BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 462

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Wesens van ander wêrelde 6364 Daar bestaan ‘n geestelike verbinding van die aarde met die wesens van ander wêrelde, sodra dit gaan oor ligwesens wat in My opdrag op julle inwerk, sodat julle die korrekte weg kan gaan wat na My toe lei. Die ligwêreld is onophoudelik besig om julle in ‘n goeie sin te beïnvloed. Maar ook gebruik die kragte van die duisternis elke geleentheid om julle te mislei, om julle van die weg van die waarheid weg te lei, om julle denke te verwar. En daar sal juis gedurende die laaste tyd voor die einde veel gebeur wat vir julle mense onverklaarbaar sal wees. Maar bedink steeds dat die mense die weg na My sonder dwang sal moet betree. Dat verskynings wat dwang sal uitoefen om te glo, sal dus nooit van My kant af gebruik word nie, selfs nie eers wanneer die mensdom haarself in groot geestelike nood sal bevind nie. Bedink steeds dat die ligwêreld in My opdrag werksaam is, wat dus nooit iets vanuit hulself sou doen wat nie in ooreenstemming met My Wil en My Wysheid is nie. Indien die ligwesens dus daarop bedag sal wees om julle mense te help, dan sal hulle in geen geval ‘n verskyningsvorm kies wat twyfel, verwarring en twyfelagtige resultate by die mense teweeg sal bring nie. Juis in alle duidelikheid sal hierdie ligwesens hulself teenoor die mense uiter en steeds so, dat hulle as Liggewer herken kan word. Hulle sal hulself dan altyd uiter teenoor diegene wat ‘n geestelike verbinding wil aanknoop, met die doel om hulself geestelik te ontwikkel. Hulle sal egter nooit verontrustend inwerk, deurdat hulle na middele sal gryp wat vir die mense onverklaarbaar sal wees nie, want hulle wil onduidelikheid verjaag, hulle wil lig gee, egter nie die duisternis vergroot wat deur elke onnatuurlike verskynsel versprei word nie. Tallose ligwesens span hulself in vir julle geestelike welsyn, tallose ligwesens wil julle help om die lig nog voor die einde te bereik. Want die einde kom onherroeplik, - omdat My Liefde en Wysheid ook dink aan die wat nog in die vaste materie gekluister is, wat die verlossing vanuit die vaste vorm ook eens ten deel moet val. In vrye wil sal julle mense in My natuurwette ingryp en julle sal derhalwe die laaste vernietigingswerk op hierdie aarde self teweegbring. Julle sal julleself ook volstrek nie deur teregwysings van hulle wat weet, van julle voornemens laat afbring nie, selfs al sou engele uit die hemel neerdaal om julle te waarsku. Anders sou Ek nie voortdurend deur sieners en profete op die einde gewys het, indien Ek slegs die geringste verandering van wil sou voorsien het nie. Dus kan julle voornemens nie meer teëgehou word nie en die einde sal onherroeplik kom. En daarom geld die inspanning van die geestelike wêreld altyd maar net julle siele. En dit probeer die goeie sowel as slegte kragte, slegs op heeltemal verskillende wyses. Die Ligwêreld spreek altyd slegs julle gees aan, die duister wêreld daarenteen julle sinne. Die Ligwêreld openbaar haarself ook op die mees verskillende wyses, maar steeds deur bemiddelaars wat deur hulle geestelike rypheid en gesindheid met die Ligwesens in verbinding staan, sodat hulle dan ook die openbaringe aan die medemens kan meedeel. Die duistere wêreld daarenteen werk regstreeks uit haarself. Sy spreek die mense willekeurig aan, sy vind geloof by haar eie aanhangers en stig verwarring by die ander en daar sal nie met sekerheid ‘n uiting van goddelike krag te onderskei wees nie, veel eerder ‘n voortdurende vraag, voortdurende onsekerheid wat oral opgemerk kan word waar bose kragte werksaam is. Wat van bo kom, wat van My af uitgaan, of van die Ligwêreld wat in My opdrag werk, sal altyd net lig versprei. Slegs aan die lig kan julle mense die werke, vol van lig, herken. Dan sal julle egter ook nie meer vra nie, maar weet. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205