en hulleself by die pelgrims op die smal weg aansluit. Hierdie laastes hou Ek egter vas met My Liefde en Erbarming en Ek maak vir hulle die weg omhoog lig, omdat hulle hulself oorwin het en die oorwinnaars het ‘n heerlike Kroon in die vooruitsig. Hulle sal die eerstes wees, omdat hulle My hele Vaderliefde besit wat Ek ook aan die ander sou wou geskenk het, maar wie My verwerp het. Want wie op die breë weg gaan, die gaan sonder My, omdat die liefde tot die wêreld alle liefde tot My en tot die medemens verstik en sonder liefde kan die kloof nie oorbrug word nie. Gaan die kruisweg van die liefde, deur lief en leed, dra julle aardse las in deemoed en oorgawe en weet dat julle daardeur die weg na My aansienlik verkort, dat julle siele steeds helderder en meer deursigtig word, hoe hoër julle styg. En weet dat julle die siele oorvleuel wat dit nie soos julle doen nie en dat julle eens in die geesteryk kan werk aan hulle wat agtergebly het in hul geestelike ontwikkeling, dat julle hulle dan kan en sal help, sodat hulle ook die lig kan bereik. Want Ek kan nie willekeurig diegene in die ligryk plaas wat in die aardse lewe tekort geskiet het nie, wat nie geleef het volgens My Wil nie, maar hulle alleen laat beheers deur hom, wie My teenstander is. Desondanks sal hulle nie vir ewig verlore gaan nie. En dit sal eenmaal julle taak wees om die siele aan die duisternis te onttrek, om verlossing te bring aan hulle wat gekluister gehou word in die duisternis, om hulle te help om salig te word, ofskoon hulle nooit die graad van lig sal kan bereik wat die regte weg op aarde hul sou opgelewer het nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205