BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 564

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Natuurkatastrofe voor die einde 6601 Die einde van hierdie aarde is onvermydelik, dus ook die einde van al haar lewende skepsels, want niks sal bly bestaan wat die aarde aan skeppingswerke dra nie. Mense en diere sal hul lewe daarmee verloor, behalwe die klein kudde van hulle wat weggeneem sal word. Hierdie laaste daad van My wil is al van ewigheid af voorsien en was steeds weer deur sieners en profete aan julle verkondig. En dit word ook nou weer as die nabye einde, met alle aandrang, aan julle bekend gemaak, omdat dit so verskriklik sal wees dat niemand die einde sal meemaak sonder dat hy vooraf daarop gewys was nie. En tog vind hierdie aankondiging geen geloof nie. Daar is ‘n gebeurtenis wat die mensdom te wagte staan wat nie erg genoeg voorgestel kan word nie en tog word dit in ongeloof afgewys. Daarom is die vermaninge en waarskuwings meestal vrugteloos en geen mens berei hom voor op die geweldige gebeure nie. Die mense glo eenvoudig nie aan ‘n einde nie en daarom gee Ek hul nou nog ‘n laaste waarskuwing: Ek sal nog een laaste vermaning gee aan die ongelowige mense in die vorm van ‘n geweldige natuurkatastrofe. Dit sal geweldig in omvang wees en sal die aarde tog slegs plaaslik tref, want daardeur sal die daaropvolgende einde, wat vooruit aangekondig was, nou vir die mense meer geloofwaardig begin te word. Hulle sal dit nie meer as onmoontlik sien nie en sal hulself ernstig afvra, of en hoe hulle teenoor My sal staan wanneer die einde aanbreek. Groot gebeurtenisse “werp hul skaduwees vooruit”. Die natuurkatastrofe en die nie te lank daarna volgende einde sal vir die mense nog ‘n laaste vermaning wees, want dit sal baie menselewens eis. Baie mense sal ’n prooi word van die natuurelemente, omdat daar geen verwagting is dat daar indruk gemaak gaan word op die verharde harte wat miskien tog nog vir die ondergang gered kon word nie. Voortdurend het Ek deur die mond van My profete gespreek en voortdurend het Ek nog deur My toegeneë dienare gespreek, maar op hierdie woorde slaan die mense geen ag nie. En slegs die weiniges wat in My Woorde glo en daarom ook handel volgens My wil, probeer nog om op hul medemens in te werk. En hulle sal My stem nou duidelik verneem en sal hul ore nie kan sluit nie. Die onverskilligheid van die mense is die oorsaak dat Ek hulle steur in hulle rus en hul wêreldse gees ontstel, sodat niemand kan sê dat hy nie gewaarsku was nie. Maar ook hierdie laaste waarskuwing sal nie die totale oorgawe aan My tot gevolg hê nie, omdat My stem by vele nie herken sal word nie. Ek oefen geen dwang uit om die mense tot My te laat keer nie en daarom sal die einde alles wegvee vanaf die aarde wat weerspannig gebly het teen My. En weerspannig is elke mens wat in die aangesig van die voorafgaande groot vernietiging, homself nie tot My keer nie. Weerstand het elke mens nog in hom wat ‘n einde van hierdie aarde as onmoontlik beskou, want dan is sy gees nog in die duister wat sy bande met My teenstander verraai. Ek probeer egter nog om op alle moontlike maniere hierdie weerstand te breek, maar steeds sonder dwang. Die laaste middel lyk wel gruwelik, maar Ek sal dit nog gebruik om julle te red. Want My Woorde word nie meer geglo nie en omdat die einde so naby is, sal julle andersins onherroeplik ’n prooi word van die verderf. En julle geestestoestand sal maatgewend wees welke lot op julle wag op die dag van oordeel. Aan My dienare sê Ek steeds weer dat hulle nie ywerig genoeg melding kan maak van die einde en die voorafgaande natuurgebeure nie. Dat hulle nie mag vrees om die mense daarop te wys dat daar vir hulle nie meer baie tyd oor is nie. Hulle moet sonder skroom spreek oor My plan van ewigheid en ook die evangelie van die liefde versprei, omdat die mense moet weet wat Ek van hulle verlang, sodat hulle nie die prooi word van die nabye gebeurtenisse en wegsink in die duisternis nie. Wat Ek slegs van hulle verlang, is ‘n offervaardige en liefdevolle hart, want dan kan hulle sonder vrees die komende gebeurtenisse afwag. Dan behoort hulle tot diegene wat ongedeerd tevoorskyn sal kom, ook wanneer alles om hulle heen sal dreig om te vergaan. Maar vir hulle wat nie wil glo nie, staan ‘n groot verskrikking hulle te wagte. Tog sal Ek erbarming hê met elkeen wat nog in hierdie nood tot My sal roep, want Ek wil die mense red en nie prysgee aan die verderf nie. Maar die einde sal onherroeplik kom en dan sal iedereen geoordeel word volgens reg en geregtigheid. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205