BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 230

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Voortdurende verbinding met God 5812 Dit is My wil dat julle voortdurend met My in verbinding sal bly, dat julle voortdurend werk van onbaatsugtige naasteliefde sal verrig en in die gebed aan My dink. Dat julle My Krag begeer en julle oopstel om dit te ontvang, wat julle slegs bewustelik deur die gebed of deur werke in liefde sal kan doen. My Wil is net dat julle My nie uit jul gedagtes verban of My toenadering onmoontlik maak deur liefdeloosheid nie. Dan sal julle jul weg oor die aarde gaan sonder My. Dan voeg julle dadelik 'n ander by julle en hy sal julle aan homself probeer onderwerp en dan sal julle aan die verderf prysgegee word. Solank Ek in watter vorm ookal dan ook nog op julle kan inwerk, wat julle vrye wil egter self sal bepaal, is julle nie in gevaar nie. Want dan sal julle deur die krag van My Liefde bestraal word, wat julle onfeilbaar opwaarts sal help. Maar sonder My is julle kragteloos en blootgestel aan die werke van My teenstander, wat baie doeltreffende middele gebruik om julle in sy mag te kry. Ek let op die geringste wil wat na My wend, om nou ook My Self aan hierdie mens kenbaar te maak. Maar hierdie wil moet voorhande wees. Die mens mag geen weerstand bied aan die Wese wat hom geskape het en wat hy as sy God en Skepper erken nie. Hy moet hom laat stuur, hom aan Hom wil oorgee. Die mens moet My Liefde wil wen, dan erken Ek sy wil as op My gerig en dan staan Ek hom steeds behulpsaam en met raad ter beskikking en sal die aanvalle van die vyand van die siel afweer. Dan sal hy vir My die deur van sy hart open en Ek sal hom nou kan voorsien van My Liefdeskrag. Maar die wil van die mens is gewoonlik besluiteloos. Dit wil sê: Die mens leef van dag tot dag en slaan maar net ag op dit wat vir sy liggaam gunstig lyk. Hy hou hom nie onophoudelik besig met probleme wat sy verhouding met My sou kon opklaar nie. En daarom skakel hy My dikwels heeltemal uit sy gedagtes uit, sonder om bewustelik My teenstander ter wille te wees. Hy leef net in die wêreld en neem genoeë met die bereiking van aardse arbeid en pligte en hy dink nie na nie. Hy hoef nie teen My te sondig nie, hy hoef nie liefdeloos op te tree nie. Hy hoef nog nie 'n prooi van My teenstander te wees nie en tog het hy My ook nog nie erken as doel nie. En hierdie een bevind hom in die grootste gevaar om homself heeltemal aan My teenstander te verloor, want onbewustelik streef hy na hom en sy ryk. En Ek kan hom nie help solank hy My nie tot sy gedagtes laat deurdring nie. Solank hy hom nie bewustelik in die gebed tot My wend en solank hy net vir homself leef, maar nie vir sy naaste nie. En die mense wat nie openlik sleg of materialisties is nie en tog net aan hulself dink, is in die meerderheid. Hulle spandeer daarom glad geen aandag aan 'n werksaamheid in liefde nie en kan gevolglik geen liefdeskrag van My onttrek nie. Maar na die geringste bestorming van My teenstander, val hulle hom, wat op die eieliefde reken en daarom vinnig invloed kry, ten prooi. Hulle kan Ek egter ook nie verdring of afweer nie, omdat Ek nie om hulp aangeroep word nie, omdat die mens My nog nie herken het en daarom ook nie die weg na My sal neem wanneer hy in nood is nie. Om die doel te bereik wat julle mense vir jul lewe op aarde gestel het, is die verbinding met My absoluut noodsaaklik en hierdie verbinding moet eers geestelik tot stand gebring word, hoewel hulle in die begin meer vaag as seker is, óf die mens onbewustelik werke van liefde moet verrig om My Krag te verkry, wat hom stadig ook aan My sal laat dink. Die skeiding van My gee My teenstander die reg en die vermoë om sy invloed te laat geld. Daarenteen weer die verbinding met My hom af en maak sy werke kragteloos. Want 'n mens wat hom met My verbind, reageer nie op die inwerking van die vyand van die siel nie. En hierdie een hoef nie bang te wees om verlore te gaan, omdat Ek die een wat aan My dink nie sal laat val nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205